baby
Lilypie First Birthday tickers

Sunday, November 30, 2008

Blogtoekenning



Charmaine het vir my 'n blogtoekenning gegee! Sjoe - ek het eintlik maar net die blog begin om rekord te hou van Franco se dingetjies, en nooit gedink dat iemand (buiten familie) sou belangstel om te lees nie. Nou het ek al 'n hele klompie van julle "ontmoet" en dis vet pret. Dis so lekker om kort-kort te lees van wie wat gedoen het - internet maak werklik die wereld 'n kleiner en interessanter plek. (Selfs Gert deel al in die pret - om die dood sal hy nie sy eie blog begin nie, maar kort-kort word hier fotos geneem "vir die blog". hie-hie)
Blykbaar werk die blog-toekenning ding soos volg:

* Kies 5 bloggers vir die toekenning wat jy voel is goeie blogbuddies en wie se blog waarde toevoeg tot die blokgemeenskap, ongeag die taalvoorkeur (dis nou Engels of Afrikaans). Noem hulle name en link na elke blog.

* Elke blogger moet (by aanvaarding van die toekenning), die toekenning op hulle blog wys met 'n link na die naam en blog wat die toekening gemaak het en 'n link na die oorsprong van die toekenning Doing Life.

* Wys ook die reels van die toekenning

5 Bloggers - die moeilik want ek lees nie so vreeslik baie blogs nie, maar hier gaan ons

Franco se Ouma Miekie omdat sy so 'n ster van 'n Ouma is, en natuurlik omdat daar gereeld fotos van die mooiste seuntjie in die wereld op haar blog verskyn. :-)

My sus Thelwyn omdat sy so hard probeer al werk haar rekenaar nie aldag saam nie. En omdat daar sulke pragtige fotos en stories van Franco se favourite niggietjie verskyn! Ek hoop regtig dat jou laptop dramas nou iets van die verlede is.

Charmaine vir haar gereelde kuiers op my blog. Ek geniet haar diepte, haar wysheid en hoe raak sy kan skryf oor haar verhouding met ons Pa.

Sandvlooi omdat sy my eerste blog-maatjie was. En omdat sy ook 'n seuna het wat haar hart se punt is :-)

Kan ek kroek? (Ek lees toe meer blogs as wat ek gedink het!) Sandra het 'n gawe om stories te vertel sodat dit voel asof jyself daar was.

Dit is vir my so ongelooflik dat ons almal op verskillende plekke woon en in verskillende fases van ons lewens is, en tog is daar raakpunte. Ek dink dis omdat dieselfde Gees in ons almal woon dat die verskille so onbenullig lyk.

"Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik 'n gawe uitdeel soos Hy wil. Net soos die liggaam 'n eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm, so is dit ook met die liggaam van Christus." 1 Kor 12:11,12

Monday, November 24, 2008

Kruipgogga

Franco kan nog nie kruip nie - but it is not due to a lack of trying! Elke dag is dit net oefen, oefen, oefen vir ons klein prinsie.

Vasbyt Seuna! Ons weet dat jy sommer een van hierdie mooi dae sal uitfigure hoe om die armpies en bene saam te koordineer - en actually vorentoe in plaas van agter toe beweeg! :-)

Hier demostreer Franco sy eie oefenprogram ter voorbereiding van kruip - dis nou vir ingeval daar ander babatjies in blogland is wat ook graag wil kruip. (Sy ouers reken Franco-kyk is meer pret as TV-kyk!)
'n Lekker sterk push-up. Herhaal die op-en-af beweging so 30-40 keer na mekaar. Bonuspunte as jy so sterk kan opstoot dat jy sommer so agteruit skuiwe...en dan jou ouers laat lag omdat jy so gefurstreerd is met die agteruit boerdery.
As die armpies mooi opgewarm is, dan is dit tyd vir die rugspiere. Le op jou magie, en lig gelyktydig die voete en hande in die lug. Swem in die lug terwyl jy vorentoe en agtertoe wieg.
Kniee op, trek onder die boudjies in. Stoei stoei met jou gesig in die matras gedruk. (Goed vir nekspiere). Die word ook die wurmkruip genoem.


