baby
Lilypie First Birthday tickers

Sunday, October 5, 2008

In die huis deel ons allles! :-)

Tot heellaas ook die kieme! Laasnaweek het ons te vroeg optimisties begin raak - duidelik was ons novices met die siekwees ding, en min het ons geweet wat wag....

Franco se maagkiem het Sondag die wyk geneem, en hy was Sondag-aand so vrolik ons dag ons is home safely! Sondag-nag het die toe-neus van alle toe-neuse vir Boeta getref, en Maandag-oggend toe word ek die ene koue koors wakker.

Ek het probeer dapper speel en werk toe gegaan (ons is vreeslik besig by die werk, en baie van die projekte staan al maande en wag vir my terugkeer van kraamverlof af, die eksterne konsultante kan nie aangaan sonder my insette nie ens ens). Elke geval, het Maandag so 2 uurtjies gehou en toe maar huis te gekom. Dinsdag-oggend het ek net 'n vergadering gaan bywoon en toe maar weer in die bed kom klim...

Gelukkig is dit nou skoolvakansie, en was Ouma Miekie 'n groot hulp! Sy het Maandag, Dinsdag EN Woensdag haar vakansie opgeoffer om na die prinsie te kyk sodat ek net kon slaap. Ook het sy vir my en Boeta Dinsdag dokter toe gevat (Franco se nuus was goed, maar ek was sommer die heelweek afgeboek en moes antibiotika kry). Dankie Ouma!

Franco is Donderdag terug skooltjie toe - net sodat hy van voor af kon begin opgooi. :-( Dus was ons Vrydag en Saterdag toe maar fisio toe om bietjie die slyme uit te stoom en uit te klop. Dit lyk darem of dit help - dis weereens Sondag-middag en dit lyk of dit beter gaan!

Ek hoes en proes nog soos 'n tweedehandse trekker, maar sal darem more kan gaan werk. Net jammer Gert het gister-oggend die ene koue koors wakker geword...

(As mens die koste van die dokter, fisio en medisyne ignoreer, kan so siekte nogals ekonomies raak. Dis nou al die tweede naweek in 'n ry wat ons uit die winkels wegbly en niks spandeer nie!)

1 comment:

Charmaine said...

Ai jene ek hoop dit gaan al baie baie beter met julle almal. Sterkte jongie. Dis niks lekker nie.Dankie tog vir oumas. My ma het net so baie keer kom inval vir siekteparade.