baby
Lilypie First Birthday tickers

Saturday, September 27, 2008

O wee! Ons eerste siekwees :-(

O toggie! Wat 'n nag! Dit was Boeta (en sy ouers) se eerste ervaring van siek wees, en dis niks lekker nie.

Van gistermiddag so 17h se kant, het ons kleine prinsie al sy melkies vir ons teruggestuur. Deur die nag het dit net erger begin word (ek en Franco is elkeen deur 3 stelle pajamas, en tussen-in het die sitkamerbank, sitkamermat, Boeta se beddegoed en ons beddegoed als ook deurgeloop. Dis net Gert wat dit reggekry het om ongeskonde daarvan af te kom!)
Vanoggend het ek douvoordag Ouma Miekie wakker gebel vir bietjie raad en ondersteuning, en die pediater net na haar. Die diagnose? 'n Aaklige maagkiem wat glo die rondte doen - volgens die dokter behoort die kieme so tussen 24-48 uur hulself uit te woed.
Gert is gou apteek toe met die dok se lysie, en vandat Seuna sy medisyne in het gaan dit al heelwat beter. Ons ruil nogsteeds doeke asof dit uit die mode gaan, maar dit borrel darem nie meer bo uit nie, en die koors lyk of dit gebreek het. Dis omtrent 'n gedoente met probiotikas en elektroliete elke 2 uur, maar dit lyk darem of dit help! Gert het gewys watse oulike pappa hy is, en self Boeta se eerste set-pil ingesit. Franco doe-does omtrent al heeldag, en ek werk my pad oop deur die bondels wasgoed.

Het gisteraand na die eerste bad-sessie vir Boeta probeer opbeur met borrels

Konsentrasie


Maar die klein prinsie het maar oes gevoel

Dankie Here dat U die groot geneesheer is. Dankie dat ons as ouers net ons bekommernisse, en vrese by ons Pa se voete kan kom sit en uitpraat. Dankie dat ons weet Boeta se gesondheid is in U hande, en dankie vir Oumas en Dokters wat kan moed inpraat. Dankie Jesus dat dit al soveel beter gaan! Dankie vir glimlaggies en geselsies wat terugkom, en sommer net vir al die liefde. Ons loof U naam!

Friday, September 26, 2008

Braaidag op die plaas

Woensdag was Erfenisdag, en ook nasionale braaidag. Ons het voordeel uit die vakansiedag getrek, en op die plaas gaan kuier en braai. Tannie Thelwyn met Martelize was ook daar!

O, hallo daar!



The Bold and the Beautiful

Kleine voetjies! Franco 5 maande, Martelize 8 weke

5 Maande oud!

Ek kou die wiele van my eerste karretjie! Dankie Ouma Miekie vir my persent!

Franco was Dinsdag 'n volle 5 maande oud! Waar het die tyd heen gegaan? Dit voel soos gister wat ons giggelgoggas was toe ons uitgevind het jy is op pad, en nou Boeta is jy al klaar hier en 'n mensie uit eie reg!
Die maand was die eerste wat Mamma terug was by die werk, en jy moes skooltjie toe. Die mense by die skooltjie is vreeslik in hul skik met jou - almal vertel vir ons dat jy die gemoedlikste babatjie is wat so lief is om te glimlag! Hulle kyk glo skaars in jou rigting, dan flash jy al daai smile(Dis mos hoe ons jou ook ken!)


Ons het gestoei om jou uit 'n bottel te laat drink, en gelag vir jou pogings om bietjie butternut en pampoen te eet. Dis nogals 'n storie om die tydsberekening reg te kry en die lepeltjie in jou mond te kry op die regte oomblik! Sover vaar Pappa bietjie beter as Mamma, maar Mamma leer vinnig!


Jy het die maand jou voete ontdek - dis eintlik te dierbaar vir woorde. Dis nie dikwels dat jy jou voete bykom nie, maar jy het al by geleentheid! Jy aard seker na Pappa - hy kan ook nie sy tone raak nie! :-) Meestal hou jy jou bobeentjies vas, en staar verwonderd na die oulike goeters met 10 toontjies aan daarbo. Doekomruil is nou ietwat moeiliker - en ek en Pappa moet ons storie ken om jou doek omgeruil te kry met jou bene wat so skop-skop in die lug.


Badtyd bly 'n groot treffer al moes ons dit vroeer skuif in die aand. (Jy speel so lekker by die skool - jy is doodmoeg in die aande! Die eerste week het jy omtrent aan die slaap geraak terwyl ons jou bad) Een van die lekkerste tye in Mamma se dag, is die Bybelstorie net voor slaaptyd. Jy sit so snoesig op my skoot, en verkyk jou aan die prentjies van Noag, Josef en al die ander - dit lyk of jy lief is vir boekies.


