baby
Lilypie First Birthday tickers

Monday, December 29, 2008

Daai klein wit dingetjies

Nie ons klein drool machine se beste pose nie - maar kyk net daai arme geswelde tandvleis! Seuna het skoon 'n rash op sy ken van al die dribble :-(

Voor iemand vra - nee daar is (helaas) nog geen kleine wit pereltjies in die Prinsie se mond wat al gesny het nie. (Dis nou ten spyte van Ouma Elna se voorspellings op 3 maande, Juffrou Sylvia se mening op 4 1/2 maande toe Franco skool begin het ens. ens) Maar daai ongesnyde tandjies is erg lastig! Daar is 2 geswelde mieliepitjies bo, en 2 twee pereltjies onder waarvan die wit al vir 'n week lank deurskyn. Arme Franco! Jy moet maar Thomas Edison se houding inneem, elke dag (mislukte eksperiment) is een dag (eksperiment) nader aan 'n glinsterende glimlag (gloeilamp)!

Teething toys van die afgelope maand:


Franco se plekmatjie by die huis

Ouma Elna (en enige ander beskikbare iemand) se vingers!




'n Yskoue tandering bring verligting


Die speelmat het omtrent deurgeloop, maak nie saak of ek op my


ruggie le,

op my magie rondkruip



en of ek staan nie!


As niks ander beskikbaar is nie, moet my eie handjies maar diens doen.

Ai ai! Die klein karnallie trek maar swaar in die nagte, al is hy gedurende die dag 'n troopertjie! Dankie tog vir dinge soos koue tanderinge, Teejel en die apteek se wonderlike tandemengsel!

8 maande oud

4 comments:

Sandra said...

Sterkte vir julle al drie vir die deurbreek van al daai tande. Lyk vir my asof die pannekoek mengsel reggehou moet word, dis binnekort!

Dorette said...

Sandra - ons hoop dis naby! Maar hierdie rookie Mamma het al te veel kere verkeerde voorspellings gewaag met die tande saam, so ons wag maar en kyk. :-)

Intussen is daar 'n hele skare ouers, oumas, oupas, ooms en tannies wat almal raaiskote waag oor wanneer die eerste tandjie uiteindelik gaan deurbreek.

Jan and Miekie said...

Ouma bid dat daardie tandjies gou sal kom Franco, maar jou ma s'n en tannie s'n het eers na 12 maande gekom - hoop nie jy hoef so lank te wag nie!

Dorette said...

Ai tog Ouma Miekie! So lank nog?:-)

Lyk my die eina kom en gaan - gister was nie te sleg nie, maar vandag pla die tandjies weer baie.

Ons sal maar net rustig moet wag - die pediater het gese as hy 18 is, en die tande is nog nie daar nie kan mens begin bekommerd raak.