Nog 'n voorbeeld van wurmkruip. Wikkel die kniee ver genoeg vorentoe sonder om die armpies te beweeg. As jy dit lank genoeg doen, dan plof jou gesig in die kombers/bank/matras in, en die momentum van die plof is goed genoeg om die bolyf vorentoe te propel. Herhaal soveel keer as wat nodig is om by speelding uit te kom. Slim ne?


Die maak-Mamma-opgewonde-beweging. Trek die kniee op, stoot op met die armpies en vorder so halwe beweging vorentoe. (Onthou om vir die opgewonde Mamma te glimlag - mens wil mooi lyk op die blog!)
Die afwen-beweging. Net na afloop van die maak-Mamma-opgewonde-beweging, gee 'n groot sug en val kaplaks op jou sy. Stoot die beentjie uit, en rol dan eenvoudig waar jy wil wees - soveel makliker!
Franco - jy verskaf jou ouers SOVEEL plesier! Ons geniet dit so om al die mylpale saam met jou te beleef, en staan verstom oor hoe perfek Jesus jou geskape het. Die Vader se vingerafdrukke is orals oor jou! Sterkte vir die kruip-slag - Mamma is seker jy sal dit binnekort regkry! (Jy is klaar so woelig - Mamma hou maar haar hart vas as sy dink hoe jy haar op haar tone gaan hou as jy eers regtig mobiel is). Elke dag kan ons nie vir die Here genoeg dankie se vir die kosbare persent wat JY is nie.
7 maande

Sunday, November 23, 2008

Raai wie is 7 maande oud? En wat 'n woeste dag!

Sewe maande oud!
Sjoe - ons is al in die tweede helfte van sy eerste jaar! Kan skaars glo die tyd glip so vinnig verby...
Boetman jy word sommer nou vinnig groot! Jy sit, jy wurm-kruip, jy hou al 'n bekertjie vas en jy is sommer net jy! Een bondel non-stop baba-dinamo wat altyd aan die gang is. Jy speel jou ouers stokflou! (Maar ons sou dit nie anders wou gehad het nie)
Die skool vertel vir my jy hou nou al selfs jou bottels vas - dit wil Mamma nog sien, want by die huis sal jy klomp dinge vashou maar wil nog soos 'n wafferse prinsie gevoed word. Maar dis maar reg so Seuna - jy word nou so vinnig groot, Mamma geniet nog hierdie gentle reminders dat jy darem nog haar babatjie is.

Vroeg Saterdag-oggend en ons is besig om op die bal te hop! (Ek lyk net bietjie flou na die vorige nag se partytjie)

Ek word 'n groot seuntjie! Pa en Seun Saterdag in Oom Hannes se woonstel

Ek kan nog 'n opstel skryf oor hoe oulik Franco is, maar ons dag het skielik 'n ander wending ingeslaan toe ons na kerk agterkom die geyser het gebars en die spaarkamer is onder water. :-(
Franco was besig om op sy speelmat te speel toe Gert die "wonderlike" ontdekking gemaak het. Toe die chaos begin, het hy op sy magie omgerol en ons bekyk. Die klein klitsie het homself gebreek vir sy ouers wat rondskarrel met emmers en nat goed uitdra. Die lyfie het skoon geskud van die lag elke keer wat ons daar verby gehardloop kom. :-)
Dit was omtrent 'n deurmekaar res van die dag van sukkel met nat beddegoed, emmers wat die wereld rondstaan en loodgieter stories. Ek en Gert is albei stokflou om die minste te se. Ek is baie dankbaar dit het die week gebeur, en nie laasweek toe Franco siek en Gert weg vir werk was nie!
Ons was te besig om van die geyser chaos fotos te neem, maar ons het darem van Franco se eerste swem geneem!
(My ouers het by ons kom eet, en terwyl Gert loodgieters uitgesorteer het, het ek, Ouma Miekie en Franco bietjie in die swembad afgekoel)

'n Stokflou seuntjie modelleer sy hoed wat Ouma Elna spesiaal vir hom gemaak het! Dankie Ouma!

