baby
Lilypie First Birthday tickers
Showing posts with label mylpale. Show all posts
Showing posts with label mylpale. Show all posts

Wednesday, June 2, 2010

Waar het die tyd heen gegaan?

Waarskuwing: Hierdie is baie lank. Dis neergeskryf sodat ons dit als later sal onthou. Julle is regtig nie verplig om als te lees nie!
Sjoe! Kan skaars glo meer as 'n jaar is verby sedert ek laas geblog het. Het nie gedink ek sal weer begin nie, maar ek sal moet - anders gaan ek te min van Janita se grootword vergeet. Blogging is 'n baie goeie motiveerder om genoeg fotos te neem, en stories neer te skryf!
'n Opsomming van die laaste jaar of wat:

22 April 2009 - Franco word 1 jaar oud! Ons vier die groot mylpaal met 'n Paashaas partytjie 'n week voor die tyd, en 'n lekker vakansie by die see! (Groot bonus toe die Nasionale Verkiesingsdag as openbare vakansiedag aangekondig word. Ons maak ons vakansie 1 dag langer, en ry vroeg die oggend see toe en gaan stem by Glenmore)

Een jaartjie oud en geniet die see vreeslik!


Mei 2009 - Ons huiskoop word uiteindelik gefinaliseer. (Daar was probleme met vorige eienaars wat nie verbeteringe deur die regte kanale aangebring het nie, en die koop (wat ons in Jan 2009 begin het) kon nie deurgaan todat als goedgekeur en geregistreer by die stadsraad was nie.


12 Junie 2009 - Franco moet pypies in sy ore kry! Ma se hart was hoogs benoud, maar gelukkig het die operasie sonder voorval verloop. Hopelik hou die chroniese mangelontstekings bietjie op!

My dapper seuntjie in hospitaalklere

16 Junie 2009 - 'n Hartseer dag toe ek ons babatjie verloor op 5 1/2 weke. Dis 'n vakansiedag, en ek kon nie my ginekoloog in die hande kry nie. Land op die end by iemand anders op, maar daar is niks wat hulle kon doen nie. Ironies - want ons het beplan om ons groot nuus op einste Jeugdag met almal te deel. Dit voel te simpel om slegte nuus te deel - en ons dra toe maar ons seer so stil-stil.



'n Hele reeks bloedtoetse volg (Franco was ook 'n dreigende miskraam, en tesame met 'n chemiese swangerskap in April wou die dokters 'n paar goed seker maak) Die prognose is nie te goed nie - my hormone is heeltemal deurmekaar en ek word gese dat ek waarskynlik sal aanhou om vroee miskrame te he as ek nie hormoonaanvullings kry op kritiese tye nie. Dr Liz werk vir ons 'n detailplan uit van wanneer om te kom vir bloedtoetse, scans ens.



Ons harte is nog baie rou, dus besluit ons om vir eers te fokus om die Groot Trek en oor 'n paar maande eers te begin met Die Plan.


10 Julie 2009 - Die dag van die Groot Trek. Wat 'n deurmekaarspul! Die vorige 2 weke was eers Gert en toe ek vrot van die griep. Die week van die trek sit ons 36 ure lank sonder krag, en Franco raak toe boonop siek! In plaas van pak, is ek besig met oorlog teen 'n hoe koors, en Gert teen die munisipaliteit. Gert het vinniger gewen as ek :-)



Die dag van die trek is daar nog heelwat "odds & sods" wat gepak moet word, en Franco was nog veels te siek om te kon skooltjie toe gaan. Dankie tog vir wonderlike Oumas & Oupas wat kom help met die deurmekaarspul!



Na 'n woeste dag - met kussings wat skoonveld is, en Franco se bababed wat weens 'n skerp hoek nie by sy kamer kan in nie - raak ons uitgeput aan die slaap. Ons 1ste aand in ons nuwe huis!


17 Julie 2009 - 5 jaar terug het ons verloof geraak by die Staatsteater! Die jaar gee ons die Staatsteater 'n mis, maar gaan vier darem tog die geleentheid by 'n nuwe eetplek naby die nuwe huis :-). Dis egter vrek koud, en ons eet maar vinnig. Gedurende die aand begin ons wonder - ek bly tot die dood toe moeg ten spyte van heelwat slaap. Kan dit nog toegeskryf word aan die griep en stresvolle trek - of is dit iets anders? 'n Tuistoets (gekoop by die noodapteek) wys twee baie duidelike strepies. Is dit groot nuus, of nog oorblyfsels van die miskraam? Sedert ons in April begin dink het aan 'n boetie of sussie vir Franco, is dit ons 3de positiewe toets en ons weet nie wat om te dink nie.



