baby
Lilypie First Birthday tickers

Saturday, November 22, 2008

Seuntjies mag ook van pienk hou

Toe ek Franco Dinsdag by die skooltjie gaan haal toe lyk hy ligpienk van kop tot tone. Die rede? Vingerverf! Seuna het glo 'n voorliefde vir die rooi verf gehad, en homself gate uit geniet. :-) Gelukkig gebruik die slim skool nie-toksiese, wasbare verf!


Vingerverf is soveel pret! Franco het baie om te vertel :-)

Ligpienk handjies, 'n pienk getinte speelpakkie en die kamera-strap!



Wat bedoel Pa pienk is vir dogtertjies? Die karretjie proe dan so lekker!
(Kyk net die woeste water - Franco se beentjies voer alweer oorlog!)
6 maande, 4 weke

6 comments:

Jan and Miekie said...

Ek hoop dis die eerste van nog baie vingerverf! Skeerseep is ook 'n baie lekker vingerverf en nie so morsig nie - maar as hy nou 'n voorliefde het vir pienk en rooi, gaan wit skeerseep dalk te vervelig wees!

Dorette said...

Die skeerseep klink na 'n goeie plan! Sal sommer een van die dae probeer en kyk wat maak die klein meneertjie.

Charmaine said...

Hi Dorette die kleinman van julle is baie oulik en dierbaar... my moeder!!

Muriel said...

Ag hy bly darem te oulik!

Sandra said...

Het hy vir mamma en pappa 'n prentjie geverf? Jy sal 'n fotograaf moet aanstel om ales by die dagskool af te neem.

Dorette said...

Charmaine en Muriel - ons dink ook Franco is so oulik :-) Hy word net so vinnig groot!

Sandra - 'n fotograaf klink na 'n goeie idee! Maar fotos doen nie altyd justice aan die cute-geid van die oomblik nie.