Ai my kind! Mamma kan nog aangaan en aangaan oor hoe oulik jy is! Jy bring groot vreugde in ons huis! Ons is die Here so dankbaar dat hy jou vir ons leen om groot te maak. Ons is baie, baie lief vir jou!

Kyk my mooi blou oe!

Ek is 'n happy baby!

Thursday, September 25, 2008

So waar!

'n Vriendin van my (ook 'n nuwe mamma) het die volgende vandag vir my ge-email. Ek kan nogals identifiseer hiermee! Ek dink ook Franco is die mooiste, slimste, oulikste seuntjie op hierdie aardbol. :-)

"My mother loves to tell the story (and I love to hear it) about how, when she was in hospital (“the nursing home”) just after my birth, she would look at the other new mothers and feel such a sense of compassion and pity for them. The poor dears, their newborns were no where near as beautiful as hers, they must be feeling terrible.

I’ve always been very conscious about NOT being one of those parents who are blinded by parental love and who believe that their little Johnny or Susie is just THE most beautiful and clever and talented and gifted child in the universe. I am sure all parents think their offspring is the best.

However, I understand where my mother was coming from. I don’t mean to rub it in, and this is totally objective of course, but damn, my kids are remarkably intelligent and exceptionally good-looking. They get that from me, you know.

We had some kids over to play on the weekend and I said to Marko, “now be honest, tell me that our children aren’t exceptionally gifted in comparison!?” He replied “you know, you are right. And it is not just us who say so, other people (my mom, his mom) say so too!”

I feel sorry for those other kids, poor things. No where near as gorgeous and skilled as mine, but not to worry, I am sure they have a really lovely handwriting. "

Monday, September 22, 2008

Wat is so spesiaal aan Donderdae middae?

Ouma Miekie!

My ma gee tuisonderrig vir 'n baie spesiale dogtertjie. Sy was laasjaar Tammy se klasonderwyseres by die spesiale skool, en het so goeie indruk gemaak dat Tammy se ouers haar gevra het om te kom tuisonderig gee. Sy is so goeie juffrou dat hulle haar nie wil deel nie! Baie trots op hierdie ma van my!
Soms werk sy voldag, maar party dae is sy so gelukkig om net halfdag te werk. Die laaste twee Donderdae-middae het Ouma Miekie gekies om haar af-middae saam met Franco deur te bring! Sy gaan haal hom by die skooltjie, en bring hom dan huis toe waar hulle heerlik saam speel. (Ekke kan net fotos na die tyd sien - is skoon jaloers so lekker lyk dit!) Sy vertel bietjie beter as ekke - so gaan lees bietjie hier en hier

Ouma jy is 'n ster! En Franco kuier so-so lekker by jou! Hoe gelukkig kan 'n kleinseun dan wees?

Vol glimlaggies oor ek by Ouma kuier!

21 weke

Sunday, September 21, 2008

Boeta se tong

Het julle al gedink hoe baie bewegings ons tonge maak? Franco leer nog: as mens borsvoed moet jou tong voor in die mond wees. Amper dieselfde vir botteldrink, maar tog bietjie anders. Vir spoegborrels moet jou tong so tuit maak, en as mens eet moet jou tong weer agter in die mond wees!

'n Nuwe trick wat ons Prinsie so in die laaste week of wat geleer het is om sy tong te klap! Dink dit moet van die skooltjie af kom, want sover ons bewus is, is dit nie iets wat ek of Gert eintlik doen nie. So dikwels net voor kostyd, begin Seuna al klap-klap met die tongetjie - is eintlik te cute!

"Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons mense wat as die beeld van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie" Jak 3:9,10

Dankie Here vir tonge waarmee ons kan eet en waarmee ons kan praat! Help ons as ouers seblief om ook altyd ons tonge reg te gebruik en voorbeeld vir Boeta te wees.Franco, ons bid dat jy soos jy meer en meer gebruike vir jou tongetjie sal ontdek, dat jy meer mense sal opbou en inspireer eerder as afbreek en verkleineer. En dat jy so lief vir Jesus sal word, dat Hy jou help om meer Sy naam te loof as wat jy sal wil vloek.

Ons nuwe wiele!

Sjoe! So baie nuwe dinge gebeur deesdae - dis moeilik om by te hou met al die stories. :-) (En ons is VREESLIK besig by die werk. Amper 5 maande weg, met geen plaasvervanger aangestel terwyl ek weg was nie = 'n lessenaar vol opgehoopte papierwerk!)