Die volgende week wat volg gebeur 2 groot dinge:

* Franco (15 maande) begin loop! Sy balans was 1000 maal beter na die grommets operasie, en hy het heel vernuftig met die "cruising" geraak. In die groter huis is die meubels egter bietjie verder van mekaar, en moet hy noodwendig 'n paar treetjies tussen-in loop! Dit gaan nog wankelrig, maar ons is baie opgewonde!!!

15 1/2 maande - So trots op homself!


* Bloedtoetse bevestig daar is inderdaad 'n baba met gesonde hartklop oppad! Net oor die 6 weke swanger! Die slag is al die hormoonvlakke 100% normaal. Die Dr is verstom - skaars 'n maand tevore was die prognose baie anders. Ons is minder verstom - ons dien immers 'n Groot,Groot Here - maar dit bly 'n warboel van emosies om te verwerk. Dan is ons swanger, dan nie, dan weer, dan nie. Gaan nommer 3 ons gelukbringer wees? Gelukkig kan ons elke tree saam met ons Pappa wandel - al weet ons nie altyd wat gaan die uitkoms gaan wees nie, weet ons altyd Hy loop elke tree saam met ons.

Augustus 2009 - Franco begin by sy nuwe skool. Die aanpassing verloop baie goed. Dankie Here!



Ons laat maak 'n spesiale Ouboet hempie vir Franco om ons groot nuus oor te dra. Oupa Jan was bietjie vinniger om te snap as Ouma Miekie! Ouma was so besig om met Franco te kuier, dat sy die woorde op die hempie vir 'n hele ruk skoon misgekyk het. :-)


Raai wie word 'n Ouboet in die jaar van groot sokker?


Naweke speel ons lekker met Franco op die klimrame by die parkie onder in die straat.


Sept 2009 - ek is tot die dood toe naar (net soos met Franco!) en kan nie veel van die maand onthou nie. Die slag verheug ek my in die naarheid - dis tog seker 'n teken van 'n goeie, gesonde swangerskap? Die helikopter klimraam is sy gunsteling! 17 maande oud



In die begin het Franco al huilende aan my been geklou as ek siek geword het. Later het die episodes al so algemeen geword dat hy slegs gefasineerd toegekyk het. As ek klaar was, het hy aangedring op sy beurt om in die toilet te spoeg voor ons kon spoel (Lekker gross!). Daarna was dit eers my beurt om tande te borsel, en dan MOET sy tande ook geborsel word. Ons prinsie het oor naweke sekerlik die skoonste tande in die land gehad! Dit was dan 6-7 keer per dag geborsel!


Okt 2009 - als gaan nog goed met swangerskap. Prys die Here! Word egter gediagnoseer met 'n groot ystertekort, en die trial run met verskillende ysteraanvullings begin. (Min het ek geweet al die pille sou slegs 'n klein verskil aan die ongelooflike moegheid maak, en dat ek nog steeds met 'n ystertekort sou sit tydens my 6 weke post partum ondersoek!)



Einde Okt kry ons onverwags die geleentheid om gratis saam in die Wildtuin te gaan naweek hou. Letterlik 'n geval van Donderdag besluit, Vrydag-middag ry. Franco (18 maande) geniet dit vreeslik - veral die rooibokkies en apies. Ons sien leeus baie naby die pad, maar hulle le te stil om eintlik interessant te wees vir die klein Avontutier. Eers in die Wildtuin lees ek 'n pamflet dat swanger vroue en kinders onder twee afgeraai word om die wildtuin te besoek weens malaria. Oeps! Ons smeer maar vreeslik anti-mozzie goed aan.



Nov 2009 -

Die sonar wys dis 'n dogtertjie! Ons was baie verbaas (was albei oortuig dis weer 'n seuntjie). Ek en Gert gaan vier dit met pienk melkskommels. Ons kondig ons groot nuus aan tydens 'n familie ete. Die Oumas was sommer baie opgewonde, en begin sommer dadelik die skattigste pienk kleertjies aandra.



Ons vier ook Gert se 30ste (so maand vroeg) met groot fanfare saam met 50 van ons pelle en naby familie. Dit was 'n heerlike aand en ons kuier so lekker dat ons veels te min fotos neem! Dankie vir Ma Miekie en Thelwyn (hulle het gasvrouens gespeel vir die aand sodat ek kon kuier), my werk (vir die gebruik van ons staff rec room, en al die eetgerei) en ons engel, Ouma Sara (sy het gehelp tafels dek, en deur al die berge skottelgoed kaf gedraf!). Met die ystertekort was ek stokflou, maar dit was 'n wonderlike aand. Geluk my man! Is elke dag so dankbaar dat jy vir my gekies het! Die lewe saam met jou raak net al hoe beter...