Saturday, November 22, 2008

Jaareindfunksie!

Dit was Vrydag-aand my werk se jaar-eindfunksie. Die jaar was die tradisionele dinner&dance se dress code: Come as a superstar! Enige raaiskote oor wie ons was? :-)

Ps - Franco was baie skepties oor sy ma se reguit hare. Hy het my 'n hele rukkie stip aangestaar voor hy besluit het dis tog ek, en my toe beloon met die mooiste glimlaggies.

Ps 2- Ouma Elna en Oupa Frans was toevallig in ons geweste vir 'n begrafnis. Hoewel ons jammer is oor die begrafnis, was ons baie dankbaar om sulke goeie baba-oppassers sommer in Franco se eie huis te he! Dankie julle! Ons waardeer dit baie

Seuntjies mag ook van pienk hou

Toe ek Franco Dinsdag by die skooltjie gaan haal toe lyk hy ligpienk van kop tot tone. Die rede? Vingerverf! Seuna het glo 'n voorliefde vir die rooi verf gehad, en homself gate uit geniet. :-) Gelukkig gebruik die slim skool nie-toksiese, wasbare verf!


Vingerverf is soveel pret! Franco het baie om te vertel :-)

Ligpienk handjies, 'n pienk getinte speelpakkie en die kamera-strap!



Wat bedoel Pa pienk is vir dogtertjies? Die karretjie proe dan so lekker!
(Kyk net die woeste water - Franco se beentjies voer alweer oorlog!)
6 maande, 4 weke

Tuesday, November 18, 2008

Huiswerk gedoen!

Charmaine het my getag om die meme te voltooi

Sunday Stealing's McDanger Meme

What are your nicknames:
Soms Kleintjie en soms Kabouter – meestal net Dorette

What TV gameshow or reality show would you like to be on:
Amazing Race vir die geleentheid om al daai ongelooflike plekke te sien. Maar ek sal dit heelwat rustiger wil doen, en die ervaring indrink en nie so gejaag nie. Defnitief nie Survivor (ek HAAT rugstekery) of Fear Factor (obvious reasons) nie.

What was the first movie you bought in VHS or DVD:
My trouvideo - slegs omdat dit ‘n troupersent was. Ek was vir meer as 10 jaar lank TV-loos (van ek koshuis toe was in std 8 tot laasjaar toe ek ‘n TV by ‘n sake-ontbyt gewen het) Te veel TV irriteer my nog steeds – ek sal eerder boek lees, as doelloos vir die een-oog monster sit en staar.

What is your favourite scent:
Parfuum: 5th Avenue (My troudag persent van Gert!)
Kos: Warm varsgebakte brood
Die heel beste reuke ooit? Gert se drukkies, en Franco se Elizabeth Anne’s babalyfie

If you had one million dollars to spend only on yourself, what would you spend it on?
Ek sal my werksure minder maak sodat ek meer tyd met my Seuna kan deurbring. Ek sal meer wil reis, en avonture beleef saam met my dierbares. En verder sal ek graag die geld gebruik om ander te bless –there is much joy in helping others!

What is one place you've visited, can't forget and want to go back to:
Praag oor dit so mooi is. En Parys – toe ons daar was, was ek vrot van die griep, die weer was mislik en die staking in die openbare vervoerbedryf het massive verkeersknope veroorsaak. Ek sal graag wil teruggaan en die mooi, romantiese Parys waarvan almal praat beleef.

