baby
Lilypie First Birthday tickers

Saturday, November 8, 2008

Oulike goedjies wat Franco deesdae doen

Ons het nog nie kon fotos kry van al die oomblikke nie, maar ek is bang as ek dit nie nou neerskryf nie en ons kry nooit 'n foto nie dan gaan ek dit vergeet. :-)

* Franco is 'n opgaarder van speelgoed. Hy sal dikwels op sy magie op die speelmat le en met sy twee armpies alle speelgoed in sig bymekaar maak. Op die ou end speel hy nie regtig met een ding nie (behalwe om alles groot-oog aan te staar) en le so half bo-op baie van die speelgoed - kan nie dink dat dit gemaklik is nie. :-) Le hy weer op sy ruggie op die mat, kry mens hom dikwels met 'n speelding in elke hand, en dan skop-skop die voete ook nog na speelgoed. Als "rattle and shake" en tussendeur lewer Franco ook nog deurlopend kommentaar!

Franco hou voorraadopname van sy speelgoed

* In die bad het die vreeslike geskoppery vir eers 'n bietjie afgeneem. Dit lyk nou eerder of die fokus is om soveel as moontlik badspeelgoed te "vang" in die hok tussen sy twee beentjies en die bad se rand.
* Al is hy so groot opgaarder van al die speelgoed, het hy fase waarin daar duidelike gunstelinge is! Die week is dit sulke deurskynende plastiekballe waarin daar sulke blink goedjies is wat fladder. Tot op hede, kon hy al mooi speelgoed vashou maar het gesukkel om 'n ronde voorwerp te "grip". Die week kon hy die balle met een handjie begin vashou, en hy was SO trots op homself! Die balle kan dryf ook, so dit wissel tussen op die speelmat of in die bad. Gisteraand het hy die een bal in die bad beetgekry, en so onder die arm vasgeknyp. Al die fokus was op sy speelgoed in die "hok", maar die bal moes onder die armpie vasgeknyp bly. Sou die balletjie laat val word, word die bewaking van die ander speelgoed eers gestaak todat bal weer op sy plek is. Dan is daar van nuuts af begin om die speelgoed te "vang".
Kyk Mamma! Twee balle gevang!

* Franco hou van hop! Ons het 'n joga oefenbal in die huis, en ons doen gereeld met Seuna oefeninge daarop om sy spiertonus en balans te verbeter. Ons Blou-oog het egter nie veel trek vir die stadige hop-hop sirkelbewegings soos deur die arbeidsterapeute gedemostreer nie. Hy gebruik veel eerder die bal soos 'n trampolein en spring-spring self met sy beentjies daarop (Ek moet net die bal vasknyp tussen die kniee anders trek die bal doer) Groot bederf is as ek of Gert hom so sittende op die bal vashou en hy kan hop. Hoe woester hoe beter.

* Franco begin Waar's hy?-Daar's hy speel! Sy hele gesig glimlag sommer saam as hy jou weer "kry". Dis mos om 'n Ma se hart te laat smelt...

Daar is Franco!

6 1/2 maande

5 comments:

Jan and Miekie said...

Ouma vreet jou sommer op! Jy is sooo oulik Franco!

Charmaine said...

Miekie ek neem jou nie kwalik nie. Die dingetjie is opvreetbaar.. Ek kan nie wag om ouma te wees nie. Oulike inskrywing Dorette.:-)

Tamerin Mare said...

Dorette the pictures are very nice.

Sandra said...

Hy gaan dit eendag geniet om na sy blogfoto's te kyk en sien wat hy alles gedoen het. Myne hou so daarvan as mens vertel van toe hulle klein was. Hy's baie oulik ... wees gewaarsku die rondhardloop en besig wees en opgaar is oppad!

Dorette said...

Ouma en Charmaine - Julle kan elkeen eers 'n stukkie kry nadat ek en Gert hom opgesoen het! ;-)

Sandra - dis hoekom ek so bly is ek het blogging ontdek. Nou dwing ek myself om meer gereeld fotos te neem, EN hulle af te laai en te sorteer op die rekenaar!

Tammy - Hi! Thank you for the compliment and for visiting my site