
Die pret en plesier het sommer al voordag begin toe ons kerk toe gestap het. Franco het sy vroeg-oggend stappie in sy waentjie baie geniet, en gekraai van die lag! Die pret het nie daar opgehou nie, en Seuna het aanhou lag vir alles en almal - die tannie wat agter ons in die kerk gesit het, die dominee daar hoog bo op die kansel, die klanksisteem wat op 'n stadium probleme gegee het - als was een groot vreugde.
Franco het by die huis nie regtig die hele persent oopskeur ding verstaan nie, maar het tog met 'n groot glimlag sit en aanskou hoe Gert al sy persente vir hom oopmaak. Anders as wat ons verwag het, was Franco toe nie so geinteresseerd in die geskenkpapier en bokse nie, maar wel baie in sy heel eerste persent - 'n bottel bababadseep van tannie Gertude! Die bottel was aanvanklik baie meer pret as al die ander speelgoed en klere! :-)
Oupa en kleinseun ondersoek al die nuwe speelgoed!
Ons liefste Goggatjie! Ek en Pappa is bly jy het jou eerste Kersdag soveel geniet! (Al was dit 'n titaniese stryd om jou in die bed te kry - jy het die hele dag 'n skrale 90 min geslaap, en wou teen bed toe gaan tyd nogsteeds niks weet van uitmis op die aksie nie :-) Ons hoop jy besef sommer vroeg-vroeg dat Kersfees oor soveel meer gaan as geskenke en lekker kos. Die grootste geskenk van alle tye is Jesus wat Sy lewe vir jou en vir ons gegee het sodat ons kan lewe! Ons hoop so dat jy die geskenk sommer vroeg in jou lewetjie sal aanvaar - en elke Kersfees sal verstom staan oor hoe groot God se genade en Sy liefde vir ons is. Dankie dat jy hierdie Kersfees saam met ons gedeel het - dit was super spesiaal om Kersfees deur jou ogies te beleef! Jy is van die hemel af gebid, en al het ons jou in April gekry is jy ons heel beste Kerspersent gewees!
4 comments:
Dankie vir die fotos Dorette! Dis kosbaar!
Dit is kosbaar ne! Kan skaars glo dat Franco die tyd laasjaar nog 'n kleine bobejaantjie in die berge was..
Lyk asof klein Franco 'n baie besonderse eerste Kersfees gehad het.
Vir jou en jou gesin Dorette 'n baie voorspoedige 2009!
Dankie vir die goeie wense Sandra!
Post a Comment