baby
Lilypie First Birthday tickers

Friday, October 10, 2008

'n Middag in die tuin

Gert werk slegs half-dag op Vrydae, en ek het bietjie vroeer geloop by die kantoor vandag. Ons het voordeel getrek uit die mooi weer, en ons eie impromtu mini-piekniek in ons tuintjie gehou!

My sittery vorder!

My voete is deesdae permanent in die lug

Die tuin het interessante speelgoed!

Mens kan dit selfs met jou voete vashou!

Mamma was ook daar


Pappa se baard is interessant

Is egter nie so seker van hierdie gras ding nie

5 1/2 maande

3 comments:

Charmaine said...

o ja nee :-) daardie kaal voetjies op die gras moet maar erg grillerig wees. Heerlik as dit lente word en mens so in die tuin kan begin kuier. Geniet dit sommer vir ons sandtrappers se part ook. Dis nog warm hier. Mens is nie so baie lus vir piekniek nie. Maar een van die dae....

Miekie said...

Ek weet sommer hy het dit baie geniet. Het hy ook weer julle mooi ronde klippies vasgehou?

Dorette said...

Charmaine - die lekker sonskynweer is darem 'n heerlike voordeel van ons land! Die reuk van pas gesnyde gras en braaivleis hoort darem net saam...

Ouma Miekie - ons hoop hy het dit geniet! Ons het baie! Die keer het die blom bo die klippie gewen in die vashou-kompetisie, maar dan weer is daar soveel dinge wat 'n man se aandag ook aftrek...