baby
Lilypie First Birthday tickers

Sunday, November 30, 2008

Blogtoekenning



Charmaine het vir my 'n blogtoekenning gegee! Sjoe - ek het eintlik maar net die blog begin om rekord te hou van Franco se dingetjies, en nooit gedink dat iemand (buiten familie) sou belangstel om te lees nie. Nou het ek al 'n hele klompie van julle "ontmoet" en dis vet pret. Dis so lekker om kort-kort te lees van wie wat gedoen het - internet maak werklik die wereld 'n kleiner en interessanter plek. (Selfs Gert deel al in die pret - om die dood sal hy nie sy eie blog begin nie, maar kort-kort word hier fotos geneem "vir die blog". hie-hie)
Blykbaar werk die blog-toekenning ding soos volg:

* Kies 5 bloggers vir die toekenning wat jy voel is goeie blogbuddies en wie se blog waarde toevoeg tot die blokgemeenskap, ongeag die taalvoorkeur (dis nou Engels of Afrikaans). Noem hulle name en link na elke blog.

* Elke blogger moet (by aanvaarding van die toekenning), die toekenning op hulle blog wys met 'n link na die naam en blog wat die toekening gemaak het en 'n link na die oorsprong van die toekenning Doing Life.

* Wys ook die reels van die toekenning

5 Bloggers - die moeilik want ek lees nie so vreeslik baie blogs nie, maar hier gaan ons

Franco se Ouma Miekie omdat sy so 'n ster van 'n Ouma is, en natuurlik omdat daar gereeld fotos van die mooiste seuntjie in die wereld op haar blog verskyn. :-)

My sus Thelwyn omdat sy so hard probeer al werk haar rekenaar nie aldag saam nie. En omdat daar sulke pragtige fotos en stories van Franco se favourite niggietjie verskyn! Ek hoop regtig dat jou laptop dramas nou iets van die verlede is.

Charmaine vir haar gereelde kuiers op my blog. Ek geniet haar diepte, haar wysheid en hoe raak sy kan skryf oor haar verhouding met ons Pa.

Sandvlooi omdat sy my eerste blog-maatjie was. En omdat sy ook 'n seuna het wat haar hart se punt is :-)

Kan ek kroek? (Ek lees toe meer blogs as wat ek gedink het!) Sandra het 'n gawe om stories te vertel sodat dit voel asof jyself daar was.

Dit is vir my so ongelooflik dat ons almal op verskillende plekke woon en in verskillende fases van ons lewens is, en tog is daar raakpunte. Ek dink dis omdat dieselfde Gees in ons almal woon dat die verskille so onbenullig lyk.

"Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik 'n gawe uitdeel soos Hy wil. Net soos die liggaam 'n eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm, so is dit ook met die liggaam van Christus." 1 Kor 12:11,12

6 comments:

Muriel said...

Jy verdien die toekenning baie geluk! Ook baie geluk aan die ander blogmaats met julle toekennings. Ek lees hulle almal en geniet hulle net so baie!!!

Jan and Miekie said...

Sjoe Dorette! Dankie vir die toekenning! Dis soos jy se: Iets wat baie klein begin het, het nogal gegroei en dit het alles begin by jou lesery van iemand se blog oor aanemery / swangerskap as ek reg onthou. Lees jy nog daardie blog?

Mariette. said...

Dankie maatjie vir die toekennig!
Ja dit is soos jy se, ons het beslis saam een gees!-of te wel die selfde gees wat in ons almal bly.

Ek sien dit soms soos 'n lemoen. elkeen van ons is 'n selletjie en sonder daardie sel met sappies in sou 'n lemoen nie 'n lemoen wees nie.....

bly ek is weer soort van op die lug om weer te kan blog kuier.

jou klein man voder mooi jong. een van die dae loop hy!

groetetjies

Thea said...

Baie geluk met jou toekenning Dorette! Alhoewel dit die eerste keer is dat ek kommentaar lewer, het ek het al 'n paar keer hier ingeloer om te kom kyk en lees oor julle pragtige ou seuntjie.

Dorette said...

Muriel - die blogging is pret ne! Dis so lekker om almal se stories te lees.

Ma Miekie - ek en Rachel e-mail nog so af en toe; haar blog is net ongelukkig private anders het ek hom gelink!

Sandvlooi - welkom terug op die lug! Ek hou van jou lemoen voorbeeld - moet probeer om dit bietjie te onthou, dit verduidelik als nogals mooi.

Thea - welkom hierso! Ek hoop ons kuier nog lekker saam. :-)

Charmaine said...

Hi Dorette.... sos jy kan agterkom is ek ook op vakansie en gaan daar maar min in die blogwereld. Ek mis julle en die stories oor klein Franco en het nou eers bietjie kom inloer. So bly julle kleinman is weer gesond. Wil net ok se baie geseende kersfees vir julle. En baie dankie vir jou spesiale erkenning van my blog en die toekenning...:-)