baby
Lilypie First Birthday tickers

Saturday, September 27, 2008

O wee! Ons eerste siekwees :-(

O toggie! Wat 'n nag! Dit was Boeta (en sy ouers) se eerste ervaring van siek wees, en dis niks lekker nie.

Van gistermiddag so 17h se kant, het ons kleine prinsie al sy melkies vir ons teruggestuur. Deur die nag het dit net erger begin word (ek en Franco is elkeen deur 3 stelle pajamas, en tussen-in het die sitkamerbank, sitkamermat, Boeta se beddegoed en ons beddegoed als ook deurgeloop. Dis net Gert wat dit reggekry het om ongeskonde daarvan af te kom!)
Vanoggend het ek douvoordag Ouma Miekie wakker gebel vir bietjie raad en ondersteuning, en die pediater net na haar. Die diagnose? 'n Aaklige maagkiem wat glo die rondte doen - volgens die dokter behoort die kieme so tussen 24-48 uur hulself uit te woed.
Gert is gou apteek toe met die dok se lysie, en vandat Seuna sy medisyne in het gaan dit al heelwat beter. Ons ruil nogsteeds doeke asof dit uit die mode gaan, maar dit borrel darem nie meer bo uit nie, en die koors lyk of dit gebreek het. Dis omtrent 'n gedoente met probiotikas en elektroliete elke 2 uur, maar dit lyk darem of dit help! Gert het gewys watse oulike pappa hy is, en self Boeta se eerste set-pil ingesit. Franco doe-does omtrent al heeldag, en ek werk my pad oop deur die bondels wasgoed.

Het gisteraand na die eerste bad-sessie vir Boeta probeer opbeur met borrels

Konsentrasie


Maar die klein prinsie het maar oes gevoel

Dankie Here dat U die groot geneesheer is. Dankie dat ons as ouers net ons bekommernisse, en vrese by ons Pa se voete kan kom sit en uitpraat. Dankie dat ons weet Boeta se gesondheid is in U hande, en dankie vir Oumas en Dokters wat kan moed inpraat. Dankie Jesus dat dit al soveel beter gaan! Dankie vir glimlaggies en geselsies wat terugkom, en sommer net vir al die liefde. Ons loof U naam!

1 comment:

Jan and Miekie said...

Ons bid dat hy sommer gou weer perdfris sal wees. Ons is so lief vir jou Franco!