Do you trust easily?
Ja, en ek het ook al my vingers rooi gebrand. (Ongelukkig ditto Charmaine)

Do you generally think before your act, or act before you think?
Hang af van die situasie. Gewoontlik deurdink ek dinge goed, maar as ek lief is vir die betrokke persone dan praat my hart soms voor my kop kan dink!

Is there anything that had made you unhappy these days?
Franco wat siekerig was. Die misdaad vlaag in my ouers se omgewing en bekommernis oor hul veiligheid.

What is your favourite fruit?
Granny Smith Appels – hoe suurder hoe beter :-)

What websites do you visit daily?
Blogs en Beeld

What have you been seriously addicted to lately?
Ek kuier laaank oor ‘n telefoon – tel dit?

What's the last song that got stuck in you head?
Dit borrel in my, want ek is so bly (Van Franco se Loflaaitjies DVD)

What is your favourite thing to wear?
‘n Rooi en wit toppie – ek voel mooi daarin

Do you think Rice Krispies are yummy?
Nee wat – ek is te gou weer honger daarna! Eerder muesli

What would you do if you saw $100 lying on the ground?
‘n Bank soek om die noot om te ruil! Hie-hie
Waarskynliker? Dit optel as niemand anders lyk of hulle dit soek nie. Dit dan in my beursie bere vir weke voor dit sal oorskuif na ons “Oorsese Geld” beursie en droom van eendag weer “oorsee” gaan…

What items couldn't you for without during the day?
My middagete :-) My bloedsuiker is laag, en daarom moet ek gereeld knibbel anders voel dit ek gaan omkap.

What should you be doing right now?
Ek wag vir ‘n verslag wat hardloop – so ek werk tegnies nogsteeds! (Maar ek kon seker bietjie liaseerwerk ingehaal het)

Ek tag vir Ma Miekie as sy tyd het en almal wat nog wil speel!

Sunday, November 16, 2008

'n Paar (effens minder) oulike goedjies wat Franco deesdae doen

Net eers - Franco is soveel beter! Prys die Here! Dit was Vrydag laas nodig om enige koorsmedisyne te gee, en te oordeel na die gelag en gesels gister en vandag sou mens skaars kon glo hy is eintlik 'n siek babatjie.
Ek is 'n seuntjie-seuntjie! Julle dink ek is nog siek, maar my kop is al klaar vol plannetjies!

Franco is so oulik, ons wil hom net heeldag opsoen en opdruk. Daar is egter deesdae die een of twee effens mindere oulike dingetjies wat hy ook aanvang...

1) Franco knyp mens! Dis wonderlik dat hy die "pincher's grasp" so goed bemeester, maar minder wonderlik as hy sy nuwe vaardigheid op jou bobeenspier/wang/watookal uitoefen. Daai twee vingertjies kan nogals stewig vasknyp.

2) Tesame met die knyp vaardighede, kan Franco deesdae ook "love bites" uitdeel. Hy het nou die dag tydens selgroep my arm sopnat gesoen/-suig en ek het hom maar laat begaan. Ek was salig onbewus van die blou kol todat iemand by die werk my daaroor uitgevra het.

3) Franco het 'n liefde vir oorbelle en brille ontwikkel. Dis al lankal wat Ma se lang hare en hangertjies om die nek groot teikens is vir handjies om te gryp, maar die afgelope week of wat het oorbelle en brille ook die lys van "Begeerlike Dinge om te Gryp (BDG)" gehaal.
"Boetman, Mamma kon nog haar hare vasmaak, en die juwele vir eers wegbere maar sy het regtig haar bril nodig om te kan sien waar sy loop! Vir jou eie veiligheid sal Mamma dit dus waardeer as jy haar bril uitlos, en nie kraai van die lag as jy dit by die trap afgooi terwyl sy jou dra nie!"

