baby
Lilypie First Birthday tickers

Sunday, October 19, 2008

Groot Vyf!

Gert se werk het ons vir die naweek uitgenooi na 'n la di da lodge op 'n privaat wildresevaat. Ons is omtrent bederf met heerlike kos, uitstekende diens en wildbesigtigingsritte uit die boonste rakke! Ons het selfs al vyf van die Groot Vyf gesien!

Al nadeel? Franco was nie genooi nie, en moes die naweek by Ouma Miekie en Oupa Jan kuier. Ek weet hy kon nie vra vir meer toegewyde en liefdevolle oppassers nie, maar ek het my doodverlang, en kon Sondag nie vinnig genoeg by die plaas uitkom nie.

Aan die positiewe kant, het ek en Gert heerlik saamgekuier en pret gehad. (En ons eerste deurnag slaap in 6 maande se tyd was hemel op aarde!)

Afrika op sy mooiste
Daar is geen heinings om die lodge nie, en die wild het sommer naby naby kom wei
Saterdag-oggend net buite ons kamer

Sondag op pad huis toe.

Daai miershoop in die middel is eintlik die maanhaar van Koning Leeu. Belowe!
'n Renosterkalfie onder die wakende oog van sy ma. (Weet julle hoe het sulke gesigte my laat verlang na MY babatjie?)

Olifante was volop en pragtig

'n Buffel soek skadu


Luiperd se kind uit op jag! Slegs 'n entjie verder was 'n troppie ribbokke wat sy bekruip het. Die hoogtepunt van die naweek! (Sy wou nie haar move maak met ons in die omgewing nie, maar dit was vreeslik opwindend die ruk wat ons doodstil vir haar gewag het om op te spring)

Dankie Here vir so 'n spesiale bederf naweek! Dankie vir 'n Ouma en 'n Oupa wat lekker naby ons bly, en nog kans sien om 'n kleinseun 'n hele naweek lank te bederf met hul liefde. En Here Wow! U skepping is wondermooi!

1 comment:

Jan and Miekie said...

Pragtige fotos! Julle mag maar weer vir Franco by ons los. Hy was regtig baie, baie soet. Wat 'n liefie.