Des 2009 - Gert se ouers trek na ons stad toe! Wat 'n vreugde om hulle so naby ons te he! Nou kuier ons sommer baie, ipv net 2 keer per jaar! Franco (en nou ook Janita) is baie bevoorreg om altwee stelle grootouers so naby en so betrokke te he.



Ons ry ook af Natal toe vir die jaarlikse familiesaamtrek saam met Ma Miekie se familie. Wat 'n heerlike naweek! Vrydag-aand slaap ons in die mooiste Drakensberge oor, en die kuier begin so lank met van die familie. Saterdag sit ons die kuier voort in Kranskop, en Sondag-middag ry ons Newcastle toe om vir Liani op haar ouers se plaas te gaan kuier. Kuier al te heerlik Sondag-nag om (Liani is 'n dierbare vriendin, en ons kuier veels te min!).



Maandag-oggend is die kuier minder pret, met Franco wat erg klaerig en huilerig is. Dinge begin sin maak toe tannie Annemie baie diplomaties voorstel dat die klomp muskietbyte dalk eerder waterpokkies is. Nugter weet waar Franco die opgetel het, maar 'n apteker bevestig inderdaad die diagnose. Gelukkig het die klomp Natal kleinneefs en -niggies reeds waterpokkies gehad, en was Martelize nie saam af Natal toe nie. Die waterpokkies krap ons Kersfeesplanne om - gelukkig kan ons saam met Gert se familie kuier, want Oom Hannes het nog nie kinders nie.

Kersfees 2009 Franco speel met die grassnyer wat hy by Ouma Miekie gekry het - die waterpokkies so te se weg, maar ons is nog in kwarantyn


Ons Kersfeespersent aan onsself? 'n Sitkamerstel vir die tweede familiekamer en sonverhitting vir die swembad. Ons sit en swem te lekker!

Met Eskom se groot kragverhogings om die draai, knyp ons ook oe toe en laat 'n songeyser installeer.



Jan 2010 - die nuwe jaar begin volstoom met groot projekte by die werk vir my en Gert. Franco (20 maande) kondig self aan dis tyd vir potjielesse, toe hy self sy potjie in sy kas ontdek, dit badkamer toe dra en daarop gaan sit. Toe ons vir die grap sy doek afhaal, toe piepie hy terstond! Binne 'n week kry ons gereelde fondse van #1 en #2 in die potjie, en ek en Gert is tog te trots. (Min het ons geweet Janita se koms sou alles omverwerp, en dat ons einde Mei nie veel verder as daai eerste week in Jan sou wees nie. Sug! Eendag, eendag...)


Feb 2010 - dis jaareinde by die werk, en dinge gaan lekker dol. Ons word bederf met 'n babatee te ere van Sussie, en kry die mooiste kleertjies en kombersies.


22 maande. Ek het my kop oopgestamp teen die nuwe sandput by die skool, maar is baie trots op my Bob the Builder pleister!


Op 37 weke verf ons met Oupa Frans se hulp die babakamer. Ouma Miekie en Oupa Jan kom help met die finishing touches, en ons hang die nuwe gordyne ens wat Ouma Elna help maak het. Daar is niks soos 'n paar vals kontraksies om die "nesting instinct" volstoom te laat inskop nie. Sussie kan nou maar kom!

Maart 2010 - die dae raak min voor Sussie moet kom, maar gelukkig is ons so besig by die werk dat die dae verbyvlieg. Ek kry heelwat meer Braxton Hicks as met Franco, en dink kort-kort ek is in vroee kraam. (Franco was 'n induksie, en ek was nuut met die hele "wanneer gaan ons hospitaal toe? vraagstuk".

39 weke en 6 dae swanger! Franco gee vir Sussie 'n soentjie



Gert kry klierkoors en is regtig erg siek. Ek word beleefd versoek om nie vroeg in kraam te gaan nie, en ek le nagte langs my siek man en tel kontraksies - hoogs benoud dat ek wel in kraam is, en 'n koorsige Gert nie toegelaat gaan word om by te wees nie.
22 Maart 2010 'n Laaste swem van die seisoen. Mamma was daai dag ook in die swembad, maar het gesorg dat sy agter die kameralens bly!

Gelukkig is die Here goed, en werk alles reg uit! Sussie is nie haastig nie, en gee vir Gert genoeg kans om eers beter te word. Sondag 21 Maart (my verwagte datum) breek aan soos enige ander dag. Heelwat Braxton Hicks, maar dit was ek toe al gewoond. Het verslaap en was te laat vir kerk (later sou ons dankbaar wees vir die ekstra slaap!). Het toe maar die oggend verwyl met 'n laaste swem en besoek aan die parkie. Na 'n middagslapie het my Ma-hulle kom inloer. Het die aand bietjie TV gekyk, en toe maar so 21h gaan inkruip.