4) Ander dinge wat ook die BDG lys gehaal het sluit in die kamera en Pa se borshare (Glo nie Gert sal ooit weer aanbied om Franco se bottel te gee voordat hy sy hemp aangetrek het nie :-)

Gee daai kamera bietjie hier seblief man! Ons klein blou-oog met die lang wimpers (nes sy Pappa!)

5) Franco se nuwe manier om aan te kondig dat hy klaar ge-eet is, is om die laaste happie prrrrt uit te spoeg. Als binne tref-afstand (sy kleertjies,die tafeldoek, my klere en bril) verkry dus sigbare bewyse van wat ons ge-eet het. En as ek in my kwaai stem probeer raas, dan dink die klein Prins dis uiters snaaks en lag uit sy magie uit...

Gelukkig outshine Seuna se oulike kwaliteite by verre die paar klein effens lastige goedjies! Ons ry perdjie en speel "Was hy - das hy!" dat dit so klap. Franco sit AL langer stil en speel met sy speelgoedjies. Hy doen opstote, hy wikkel met die beentjies en het dit vandag selfs reggekry om te begin leopard crawl agter sy geliefde balle aan! Ons geniet hom SO-SO baie, en kan skaars ons lewe indink sonder die kleinman in ons lewe.

Die ene konsentrasie met sy aktiwiteitsspeelding

Dankie Here vir so spesiale klein seuntjie! Dankie dat U die Geneesheer was wat hom gesond gemaak het! Dankie dat hy soveel vreugde in ons huis bring, ons harte wil sommer bars so vol is dit. Here, help ons om die uitdagings van ouerskap ook so te hanteer soos wat U wil he ons moet. Help ons seblief om altyd U voorbeeld na te streef, en dat Franco selfs wanneer ons moet raas en kwaai wees nogsteeds die liefde wat ons vir hom het sal ervaar. Dankie Here dat ons kan liefhe, omdat U ons eerste liefgehad het.

6 maande, 3 1/2 weke

Friday, November 14, 2008

Skoon siek van verlange!

Gert het 'n besigheidstrip van 'n paar dae gehad. Boeta het so na sy pa verlang, dat hy sommer op aand 2 ewe skielik siek geword het. :-( Mamma het gedokter en gesus en getroos so al wat sy kan, maar dit was een moeilike nag.

Siektes kom natuurlik op dae wanneer dit die minste pas. Daar mis Franco toe sy heel eerste skoolkonsert (waarvoor ons ten duurste kaartjies gekoop het!) en gaan nou nie op sy klasfototjie pryk nie (waarvoor ons ook al betaal het). Die arme ander ouers - dink julle hulle sal vreeslik teleurgesteld wees as hulle agterkom die mooiste seuntjie in die klas is toe nie op die foto nie? :-)

Donderdag was die braking darem onder beheer, maar die koors wou nie wyk nie - toe gaan kuier ons maar vir tannie Dokter. (Dankie vir nudge, nudge Ouma Miekie!) Diagnose? Mangelontsteking! En Franco se heel eerste kursus antibiotika.

Ek en Franco het omtrent die happy dance gedoen toe Gert gisteraand by die deur instap! Nog 'n paar hande kom nogals handig te pas as mens stoei om medisyne in 'n kleine seuntjie in te kry. 5ml is darem 'n woeste lot medisyne om binne te kry! (En dan is daar nog 3 ander medisynes wat ook hul beurt moet kry!)

Die bietjie antibiotika wat 1) nie uit die druppertjie geloop het voor ons die mondjie kon oop forseer nie, en 2) nie onmiddellik in ons gesigte teruggespoeg is nie en 3) nie so 60 sekondes na die hele gedoente opgebring is nie - daai bietjie antibiotika lyk darem of dit help. :-) Gisteraand was 'n baie beter nag! My wereld is 'n soveel beter plek as my beste maatjie in die omtrek is!

