baby
Lilypie First Birthday tickers

Sunday, October 26, 2008

Raai wie bad nou in die groot bad?

Franco pas nog net-net in sy bababadjie, maar die beentjies skop-skop so dat als naderand sopnat is. So van die week af, is dit bad in die groot bad vir die klein prins!



Badtyd is vet pret!
Sal die tandjie beter voel as ek die handdoek kou?

Wat gaan daar aan?
(Mens moet deesdae jou storie ken as jy doek omruil en klere aantrek - Boeta is 'n wikkelwurm wat die wereld vol rol)
6 maande 5 dae

5 comments:

Jan and Miekie said...

Franco, ek hoop jy kry dit gou reg om ook jou arm los te wikkel as jy in die nag omrol. Mammas is eintlik veronderstel om te slaap in die nag, so dit sal gaaf wees as sy nie meer jou vasgerolde armpie hoef te bevry nie. Jy is baie, baie oulik en ons is baie lief vir jou!

Mariette. said...

Ag dit lyk asof hy die bad baie geniet, die blou oog mensie!!

My ou seuntie geniet sy bad net so mens sukkel om hom uit te kry.
Maar mamma het slim geraak, ek het vir hom 3verskillende handoeke gekoop, en nou gee ek hom 'n keuse met watse een hy vir die dag af gedroog wil word,- nou voel hy belangrik en dan is dit sommer gou gou dan is hy uit die bad uit.

Geniet jou badtyd met Franco
x x x

Dorette said...

Ouma Miekie - die beter slaap klink na 'n goeie idee! :-) Hopelik een van die dae..

Sandvlooitjie - die handdoekkeuse klink na 'n baie slim plan! Sal dit onthou vir wanneer Franco bietjie groter is

Charmaine said...

Die grootbad bad is 'n lekker mylpaal. En nou begin die pret en sopnat vloere. Maar die vloere bly darem skoon :-)

Dorette said...

Charmaine

Franco geniet die groot bad so - dit klink omtrent soos oorlog met die al die geskop en gespat! Sover is die vloere darem ongeskonde, maar my bril is elke keer in die slag!