23h15 word ek egter wakker - en dis sulke tyd! Ek maak Gert wakker, ons bel vir Ma Elna-hulle (wat in 'n rekordtyd by ons huis aankom om vir slapende Franco op te pas) en ons ry hospitaal toe. Gert was nog effe deur die slaap, en het was heimlik nie so seker dat dit die slag regtig is nie - en het baie rustig hospitaal toe gery. :-) Slim man het egter sy gedagtes wyslik vir homself gehou.



Was net na 24h opgeneem, en toe gebeur dinge vinnig. Janita Elsa L is Maandag-oggend 3h50 gebore - so perfek as wat kan kom. 'n 50cm lange pakkie van 3,3kg wat ons net weereens verstom gelaat het oor hoe GOED die Here is!



Is sy nie te mooi vir woorde nie? 1 week oud


Franco (23 maande) is ook baie ingenome met sy Nita


Nog baie nuus om te kom - maar hierdie raak nou veels te lank!

Sunday, April 19, 2009

'n Paar snapshots van die laaste ruk

Sjoe! Deesdae is ons dae so vol en besig en Franco bemeester so vinnig nuwe dingetjies, as ek weer sien is ons agter met die blog!

Die laaste week of wat het ons:
  • teruggekom van ons Middelburg naweek. Die wasgoed, tuinwerk en regte werk-werke was als agter van die paar dae wat ons weg was en moes ingehaal geword het.
  • tussen-in moes ons beplan vir Die Partytjie. Groot pret, maar die tyd was net so min! ;-)
  • Franco het sy deel van die partytjie beplanning gedoen, en sy ouers bederf? deur tand nommer 6 & 7 die 2 dae voor die partytjie te sny. Daar is min dinge soveel pret soos besige dae, en laaaang nagte met kwantiteit gesinstyd nie
  • en die belangrikste? Dit was Paasfees! Gesinstyd, introspeksie-tyd, dankie se tyd. Dankie Jesus vir U groot,groot offer! Dankie dat ons kan Lewe omdat U bereid was om in ons plek te sterwe.
  • Ons het een heerlike partytjie gehad en toe moes
  • Mamma met 'n baie swaar hart Bloemfontein toe gaan vir werksgoete. Niks teen die Rosestad nie, maar 3 uit die laaste 4 keer wat ek daar was, was ons vlugte vertraag. Dink ek ken nou die (vrek klein aircon-lose) lughawe goed genoeg.

Die partytjie was 'n reuse-sukses! En Franco (en sy ouers!) het dit so-so baie geniet. Om die waarheid te se - ek en Gert het die partytjie so baie geniet, dat ons vergeet het om 'n enkele fototjie te neem! (Al het ons so ewe die aand voor die tyd die kamera se battery spesiaal gelaai) Dankie tog vir 'n parate Ouma, Oom Hannes en Tannie Thelwyn wat die Hasie-partytjie vir ons gedokumenteer het. Nou is die uitdaging net om al die fotos by die verskillende kamera-eienaars te kry. Ouma Miekie was so oulik om 'n hele CD vol fotos spesiaal by my werk af te lewer (dankie Ma!), maar daar vergeet ek die CD Vrydag op my lessenaar. :-( Grrr,grrrrr vir myself! Die partytjie-fotos kom - belowe, maar intussen moet hierdie maar instaan...

Ons was druk besig om te pak vir ons Middelburg-naweek toe Franco skielik tjoepstil word en ons wis ons moet gaan loer....

Meneertjie was druk besig om 'n rol toiletpapier te dissekteer - die konsentrasie was iets om te aanskou!Uitgevang! Al is hy hoe klein, Franco weet as hy iets doen wat hy nie veronderstel is nie - en kan nes 'n verskrikte bokkie lyk as hy agterkom hy is uitgevang. :-)

Aan die einde van elke ete dring Franco deesdae aan om self te probeer eet. Dis maar 'n morsige storie (ek sou ook sukkel as ek die lepel kort-kort onderstebo of agterstevoor het), en sy mamma leer lesse in geduld, maar dis te skattig om te sien!
Franco was baie geintreseerd in my sap, en het dadelik nader gestaan vir sy beurt. Moet se - hy het nogals oulik reggekom! As ouers van 'n seuntjie wat nie-hou-van-vreemde-goete-in-sy-mond-nie was dit 'n groot verrassing! Ons was sommer baie trots!

(En kyk net die lelike skraap op die gesig - Franco het saam-saam help klere uitpak, en moes hom op een of ander manier met die gespes gekrap het :-( Hy het niks eers gehuil nie - al het ek my byna boeglam geskrik toe ek dit opmerk. My arme kind lyk nes 'n wilde seerower!)

Kyk hoe rond staan my pensie na ete! Franco het een oggend amper 20 lepels pap geeet! Boeta het net gevra vir nog en nog en nog...


