baby
Lilypie First Birthday tickers

Sunday, November 9, 2008

Konstruksie-ingenieur

Ek dink daar is te veel ingenieursbloed in hierdie seuntjie se are! Nes sy pa, oom en oupas moet Boeta alles inspekteer, en die limits toets van enige iets. (Hy is bv baie meer geintresseerd in sy swaaitjie se hoogte-verstellingsmeganisme, as in die eintlike speelgoed voor op die skinkbordjie). Vroeg Sondag-oggend was dit die speelgoedraam se beurt...

Wie wil nou met die speelgoed speel as jy die hele raam kan rondskuif aan sy poot? (En dan stom verbaas wees wanneer die hele kontrapsie omval)

Net gou eers die boumateriaal inspekteer


Ha! Net hier is die fout - maar dis niks wat 'n bietjie timmer nie kan regmaak nie
Ps - Verskoon tog maar die frokkie. Die fotos is voeg Sondag-oggend (4h45!) geneem toe Boeta nie meer wou slaap nie, en daai tyd van die oggend het niemand nog lus om te lol met oulike kleertjies nie. :-)
Ps2 - Sou dit nie great wees as ons almal elke oggend met soveel entoesiasme kon wakker word nie? Seuna se glimlaggies maak selfs die vrek vroeg opstaan die moeite werd - ek kry skoon skaam as ek dink hoe dikwels moet my Vader in 'n grumpy gesig vaskyk as ek opstaan.
6 maande, 2 1/2 weke

5 comments:

Jan and Miekie said...

Jy's oulik om daardie tyd reg te wees met die kamera! Jy gaan nog eendag baie dankbaar wees vir die opskryf van al Franco se dinge. Ek bid dat die dag en nag slaappatrone sal regkom!

Charmaine said...

Ai dis baie erg as mens so vroeg wakker gemaak word maar jy is reg daardie gesiggie kan mens se hart vermurwe. En dan is hy so vol ondernemingsgees. Dis vreeslik oulik!!!

Dorette said...

Ek gee nie so baie om vir die vroeg opstaan nie - sulke tye is ekstra tye met my klein Prinsie! Dit raak net bietjie problematies na 'n paar dae aangesien ek nie ook soos Boeta heeldag kan le en snork nie. :-)

Dink die kleingoed se oulikgeid is in hulle ingebou as survivor meganismes. Een glimlag en menige dinge word vergewe..

Sandra said...

Hy's baie oulik en vriendelik so vroeg in die oggend --- ek sien 'n ding kom :-)

Dorette said...

Sandra - ons sien ook (hoogs benoud) 'n ding kom...

Gelukkig vir my en Gert is ons twee, en Franco net een anders het hy ons al lankal opgespeel!