baby
Lilypie First Birthday tickers

Thursday, December 4, 2008

Wat 'n week!

Die week het behoorlik verby gevlieg - ek is skoon agter met die stories! :-)
Saterdag was ons bietjie na tannie Duifie se 90ste verjaarsdag op Goodland (die F's se wildsplaas, so 10 min se ry van my ma-hulle af). Baie van my perdry herrinderinge is verweef met Goodland en dit was ook my en Gert se trou venue! Dus is dit altyd lekker om soontoe te gaan, en baie "onthou jy?'s" te beleef. Die keer was geen uitsondering nie, met Franco wat vir die eerste keer uit 'n glas gedrink het! Ouma Miekie het selfs 'n videotjie daarvan op haar blog van 29 Nov '08.
Sondag het Franco weer begin met verkoue en siek wees. :-( Ek het saam met Seuna erg verkoue gekry, terwyl Gert die verkoue vrygespring het net om Vrydag met mangelontsteking gediagnoseer te word! Dis goed die vakansie is om die draai - ons al 3 kan doen met bietjie rus en imuniteit opbou.

Franco kry een van vele stoombehandelings.

Dieselfde seuntjie na die behandeling, besig om die pyp te kou. Prys die Here vir behandelings wat so goed werk!

Maandag-nag was ons krag vir 'n lang ruk af. Groot furstrasie all round - Franco kon nie gestoom word nie, en saam met koue bottels het dit gesorg vir 'n omgekrapte seuntjie. (Die pikdonker het darem gemaak dat ons die maan en twee planete ekstra mooi kon sien! Ons Skepper het darem maar gesorg vir 'n wondermooie skouspel)

Dinsdag was ek vir die dag Botswana toe om probleme by een van ons takke uit te sorteer. Maandag-nag se omgekrapte seuntjie + vroeg opstaan om 5h00 by die lughawe te wees + heeldag in vrek warm Gaborone rond-mission (sonder lugversorging helfte van die tyd) en die vlug terug = 'n stokflou ekke wat 21h15 by die deur instrompel.

Gert was 'n ster van 'n pa wat die hele oggend- en aandroetine vir die eerste keer op sy eie aangepak het. Ek het dit al genoeg kere in die verlede gedoen om te weet dis moontlik, maar nie maklik nie - die Here het geweet wat Hy doen toe hy gesinnetjies met 'n pa EN 'n ma ontwerp het!

Kaalbaskruip na badtyd is die beste ding ooit!

Woensdag-aand het ons ons afdeling se jaareindfunksie gehad en almal saam Steve Hofmeyer gaan kyk. (Ek het my eie opinie oor die man, maar sal dit maar eerder los vir 'n ander dag) Nietemin was die kos en geselskap heerlik en gee die duiwel wat hom toekom - die man is 'n goeie kunstenaar. Franco het heerlik by Oom Gerhard en Tannie Marlize gebly en met Marli gespeel - dankie julle!

Donderdag-aand het ons slaap ingehaal, en vanaand pas ons vir Martelize op. (Eintlik ekke - Gert is koorsig en ons hou hom maar weg van die babas. Tans sit ek en blog terwyl die ander sieletjies in die huis almal slaap. Ons verbeter met die oppas - dis al baie rustiger as die eerste keer!

Het sy nie die mooiste haartjies nie? Kleine juffrou soet in droomland

Franco en een van die maatjies by die skool het geleer om so oor en weer vir mekaar tong uit te steek. Sederdien is dit sy nuutste party trick en sal hy sy tongetjie uitsteek vir enige iemand van die dokter tot winkelassistent. Huidiglik is hy so opvreetbaar oulik as hy dit doen, maar ons is net so effe bekommerd oor die lang termyn gevolge as ons dit te veel aanmoedig. Hopelik steek hy nie tong uit op sy gradeplegtigheid nie! :-)
Sjjt - ek weet ek is supercute, maar Mamma se jy mag dit nie hardop se nie!

Ek is more-oggend gasvrou vir 'n ooievaarstee. My klein blou-oog skat het hom omtrent verwonder aan die heliumballon wat ek by die huis aangebring het.

7 maande, 1 1/2 weke, Martelize 4 maande

6 comments:

Jan and Miekie said...

Wou jou vanoggend bel, maar ek weet dit sal te dol gaan voor die ooievaarstee en jy is seker moeg na die hele week se gedoentes. Ons sien uit om julle die week by ons te he!

Dorette said...

Ma Miekie - dit het lekker dol gegaan! Mr ek dink darem dit was 'n sukses! :-)

Mariette. said...

Dit klink na 'n woeste week so waar. ek is skoon moeg vir jou part.
wil jou gou vertel- ek weet hoe mens sukkel as jy jou seuntjie wil 'neb' en daar is nie krag nie. en daardie stoompies werk werklik baie goed en gou. So met verlede jaar se baie krag onderbreukings het ons gesukkel want seuna het gereeld mangel ontsteking gekry dan moet ons hom 'neb' - toe hoor ek dat by discem apteek 'n neb is wat met 'n herlaaibare batery werk. toe gaan kry ek die ding en watse vreugde... hy is tot geluidloos. so jy moet bietjie gaan loer en kyk of jy vir jul een kan kry. en hy is klien en kompak.

maar mag julle 'n geseende week he.

Dorette said...

Sandvlooi - 'n nebuliser wat sonder krag kan werk klink na 'n great idee vir krag-lose tye en vakansies. Ek sal verseker 'n draai by Dischem gaan maak en loer of ek so ene kan opspoor. Dankie vir die idee!

Sandra said...

My middelste ou het gereeld stoombehandeling en fisio moes kry vir die borsie en dit was maar moeilik vir my as ma om te sien hoe hulle sukkel --- hoop hy is sommer gou gou 100%. Daai tongetjie se oefening is om solank die klanke te oefen ... nie meer lank nie :-)

Muriel said...

Hi ek hoop dit gaan goed met julle ek kom net gou my goeie wense oordra:

'n Baie voorspoedige en geseënde Nuwejaar vir julle!

Groete