Darem maar snaaks hoe reuke herinderinge terugbring? Ek dink ek het laas Ponstan en yskas-antibiotika geruik toe ek nog die kleine pasient was. Is net seker ek het nooit my ma so laat suffer met die medisyne gee nie - ek het mos altyd alles baie mooi gedrink, ne Ma? ;-)

6 maane 3 weke

Tuesday, November 11, 2008

My eerste sippy cup!

Franco drink deesdae sy bottel, maar dit gaan maar baie langtand. Die klein meneertjie verdra slegs Pigeon botteltiete en slegs formulemelk in 'n bottel. Geen water of borsmelk uit 'n bottel vir hom nie! En moenie eers probeer om enige ander botteltiet as Pigeon te probeer nie - geen Nuk, Avent, Baby Club of enige iets anders werk vir die fynproewer nie.

Die klinieksuster wil graag he hy moet meer water drink, en die skooltjie is gretig dat Seuna sy eie bottel begin vashou, maar Franco doen dinge op sy manier en op sy tyd :-) Vanaand het ek op die ingewing van die oomblik besluit om die sippy cup nader te trek. Het die bekertjie eers net met water vol gemaak want ek was seker Boeta sou dit net rondswaai en als bemors sonder om iets te drink. Was ek verbaas toe hy nie net die bekertjie mooi vashou nie, maar ook so ewe 'n hele paar slukke water drink!

Wat is die speelding? Nes Ma gedink het, word die bekertjie met gutso rondgeswaai...
Maar ek het begin regkom toe Mamma my op haar skoot tel en help om reg te mik. Amper daar...


Sjoe Mamma! Ek weet jy wil op die blog spog oor hoe mooi ek die bekertjie vashou en selfs die water drink, maar die flash is bietjie erg!
As ek geweet het dit sou so goed afloop, sou ek vir Gert gewag het om huis toe te kom. Dis nogals 'n uitdaging om 'n wriemelende baba op die skoot te hou, te wys hoe werk die bekertjie en nog 'n kamera te hanteer! Maar fotos moes ons he :-)
6 1/2 maande

Sunday, November 9, 2008

Konstruksie-ingenieur

Ek dink daar is te veel ingenieursbloed in hierdie seuntjie se are! Nes sy pa, oom en oupas moet Boeta alles inspekteer, en die limits toets van enige iets. (Hy is bv baie meer geintresseerd in sy swaaitjie se hoogte-verstellingsmeganisme, as in die eintlike speelgoed voor op die skinkbordjie). Vroeg Sondag-oggend was dit die speelgoedraam se beurt...

Wie wil nou met die speelgoed speel as jy die hele raam kan rondskuif aan sy poot? (En dan stom verbaas wees wanneer die hele kontrapsie omval)

Net gou eers die boumateriaal inspekteer


Ha! Net hier is die fout - maar dis niks wat 'n bietjie timmer nie kan regmaak nie
Ps - Verskoon tog maar die frokkie. Die fotos is voeg Sondag-oggend (4h45!) geneem toe Boeta nie meer wou slaap nie, en daai tyd van die oggend het niemand nog lus om te lol met oulike kleertjies nie. :-)
Ps2 - Sou dit nie great wees as ons almal elke oggend met soveel entoesiasme kon wakker word nie? Seuna se glimlaggies maak selfs die vrek vroeg opstaan die moeite werd - ek kry skoon skaam as ek dink hoe dikwels moet my Vader in 'n grumpy gesig vaskyk as ek opstaan.
6 maande, 2 1/2 weke

Saturday, November 8, 2008

Oulike goedjies wat Franco deesdae doen

Ons het nog nie kon fotos kry van al die oomblikke nie, maar ek is bang as ek dit nie nou neerskryf nie en ons kry nooit 'n foto nie dan gaan ek dit vergeet. :-)

* Franco is 'n opgaarder van speelgoed. Hy sal dikwels op sy magie op die speelmat le en met sy twee armpies alle speelgoed in sig bymekaar maak. Op die ou end speel hy nie regtig met een ding nie (behalwe om alles groot-oog aan te staar) en le so half bo-op baie van die speelgoed - kan nie dink dat dit gemaklik is nie. :-) Le hy weer op sy ruggie op die mat, kry mens hom dikwels met 'n speelding in elke hand, en dan skop-skop die voete ook nog na speelgoed. Als "rattle and shake" en tussendeur lewer Franco ook nog deurlopend kommentaar!