Paasnaweek was ons op die plaas en Franco het Oupa Jan se pantoffels ontdek. (Vir nog skattige Paasnaweekfotos kyk bietjie op Ouma se blog hier)
Oupa jy is my hero, en ek gaan eendag net so groot soos jy wees!

Franco ontpop deesdae in 'n klein helpertjie. As ek of Gert besig is met iets, dan is Seuna vinnig om nader te kruip en aan te dring om te wil "help". Nou veroorsaak die "hulp" nog effens uitdagings, maar ons hoop maar hy bly so fluks sy lewe lank!

Die oggend van die partytjie het Gert die opblaas swembadjie opgepomp en Franco het vinnig nadergestaan en ernstig na die instruksies geluister...
Op en af, op en af! Franco het gedink dis skreeusnaaks. (Franco het darem ietsie van sy ma geerf - sy oe gaan ook toe as hy lekker lag. Nie juis die mees fotogenieste eienskap nie :-)

Franco staan (en stap selfs!) deesdae al oulik - sy selfvertroue is net nog bietjie min. Hy raak verboureerd as hy agterkom hy staan self en dan gaan sit hy sommer dadelik. Die betrokke oggend het hy lank gestaan terwyl hy aan die pomp se pyp vasgehou het - min het hy besef dat so 'n pyp eintlik geen ondersteuning bied nie...

Mamma word darem ook gehelp! Hier help Franco fluks sy eie wasgoed sorteer

Doen ek dit reg Mamma? Dis mos Lig, Medium en Donker ne? So 'n hoop wasgoed maak 'n baie lekker speelding, en Franco kan homself 'n lang ruk daarmee amuseer.

Julle moet 'n lekker aand he! En lief bly vir Liewe Jesus! Ek is tog Donderdag 'n volle EEN jaar oud!

Sunday, March 15, 2009

'n Maand is in 'n blur verby...

Sjoe! Kan skaars glo 'n MAAND is al verby sedert ek laas opgedatteer het! Dit was 'n besonders woeste maand - die afgelope maand was daar nie een dag wat daar nie iemand in die huis op die een of ander kursus antibiotika was nie. :-( Met die dat dit jaareinde einde Feb was, en dit ons drukste tyd van die jaar is, was ek nie vreeslik gewild met al die siekwees saam nie. As my base ooit hier sou lees - dankie julle dat julle wel verstaan! Ek hoop ek sal gou opmaak daarvoor!

Die lysie van siektes was ongeveer soos volg:
  • 2 x mangelontsteking (Franco en toe Gert)
  • 1 x maagstorie (Dorette)
  • 3 x erge loopneuse en gehoesery wat aflos speel tussen die huismense (ons al drie)
  • 2 x middel-oorontsteking (Franco en Franco)
  • Verskeie fisio-behandelings vir sinusse en siek borskaste (Franco, Gert en weereens Franco)
  • Erge nappy rash ten spyte van al die probiotikas saam met die anitbiotika (darem net Franco)
  • 1 x ge-crashde laptop (Dorette - groot furstrasie! En nog meer verlore werkstyd)
Ons was baie dankbaar vir die humidifier, die nebuliseerder en die Baby-Vac. Sonder die sou slaap nog minder gewees het! (Ervare kollegas het my destyds aangeraai - koop die goete met die eerste verkoue van jou eerste kind. Jy gaan dit ongelukkig meer kere gebruik as wat jy jou aanvanklik kon indink!)

Franco is op die stert-end van 'n tweede rondte antibiotika vir middel-oorontsteking, maar is al baie beter! Ons het uitgebrei van 'n standaard multi-vitamien vir ons elkeen, na 'n omslagtige storie wat Tonsolyt, Respitron, Infantiflora en Barley Green insluit. Hopelik begin al die doepas binnekort vrugte afwerp, en sal ons in die toekoms die antibiotika-trein bietjie minder ry.
'n Lee melkblik maak lekker geraas as jy hom oor die vloer rol...

Ongelukkig was die siekwees seisoen nie net beperk tot ons huis nie - kleine Martelize (Franco se niggie) en haar ouers het net so deurgeloop! Arme Juffroutjie moes glad Vrydag-aand hospitaal toe oor 'n koors wat nie wou breek nie - gelukkig gaan dit darem nou beter. Sterkte Frans en Thelwyn! Ons het baie simpatie en meegevoel! Hopelik is ons oor die hond se stert, en begin dinge nou beter gaan!


Die maand was darem nie net doom-en-gloom nie. Tussendeur het ons te lekker gespeel met ons Rakker, en verstom gestaan oor die ontwikkeling wat so vinnig plaasvind.