Laasnaweek was ons so geseend gewees om ons nuwe karretjie te kon kry! Dis al lank wat ons wik en weeg oor ene, en toe ons uiteindelik besluit het toe gebeur dinge sommer vinnig. My ou studentekarretjie het nie 3-punt veiligheidsgordels vir karstoeltjies op die agterste sitplek nie, so Franco moes maar voor langs Mamma ry (in sy karstoeltjie). Lekker vir dummies in die mond druk terwyl Mamma bestuur, maar nie so veilig nie.


Laas Vrydag het Gert (na heelwat admin furstrasies) huis toe gekom in ons nuwe gesinsmotor. Ons duurste baba-aankoop nog! :-)


My ouers het die Tazz by ons gekoop vir Hendrik (sy bakkie is 'n ruk terug gesteel). Ek was hartseer om vir Domminique te sien gaan - vir so lank was dit my en Gert se "groot kar!" en hy het ons veilig by so baie plekke gekry - dit was dan selfs ons honeymoon vervoer. Maar die nuwe silwer wa se kragstuur, ABS remme en aircon maak baie op vir die gemis!


Die naweek het Gert en Franco saam met Oom Hannes gebraai (Ma het 'n funksie aangehad) en 'n ander nut vir die groot bagasieruim ontdek:

As die wind waai maak die nuwe kar die perfekte windskuiling vir 'n prinsie wat wil doe-doe

Sunday, September 14, 2008

Spesiaal vir tannie Rina

Net omdat tannie Rina gevra het, en om te bewys dat Franco darem 'n pappa ook het!
Pa en seun tydens laasweek se skoolpiekniek

Koskaskanades!

Die inspuiting Woensdag het goed gegaan. Franco was 'n kampioen en het amper niks gehuil nie! (Dis nou met die inspuit-slag. Hy het wel 'n grote keel opgesit toe ons hom weeg - waarom weet ons nie :-)



Franco raak-raak nou aan die 6kg - net mooi dubbeld dit wat hy met geboorte geweeg het! Is ook nou 63cm lank - 'n volle 13cm gegroei! Hy het egter die laaste maand net so 80g per week opgetel wat volgens die suster bietjie aan die min kant is. (Ek sou ook nie gewig optel as ek nie my melkies drink nie!) Sy het voorgestel dat ons begin met vaste kossies, want dalk is hy 'n eter meer as wat hy 'n drinker is.




Voor die tyd: Dis seker omdat ek so oulik lag dat die kameras so flits!


Wag se net gou weer - waar moet die kos nou eintlik ingaan?


Dink nie ek hou eintlik van pampoen nie



Die eerste etery het heel goed begin, met Franco wat lag en gesels en Pa en Ma wat beurte maak om te voer. Net toe ons onsself begin gelukwens met hoe goed die etery gaan, wys Boeta vir ons niks in hierdie ouerskap avontuur is eenvoudig nie, en stuur al die kossies terug! Arme Seuna! Hy was so groot sport, en het sy bes probeer maar dis nie sy skuld as die pampoen hom naar maak nie. Toemaar jong - hopelik een van die dae het jy (en ons!) hierdie eet-ding onder die knie.

Dag 2 het nie veel beter gegaan nie - al het ons hom probeer opbeur met 'n borslap wat pas by die ete van die aand. Sover dus is Franco meer van 'n drinker as 'n eter - 'n baie selektiewe drinker wat sy kos se verpakking sorgvuldig kies!

Tuesday, September 9, 2008

Nuusbrokkies

Sondag op die plaas in ware Franco wikkelwurm styl

* Die spa-treatment Donderdag was wonderlik! 'n Groot bederf en 'n ligpunt in 'n week wat andersinds maar vol moeilike aanpassings was.

* Boeta het Donderdag op 'n bottle strike gegaan - en wou Donderdag en Vrydag amper niks by die skool drink nie. My arme ou seuntjie - hy was SO honger toe ek hom opgelaai het Donderdag, en ons kon nie gou genoeg by die huis kom sodat hy kan voed nie. (Gelukkig was ek so ontspanne na al my masserings dat ek nie heeltemal uitgefreak het nie. 'n Mens is maar bekommerd, en wil so graag he dit moet goed gaan by die skool!)

* Vrydag het hy sy heel eerste formule-melkies in sy lewe gekry na 'n mix-up by die skool. (Ek melk nog elke dag uit vir hom). Weet egter nie of dit tel nie - agv die bottle strike het hy nou nie juis gedrink nie.