Franco hou voorraadopname van sy speelgoed

* In die bad het die vreeslike geskoppery vir eers 'n bietjie afgeneem. Dit lyk nou eerder of die fokus is om soveel as moontlik badspeelgoed te "vang" in die hok tussen sy twee beentjies en die bad se rand.
* Al is hy so groot opgaarder van al die speelgoed, het hy fase waarin daar duidelike gunstelinge is! Die week is dit sulke deurskynende plastiekballe waarin daar sulke blink goedjies is wat fladder. Tot op hede, kon hy al mooi speelgoed vashou maar het gesukkel om 'n ronde voorwerp te "grip". Die week kon hy die balle met een handjie begin vashou, en hy was SO trots op homself! Die balle kan dryf ook, so dit wissel tussen op die speelmat of in die bad. Gisteraand het hy die een bal in die bad beetgekry, en so onder die arm vasgeknyp. Al die fokus was op sy speelgoed in die "hok", maar die bal moes onder die armpie vasgeknyp bly. Sou die balletjie laat val word, word die bewaking van die ander speelgoed eers gestaak todat bal weer op sy plek is. Dan is daar van nuuts af begin om die speelgoed te "vang".
Kyk Mamma! Twee balle gevang!

* Franco hou van hop! Ons het 'n joga oefenbal in die huis, en ons doen gereeld met Seuna oefeninge daarop om sy spiertonus en balans te verbeter. Ons Blou-oog het egter nie veel trek vir die stadige hop-hop sirkelbewegings soos deur die arbeidsterapeute gedemostreer nie. Hy gebruik veel eerder die bal soos 'n trampolein en spring-spring self met sy beentjies daarop (Ek moet net die bal vasknyp tussen die kniee anders trek die bal doer) Groot bederf is as ek of Gert hom so sittende op die bal vashou en hy kan hop. Hoe woester hoe beter.

* Franco begin Waar's hy?-Daar's hy speel! Sy hele gesig glimlag sommer saam as hy jou weer "kry". Dis mos om 'n Ma se hart te laat smelt...

Daar is Franco!

6 1/2 maande

Monday, November 3, 2008

Martelize se doop

Martelize is Sondag-oggend gedoop. Sy was 'n stroopsoet baba wat regdeur die hele seremonie geslaap het, en niks eers gehuil het toe die Dominee water op haar kop drup nie! En deur die hele teepartytjie en als was sy so rustig en ontspanne! Hierdie tannie is sommer BAIE trots Die ster van die dag in haar dooprok. Lyk sy nie te fraai nie?


Niggie en nefie (Franco is mal daaroor om aan Martelize te raak - hy kan hom verkyk aan haar!)



Tel ons op! Tel ons op!


Ai man! Dit was so spesiaal, en het my sommer terug gevat na die dag toe ons vir Franco ingeseen het, en Martelize 'n skrale 12 daggies oud was! Die tyd vlieg darem maar so vinnig...

Jesus, die tyd vlieg so vinnig en daar is soveel kosbare oomblikke met die kleingoed saam. Maar ek hoop ek word gespaar om eendag die grootste van die groot oomblikke saam met my kind te mag beleef, en dis die dag wat Franco (en Martelize!) vir U sal kies om saam met U journey. Gee asb dat hulle inseening/doop meer sal wees as net 'n groot dag met mooi kleertjies aan, en dat hulle eendag die beloftes wat ons as ouers gemaak het verder sal vat, en self kies om Koningskinders te word. Dankie dat U vir elkeen van ons, groot en klein se sondes gesterf het.