Franco help huis skoonmaak

'n Paar dingetjies wat uitgestaan het


  • Die verskyning van Franco se 5de tand! Daar is nou 3 bo en 2 onder (en nommer 6 & dalkies 7 stoei verwoed om deur te breek). Seuna se onsimmetriese glimlag laat ons ook sommer glimlag!
  • Raai wie is mal oor sy swaaitjie?

  • Meneertjie kan vinnig kruip as hy wil! Gunstelinge plekke om na te kruip - onder die (verbode) studeerkamertafel in met al sy rekenaarkabels, onder die pienk bank in die sitkamer (sodat ons ons kop kan stamp as ons probeer regop kom), 'n oop yskasdeur is altyd interessant en die jackpot is die skottelgoedwasser as daai deur durf oopgaan!
  • Mamma het maar gou 'n ongewilde einde gemaak aan heen-en-weer staan en surf met die laaitjie

  • Die pediater wil he Franco moet soveel as moontlik kruip, maar dis moeilik as Aspatatie slegs na die naaste voorwerp waarteen hy homself kan optrek kruip, en dan te heerlik staan en gesels.

  • Goggabie klap nou al hoe meer handjies, en is geniet liedjies waar ons moet handjies klap so baie. Laasweek het Franco so entoesiasties handjies geklap, dat hy homself onbewustelik van die bank weggestoot het en vir 'n paar sekondes op sy eie gestaan het! (Net om met 'n groot kabaal om te dons die oomblik toe ons agterkom ons staan self..)

  • Guilemientjie se eerste blou-oog en knop op sy kop :-( Op warm middae neem die skool die babas buitentoe om in 'n hoekie van die speelterein te sit en speel en te kyk wat die groter maatjies doen. Boetman wil egter altyd eerder met die ouer maatjies speel as met die babas van sy portuur groep (nie dat hy mag nie), en as jy jou oe uitknip dan het die klein Houdini onder jou neus uitgekruip na die groter kinders toe.
    Die nuwe assistent was onbewus van hierdie Franco-geit, en het haar doodgeskrik toe sy sien hoe Franco (wat nog nie kan loop of vas staan nie!) probeer om homself by die klimraam op te hys. Toe sy hoogsbenoud nader storm, toe skrik die Rakker,los alles, en stamp sy kop met die afkomslag. :-(
    Gelukkig ken ons Franco goed genoeg om te weet hoe vinnig hy homself in moeilikheid kan kry, en kon dus die assistent geredelik vergewe. Dis moeilik om altyd betyds te keer!
  • Franco loer al om die kamera om te kyk hoe sy Pappa-hero in die tuin werk. Kyk net die gekneusde linker-oogbank! (Het vergeet om 'n foto te neem om die "guts-en-glory" op sy ergste te wys)

  • Die klouterkabouter het gister weereens sy ondernemingsgees ten toon gestel. Hy is lief daarvoor om by die bank te staan en speel, maar toe wou hy eerder op die bank speel. Aangesien Meneertjie nog te kort is om self op die klim, is die doeksak met 'n gesteun nader gestoot/kruiproller en toe gebruik as 'n trappie om op die bank te kom! My hart het amper gaan staan, en die doeksak is terstond bygevoeg as item #987 van dinge wat hoog weggepak moet word!

  • My kind is 'n opperste platjie, en 'n deel van my hart is benoud oor die grense wat hierdie mannetjie nog gaan toets. Laasnaweek was ons almal vir 'n slag saam op die plaas, en het Franco en Martelize weer al die nuus opgevang. Martelize het die afgelope ruk besluit sy wil nie meer haar foppie he nie, maar was vreeslik geintresseerd in haar nefie se foppie wat aan sy dummy chain vas was. (Sy wou nie die foppie in haar mond druk nie, net eintlik vashou en bietjie van naderby bekyk). Franco was vinnig om die belangstelling op te merk, en het ewe lieftallig sy foppie aangegee. Voor my moederhart te trots kon raak, toe ruk die klein karnallie die foppie weg die oomblik toe Marteliefie haar handjie uitsteek om dit raak te vat. Gedink dis 'n eenmalige gebeurtenis? Nee wat - weer en weer is die foppie met die onskuldigste gesiggie denkbaar aangebied, en weer en weer is die foppie voor die uitreikende handjie weggeruk - tot groot onsteltenis (met reg!) van Juffrou.
    Het solank op aanbeveling Hettie Brits se "Kweek kinders met karakter" aangeskaf en begin opswot oor hoe om hierdie platjie-geid in die regte rigting te stuur. Gelukkig is ons Pa ook altyd daar om raad te gee!
Mnr Besig ondersoek Marteliefie se voet. Een van die min dae die afgelope ruk wat nie een of albei siek was nie
Daar is nog 'n ton nuus, maar dalk moet ons maar eers hier halt roep!

