baby
Lilypie First Birthday tickers

Monday, September 22, 2008

Wat is so spesiaal aan Donderdae middae?

Ouma Miekie!

My ma gee tuisonderrig vir 'n baie spesiale dogtertjie. Sy was laasjaar Tammy se klasonderwyseres by die spesiale skool, en het so goeie indruk gemaak dat Tammy se ouers haar gevra het om te kom tuisonderig gee. Sy is so goeie juffrou dat hulle haar nie wil deel nie! Baie trots op hierdie ma van my!
Soms werk sy voldag, maar party dae is sy so gelukkig om net halfdag te werk. Die laaste twee Donderdae-middae het Ouma Miekie gekies om haar af-middae saam met Franco deur te bring! Sy gaan haal hom by die skooltjie, en bring hom dan huis toe waar hulle heerlik saam speel. (Ekke kan net fotos na die tyd sien - is skoon jaloers so lekker lyk dit!) Sy vertel bietjie beter as ekke - so gaan lees bietjie hier en hier

Ouma jy is 'n ster! En Franco kuier so-so lekker by jou! Hoe gelukkig kan 'n kleinseun dan wees?

Vol glimlaggies oor ek by Ouma kuier!

21 weke

2 comments:

Jan and Miekie said...

Ag my kind! Wat kan ek se? Julle is almal baie spesiaal en ek is bevoorreg om julle so naby te he! Ons is baie lief vir julle!

Dorette said...

Ons is net so bevoorreg om julle te he! xxxx Soentjies en drukkies