* Saterdag het ons ons eerste skoolfunksie gehad! Die skooltjie het verjaar, en ons het plegtig die verjaarsdag gaan bywoon. Franco is nog bietjie klein om die bak-en-brou en boeresport te waardeer, maar dit was amper onwerklik om die peuters dop te hou en te dink by die volgende partytjie is dit ons seuntjie wat so rondhardloop en homself met cup cakes besmeer! Het lekker gekuier met van die ander ouers in Franco se klassie.

* Sondag-oggend in die kerk ontdek ons dat die tema vir die maand "Visse" is. Hoe great is dit? Franco is ook in die Vissie-klas, en dit was vir my asof Jesus net self Sy hand op my skouer sit en se dat als ten goede sal uitwerk (Ten spyte van min slaap, aanpassingstories en bottle strikes!)

* Sondag was ons plaas toe vir my niggie se verjaarsdag. Het net voor die tyd gou bietjie by Ouma en Oupa gaan kuier - na 2 weke was Ouma Miekie se hart vol verlange! Ons het ons kamera vergeet, maar Ouma het baie fotos geneem - die foto hierbo is van Ouma se blog gesteel. Nog fotos en nuus te siene by www.janandmiekie.blogspot.com

* Gister het dit baie beter gegaan by die skool! Dis met vreugde dat ons kan rapporteer dat Franco 10:00 so 70ml gedrink het en 14:00 amper 135ml! Dit wil lyk of die baie gebede en Pappa se gedetermineerde oefening die naweek gehelp het! Prys die Heer! Ek voel soveel beter!

* Ons prinsie kan hande klap - nou nog nie op demand nie, maar sommer so op sy eie vir die lekker! Hy was vanoggend te skattig - le in die bed terwyl hy baie opgewonde vir homself handjies klap en abvvvvv, abvvvvv gesels. Baie trots op homself! (Natuurlik maak hierdie cute-geid amper vir Mamma laat vir werk. Kon myself net nie sover kry om op te hou kyk en klaar te maak vir werk nie!)

* More-oggend is al weer inspuiting tyd. :-( Die vorige kere het dit darem redelik goed gegaan, so ek is hoopvol vir hierdie keer ook maar dit bly darem nie 'n lekker affere nie.

Dink dis ons nuus in 'n neutedop! Hoop dit gaan wonderlik goed met julle almal!

Wednesday, September 3, 2008

Ons oorleef!

Hi! Wou net inloer om te se ons leef darem nog! Om terug werk toe te gaan was ‘n GROOT aanpassing, en ek sukkel maar so deur die dag sonder my gebruiklike middagslapie maar sal seker nog aan die nuwe roetine gewoond raak.

Dis nogals ‘n storie om myself, Gert en Franco in die oggende gereed te kry. 3 sakke – 2 vir laptops, een vir doeke! Dis 2 stelle toebroodjies en 1 stel bottels! (Darem hoef ek en Gert nie spaar klere ens. ook nog saam te piekel nie)

Is met ope arms by die werk terug verwelkom, en dit is lekker om weer almal te sien en die stories te hoor. Ek word selfs more spa toe gestuur! (Ter ere van seketaresse-dag stuur die werk sommer AL die vrouens vir ‘n spa-dag. Een voordeel om vir grotendeels manlike firma te werk, en ‘n groot bederf vir hierdie nuwe mamma!)

Franco gaan baie goed aan by die skooltjie. Hy glimlag en koer vir die ander babas, en het nog nie een keer gehuil met die aflaai slag nie. Die mense daar se hy is te skattig, en hy het gelukkig nie probleem om skielik uit bottels te moet drink nie. Hy was gister en eergister doodmoeg toe hy by die huis kom – het amper Maandag tydens bad-tyd aan die slaap geraak. (Een voordeel van skooltjie toe gaan – ons daaglikse marathon stoei-sessies om hom in die bed te kry was die laaste 2 aande nie in sig nie)

Hy word net te vinnig groot! Die sittery is elke dag stewiger, en ek moes tot vandag op versoek van die skool vir hom tande-medisyne inpak (Lyk my Ouma Elna was tog reg toe sy gese het die tandjies is naby) My ou babatjie – jy is mos nog heeltemal te klein om te wil tandjies kry?

Dankie Here dat dit sover goed gaan! Dankie dat daar wel ‘n einde aan elke werksdag kom, al voel die dag ook hoe lank. En dankie dat U elke minuut van elke dag oor Boeta waak, en dat U daar is, selfs al is ek nie. Dankie dat U die Ultimate Ouer is, en ek soveel by U kan leer. Ek loof U naam!