Franco-Frank jy is 'n Goggapatat, en enig in jou soort. Jy leer ons elke dag soveel nuwe dinge - van onsself en van jou! Jy raak elke dag meer en meer jou eie mensie met jou eie maniertjies van dinge doen- jy het al defnitiewe voor- en afkeure en kan dit al goed komunikeer! Jy is 'n wikkelwurm, en jou almal om jou heeldag op hul tone met jou mannewales, maar ons geniet jou so-so baie! Jou laggie (wat deurbreek selfs al is jy baie siek!), oopbek spoeg-soene en dierbare drukkies laat ons harte terselfdertyd smelt van liefde en bars van trots.


Ons hoop en bid dat die gereeld siekwees vir eers bietjie sal minder word - en is dankbaar vir die Here dat jy elke keer so mooi op die medikasie gereageer het en nie verdere komplikasies ontwikkel het nie! Jy was so 'n troopertjie met al die doktersbesoeke, medisyne gee en fisio saam - Mamma is sommer vreeslik trots op jou! Jy raak elke dag al hoe meer seunskind wat die wereld wil verower, en dis 'n voorreg om hierdie pad saam met jou te kan loop!

10 maande, 2 weke

Tuesday, January 13, 2009

'n Alles in een oor Franco

Sjoe! Ek raak agter! Daar is so baie stories om te vertelle, maar met die dat ons laasweek heelweek op die plaas gebly het, en die naweek propvol 4! verjaarsdagpartytjies was kom ek nie by alles uit nie. Sal maar so stuk-stuk vertel...
Franco
* Die kleine prinsie het al 3 tandjies! (En siestog - nog 2 wat dreig om te sny) Ons wenner (8 maande, 1 week) was 'n middeltand regs-onder wat die 30ste sy verskyning gemaak het. Sy maatjie net links van hom was 'n kortkop agter en het die nuwejaar vir ons ingelui. Die boonste regterkantste middeltandjie was 'n persent vir ons huweliksherdenking die 8ste Jan. Ons wag nog vir links-bo, en onder regs is daar 'n knobbel van 'n baie seer oogtand? (Is duidelik nie 'n tandarts nie - so die benamings is maar bietjie krom en skeef)
Boetman trek maar swaar met die tande saam, en dis 'n gedoente om in die warm weer 'n seuntjie te troos wat geliefie wil word maar geirreteerd raak as ons mekaar sopnat sweet. :-) Tandeborsel is nog 'n uitdaging vir hierdie nuwe ma met 'n onwillige seuntjie wat daai mondjie styf toeknyp en woeste gesigte trek, maar ons raak darem elke rondte bietjie meer effektief!


Franco se eerste tandeborsel

Elke nuwe tandjie laat hom net meer en meer soos 'n klein seuntjie lyk. Wat het van ons babatjie geword? Dit was dan net gister wat ons huis toe gekom het van die hospitaal!

Ek glimlag groot so tussen my Kerspersent, maar my tande sien julle nie! (Kyk net hoe lank word my hare - dit krul al skoon in my nek)

* Franco is mobile! (En was op 8 maande, 1 week) En het 'n sesde sintuig om reguit te mik vir die dinge waarmee hy nie mag speel nie. :-) Elke dag vind ons net nuwe dinge en hoekies wat weggepak/opgeskuif/toegesluit moet word. Die klein klitsie hou sy ouers (en sy Ouma Miekie) op hul tone!

Ons het die 30ste Des vir Franco so oulike elektronies hondjie gekoop om hom te help kruip. Dis toe nou al weke wat Franco mik-mik om te kruip, maar nie lekker agter die kap van die byl kon kom nie. Die woef is aan die duur kant vir so na Kersfees persent, maar was hoogs aanbeveel deur van my vriendinne (as jy hom tap dan "loop" die hondjie so paar treetjies vorentoe op die maat van musiek. Dan stop die hondjie en blaf vir jou om nader te kruip sodat jy hom weer kan tap en dan "loop" ons weer vorentoe). Ons wou kyk of ons nie 'n einde kon maak aan Gogga se furstrasie met die gesukkel om te kruip nie, en het toe maar 'n persentjie ter viering van sy eerste tand gekoop. :-)

Die hondjie was onmiddellik 'n reuse sukses! Franco was BAIE ingenome met die nuwe speelding, en het die hele dag agter die woef aangesukkel in 'n mengsel van seil op sy magie en regtig-egtig kruip. Ons was baie in ons skik met ons oulike aankoop en het fotos vir die vale geneem, totdat Franco na so 2 dae agtergekom het dat as jy die hondjie tap en dan dadelik aan sy stert gryp, die musiek nog speel maar hondjie nerens kan gaan nie en jy dus nie die moeite te doen om agter hom aan te kruip nie. :-)

Franco se eerste kruip! 30 Des 2008

Franco is maar 'n lui kruipertjie as die motivering nie reg is nie, en veral as hy weet jy kyk vir hom. Draai egter jou rug (of wees geeky soos ek en Gert en loer hom skelmpies af), en hy kan blitsig klaarspeel met die hele lengte van die vertrek.

