baby
Lilypie First Birthday tickers

Sunday, October 26, 2008

6 Maande Oud!

Franco was Donderdag 'n halwe jaartjie oud! Wow! Oor nog 6 maande Boeta is jy al EEN!
Hierdie maand het goed beginne - ons roetine van skool, werk & huis het begin vlot, jy het jou bottie mooi begin drink en begin beter regkom met die vaste kossies.
Maar o wee - toe tref die groot siekte ons huisgesin. Eers jy, toe jy en Mamma en net toe ons twee begin beter word toe word Pappa siek! Hier was omtrent omgekrapte magies, loopneuse en gehoesery in die huis. Gelukkig het jy twee ervare oumas wat jou dom ouers kon bystaan met raad en daad (en baie bid!) oor hoe om jou gou-gou weer gesond te kry.
Toe jy eers weer gesond is, toe is die lewe 'n fees! Jy lag en giggel en gesels en is net so oulik - ons wil jou sommer opvreet! Jy het ewe skielik besluit dat jy 'n honger seuntjie is, en kossies is nou 'n groot deel van die dag vir jou. Die pap is verseker beter as die butternut en groenboontjies, perskes is ok en pere is een groot groot bederf. Jy klink nes 'n motorkar soos wat jy ontevrede geluidjies maak as ons te lank vat om weer te skep en die volgende mondvol te voer.
Boeta boet, Goggabie, Seuna, Franco-Frank, Pa se bieliebam en Ma se Hart-se-punt - ons is SO SO lief vir jou! Elke dag kan ons die Here nie genoeg prys vir die wonderwerkie wat JY is nie. Jy is so perfek geskape, en is so 'n vriendelike seuntjie - dis 'n voorreg om jou ouers te wees. Ek en Pappa bid gereeld dat ons aanhou by ons Pa sal leer om net nog beter ouers vir jou te wees, en jou hopelik eendag na Hom toe kan lei.

6 maande oud vandag!

Kyk hoe groot word ek!

Speelgoed is soveel pret!

2 comments:

Jan and Miekie said...

Amen!

BielieMom said...

Amazing, ek sien nou toevallig op Google dat jy ook 'n Bieliebam het. Gedog dis 'n naam wat ek myself uitgedink het. Wil net vir jou se dat my Bieliebam 18 is die jaar :).

Ek het 'n klein "hobby" besigheid wat ek al 'n paar jaar bedryf, en het sopas "Bieliebam" nou geregistreer as besigheid, dis die dat ek nou op jou Bieliebam afkom.