baby
Lilypie First Birthday tickers

Sunday, October 26, 2008

Die ideale "teething toy"!

Ek,Thelwyn en my ma was gister by Karin se ooievaarstee. Karin en Thelwyn is ewe oud, en ons was vir 17 jaar lank bure gewees! Ek, Thelwyn en Hendrik en Karin en Adriaan het so saam-saam grootgeword. :-) Dit was so spesiaal om hierdie vreugdevolle afwagting na Marko se klein boetie met haar te kon deel.


Franco en Martelize was ook saam, en was albei die soetste, vriendelikste babatjies wat 'n mamma maar voor kan wens. (Dit moet seker die goeie gene wees!). Franco stoei al 'n rukkie met sy eerste tandjie (hopelik die keer regtig-egtig!) wat moet deurkom, en het besluit Martelize se hand is net die regte ding om aan te kou. (Gelukkig is daar nog nie 'n tandjie wat gesny het nie - anders sou sy verseker geprotesteer het!)



Mmm...sal ek my eie hand gebruik?


Kom ek probeer twee hande gelyk...nee...wil nie lekker werk nie..



Het hom katvis! Net die regte grootte, en niks seer nie!



Sheez! Al daai vroumense! Baby showers is harde werk vir 'n klein prinsie
Franco 6 maande 2 dae, Martelize 12 1/2 weke

2 comments:

Charmaine said...

Ag moederliefde die twee goedjies is te pragtig!! Sterkte vir die tandesnytyd.

Dorette said...

Dankie Charmaine! Ons geniet die tweetjies so baie - dis te prettig om te sien hoe hulle van mekaar begin notisie neem :-)