Franco - 6 maande 2 weke

Martelize - 3 maande 1 week


Lee-Anne word twee jaar oud!

Saterdag-aand was dit Franco se kleinniggie se tweede verjaarsdag. Lee-Anne is die jongste kind van Peter en Onja. (Onja is Gert se niggie aan vaderskant). Ek leer baie "tricks of the trade" by Onja, en ons is maar te dankbaar vir al die hand me down speelgoed en klere!

Lee-Anne is een skattige bondeltjie energie wat haar verjaarsdag vreeslik geniet het.
Die verjaarsdagmeisie (Die pleister op die arm is omdat sy haar knie gestamp het, maar op 'n pleister op haar ARM aangedring het om die eina beter te maak)


Geskenke oopmaak is soveel lekkerder as mens die papier maar kan skeur! (En na die tyd speel hulle lekkerder met die papier en bokse as met die eintlike persente ne)

Franco wonder waaroor die bohaai gaan. (Toemaar Boeta, een van die dae is dit Kersfees en dan sal jy gou-gou leer van die wonder van persente!)

6 maande, 2 weke

Raai waar was ons? En raai saam met wie?

Gert moes 'n paar dae verlof neem voor einde Oktober anders sou hy dit verbeur. Ek het toe ook verlof ingesit, en ons het toe vir Oupa Frans en Ouma Elna genooi om by ons te kom kuier! Die sterre van 'n oupa en ouma het al die pad met die bus gekom!
Hannes het toe ook verlof ingesit, en ons Dieretuin uitstappie kom meemaak. (Na Sandvlooi se vertelling was ons ook lus om te gaan) Groot pret! Veral toe tannie Thelwyn en Martelize ook nog saamgekom het!
Die uitstappie het wonderlik afgeloop, ten spyte van die warm son. Franco is nog bietjie klein, maar het wel van die diere (flaminke! apies! papegaaie!) wat die regte hoogte was en genoeg beweeg het groot-oog aangestaar. Te cute vir woorde!
Ons prossesie met die twee babawaentjies het natuurlik ook heelwat aandag getrek. Gelukkig was altwee babas stroopsoet, en kon ons te lekker met hulle spog! (En nee - ek en Thelwyn is nie 'n tweeling nie. En die enderste kleur T-hemde was nie beplan nie!)


Sonblok aan en hoedens op die kop! Oupa Frans, Ouma Elna met Franco, Dorette (Franco kyk net flaminke) Gert en Franco kyk vir die apies Thelwyn met Martelize

Doekparade in die buitelug!

Dis lekker in die Dieretuin! Oom Hannes en Franco

Martelize is min beindruk nadat Franco haar rateltjie gesteel het.
(Sussie, jy moet maar vinnig grootword - anders gaan hierdie nefie van jou al jou speelgoed steel. Sy mamma kan nie altyd gou genoeg keer nie, so jy moet hom maar beginne vasvat hoor!)
Twee ewe groot apies! :-)
Martelize was nog 'n bietjie lugtig, maar ander apie was vreeslik ingenome met Martelize! Hy het omtrent haar voetjies en hande teen syne gemeet en probeer uitmaak wie is die grootste. Hy dink seker ook sy is die pragtigste dingetjie!

Wie lyk die moegste? Ouma Elna, Oupa Frans en Franco


Stokflou geloop na 'n lang dag. Oupa en kleinseun, Gert, Hannes en Thelwyn
Dit was so spesiaal om hierdie "eerste" met Franco se ander Oupa en Ouma te kon gedeel het. Hulle bly gans te ver, en die paar keer 'n jaar is heeltemal te min! Telefoonkuiers is mos maar nie dieselfde as die ware Jakob nie. Dis altyd super lekker om hulle hier te he. :-)
6 maande, 1 week