baby
Lilypie First Birthday tickers

Monday, November 3, 2008

Martelize se doop

Martelize is Sondag-oggend gedoop. Sy was 'n stroopsoet baba wat regdeur die hele seremonie geslaap het, en niks eers gehuil het toe die Dominee water op haar kop drup nie! En deur die hele teepartytjie en als was sy so rustig en ontspanne! Hierdie tannie is sommer BAIE trots Die ster van die dag in haar dooprok. Lyk sy nie te fraai nie?


Niggie en nefie (Franco is mal daaroor om aan Martelize te raak - hy kan hom verkyk aan haar!)



Tel ons op! Tel ons op!


Ai man! Dit was so spesiaal, en het my sommer terug gevat na die dag toe ons vir Franco ingeseen het, en Martelize 'n skrale 12 daggies oud was! Die tyd vlieg darem maar so vinnig...

Jesus, die tyd vlieg so vinnig en daar is soveel kosbare oomblikke met die kleingoed saam. Maar ek hoop ek word gespaar om eendag die grootste van die groot oomblikke saam met my kind te mag beleef, en dis die dag wat Franco (en Martelize!) vir U sal kies om saam met U journey. Gee asb dat hulle inseening/doop meer sal wees as net 'n groot dag met mooi kleertjies aan, en dat hulle eendag die beloftes wat ons as ouers gemaak het verder sal vat, en self kies om Koningskinders te word. Dankie dat U vir elkeen van ons, groot en klein se sondes gesterf het.


Franco - 6 maande 2 weke

Martelize - 3 maande 1 week


4 comments:

Jan and Miekie said...

Amen - veral oor die laaste paragraaf. Dat die kinders eendag vir Jesus self aanneem is waaroor dit alles gaan.

Charmaine said...

Ek se ook amen op die gebed... Klein Martelize lyk soos 'n ou poppie. Geen wonder Franco hou daarvan om aan haar te raak nie.:-)

Muriel said...

Martelize het pragtig gelyk! Hulle altwee is te cute!

Baie mooi gebed!

Dorette said...

Dankie vir die amens. Dis werklik my hartsbegeerte om Jesus op so 'n manier uit te leef, dat my kind ook eendag sal kies om ons Pa se kind te word.