Gelukkig was dit darem nie als net sleg nie, en het ons oomblikke van groot pret ook gehad!
Raai wie het die skinkbordkassie in die kombuis ontdek?
Uitgevang!
Gelukkig was dit darem nie als net sleg nie, en het ons oomblikke van groot pret ook gehad!
Raai wie het die skinkbordkassie in die kombuis ontdek?
Uitgevang!
By Pieter se inseening - Franco en Marli (25 maande) trek tou oor 'n speelding. Franco mag "klein en fyn" wees, maar hy het 'n baie sterk willetjie en 'n sterk genoeg arm gehad om die "veldslag" te wen.
Met die vreemde plek, en belangriker nog al die maatjies was daar nie sprake van 'n middagslapie nie. Toe ons sowat 'n uur na sy gewone middagslapie tuis kom was Seuna al op sy tweede asem en glad nie lus vir slaap nie. Het toe lustig gespeel en gekruip tot na aandete, en toe homself gate uitgeniet met badtyd. Die badroetine was soos elke ander aand, met 'n storie en 'n cuddle agterna maar Klaasvakie was skoonveld. Die het sowat 'n uur se harde baklei gekos om hom aan die slaap te kry - net sodat die Prinsie 'n 15 min "power nap" kon vat en daarna weer aan die gang wees vir nog 2 ure. Meneertjie was so vrolik - behalwe vir 1 keer se huil was dit heeltyd speeltyd. :-)
Hallo Mamma! Hoor jy ook hoe die koek-koek twaalf uur slaan? :-) Mnr Vrolik is op sy stukke
Jy maak verniet of jy my nie sien nie! Ek loer vir jou!
Vanoggend was ons al 3 leep-oog. Toe ontdek ek dat ons jongste gesinslid se neusie weer erg toe is, en dat daar 3 erg geswelde tandvleisknobbels is - waarskynlik die rede vir die middernag kapperjolle. Meneer het natuurlik lekker geslaap by die skooltjie, terwyl sy ouers maar moes staatmaak op die filterkoffie by die werk. Ek het die skool mooi gevra dat hy nie toegelaat word om so baie slaap dat hy vanaand weer wil speel nie, en dit lyk darem of dit gewerk het. Seuna was goed moeg toe ek hom gaan oplaai het, en het net na badtyd aan die slaap geraak! Klink vir my na 'n goeie idee!Wat is in jou sakkie Franco? Kreatiwe Mariska was so fluks om vir elke maatjie sy eie persoonlike "rat pack" sakkie te maak.
'n Paar ander dinge:
Ons is in die huismark! Sal graag 'n plekkie bietjie nader aan die werkke wil kry, en ene met 'n groter tuin vir rondhardloop. Dis 'n groot besluit en 'n groot gebedsaak - bid seblief saam met ons! (En dis ook hoekom die blogging bietjie minder is - die eiendomwebsites kry nou voorkeur)
Raai wie se seuntjie is ek? Pa en seun hop op die immergewilde bal
Franco het Vrydag tand nommer 4 gesny! Seuna het nou 2 tandjies bo en 2 onder! :-)
Franco is nie 'n somermens nie, en kry baie swaar as dit kwik styg. Ons het laas die nat splash swembadjie op die plaas gelos, en die groot swembad by die huis is tans onder ph behandeling. Maar 'n Pappa maak 'n plan, en as dit nie anders kan nie, dan swem ons maar in die speelgoedhouer - sommer so twee keer op 'n dag. Franco deel nie sy Ma se geite nie, en gee glad nie om vir 'n gespattery nie. Hoe meer druppels vlieg, hoe groter die pret!
Mid-swem het Franco se boudjies geglip en sy kop vir 'n kwartsekond onder die water beland. Hier vertel hy sy Pappa hoe lekker dit was - bietjie geskrik, maar niks eers gehuil nie. Kyk net die tande!
Vol geselsies oor sy groot avontuur!
Ons tweede swem van die dag
Swem maak 'n man vaak en reg vir sy middagslapie
Kyk hoe mooi drink ek deesdae uit my sippy bekertjie!
Boetman sit deesdae in die hoe stoeltjie en eet! Maar dis gaan morsig, want Seuna se handjies word soos 'n magneet na die lepeltjie aangetrek. (Die borslap is met rede agterstevoor - die plastiekkant vee sommer met 'n lappie skoon, en mens sukkel dan nie met pampoenvlekke wat die mooi prentjies bederf nie)
Ons het soveel pret en elke dag is ons harte tot barstens toe vol van dankbaarheid oor ons kleine wonderwerkie wat sommer so in 'n oogknip grootword. Kan skaars glo die tyd glip so gou verby! Franco is al 8 maande en 3 weke oud
Franco se eerste tandeborsel
Ek glimlag groot so tussen my Kerspersent, maar my tande sien julle nie! (Kyk net hoe lank word my hare - dit krul al skoon in my nek)
* Franco is mobile! (En was op 8 maande, 1 week) En het 'n sesde sintuig om reguit te mik vir die dinge waarmee hy nie mag speel nie. :-) Elke dag vind ons net nuwe dinge en hoekies wat weggepak/opgeskuif/toegesluit moet word. Die klein klitsie hou sy ouers (en sy Ouma Miekie) op hul tone!Franco se eerste kruip! 30 Des 2008
Franco is maar 'n lui kruipertjie as die motivering nie reg is nie, en veral as hy weet jy kyk vir hom. Draai egter jou rug (of wees geeky soos ek en Gert en loer hom skelmpies af), en hy kan blitsig klaarspeel met die hele lengte van die vertrek.Kyk waar staan ek!
Die staan oomblikke van ons dag:
en of ek staan nie!Ai ai! Die klein karnallie trek maar swaar in die nagte, al is hy gedurende die dag 'n troopertjie! Dankie tog vir dinge soos koue tanderinge, Teejel en die apteek se wonderlike tandemengsel!
8 maande oud