Goeie motivering sluip in enige iets met drade (laptopkoorde, telefoonkoorde, Ouma se multiprop), enige iets waarmee hy nie mag speel nie (soos Pa se skroewedraaier wat per ongeluk geval het) en Martelize! Franco is versot op sy fraaie niggietjie, en sal hemel en aarde beweeg om by haar uit te kom.

* Sy eerste dada! Franco is al lank vol geselsies, maar ons sukkel maar nog om te verstaan. :-) Die laaste week of wat het hy egter begin dada en hallo se! Sy pa is nie bietjie trots nie, en terg my genadeloos omdat mamma nog glad nie sy verskyning gemaak het nie. Ek reken dis net goeie geluk aan sy kant - ons het dan eintlik pappa probeer leer! Maar dit lyk tog asof Franco Gert bedoel as hy dada se, want hy kyk elke keer direk vir hom. Die hallo is nog bietjie lukraak,maar hy geniet dit om dit vir al sy speelgoed te vertelle. (Ek weet, ek weet - nou kan ons nie wag dat hy begin praat nie, en oor 'n jaar of twee wens ons hy wil net bietjie stilbly!)

* Staan is meer pret as sit! Franco het die vakansie agtergekom hoe lekker dit is om te staan en probeer hom nou optrek teen amper enige iets. Aanvanklik was dit baie snaaks om te sien hoe hy sy boudjies oppluk as hy nie wil sit nie, maar dit het vinnig 'n toets geraak vir ons geduld en behendigheid met soveel dinge wat op 'n stoeigeveg uitloop. :-)

Kyk waar staan ek!

Die staan oomblikke van ons dag:
> Stoei om stewige beentjies wat vasskop in die karstoeltjie vas te maak, want hul eienaar wil staan en vir die karre kyk, en niks weet van sit waar hy nie kan uitkyk nie.
> Wees paraat tydens speeltyd, en keer as hy wil optrek teen goed wat nie sy gewig sal dra nie (soos die buigbare boee (arches) van die speelmat, die speelgoedbalie ens). Wees ook naby genoeg om te kan vang as hy baie trots op homself by die bank of koffietafel staan - Franco het nog nie geleer van gaan sit as jy moeg is nie, en gaan reguit van staan na le en sy kop kap teen die grond. :-(
> Probeer Seuna leer van staan, en dan kaplakse boude gaan sit as jy moeg is. Gee na 'n rukkie op as jy agterkom hoe sterk so klein seuntjie eintlik is as hy nie-nou-wil-gaan-sit-nie.
> Pak sy badgoedjies uit, en stoei om die staande,dansende Wikkelwurm se klere uit te trek en sy doek mid-air af te haal.
> Kry honderd gryshare as Franco die handvatsels in die bad ontdek, en homself uit sy badstoeltjie uit lig. Keer vir 'n vale, kry jouself sopnat en pak blitsig daai skeermes op die bad se rand weg.
> Droog 'n kosbare bababondeltjie af, en begin van voor af stoei met die aantreksessie. Dis nou as jy gelukkig genoeg is om 'n doek aan 'n wikkelwurm wat probeer wegkruip aan te kry sonder om als vol boudjiesalf te smeer.
> Lag maar, stoei verder en se 'n duisend dankies vir ons Pappa vir ons groot geskenk.

* Ek het die jaar maar so vroeg as moontlik begin werk, sodat ek genoeg verlof kan he wanneer Seuna siek word (hopelik nooit, en dan kan ek Des 'n lekker lang vakansie saam met hom he!). Franco was weer in Ouma Miekie se speelskool, en het dit omtrent geniet! Dankie Ouma vir al die oppas en liefde! Ek het die swem, liedjies en jolly jumper jolly baie geniet! En dankie dat Ouma my opgepas het toe my ma-hulle gaan uiteet het vir hul herdenking - hulle het hulle eerste alleen-date gehad vandat ek gebore is en dit baie geniet!

Ai ons liefie-liefie kind! Jy is 'n handvol, maar die harde werk is pret! Ons geniet jou so-so baie en raak net al hoe liewer vir jou soos wat die dae deur ons vingers glip. Dankie dat jy maak dat ons ons grense verbreed, dat jy ons leer van geduld en nederigheid en bederf ons met jou sopnat babasoene en lomp drukkies. Jy is 'n super spesiale seuntjie Franco!

8 - 81/2 maande

Monday, December 29, 2008

Daai klein wit dingetjies

Nie ons klein drool machine se beste pose nie - maar kyk net daai arme geswelde tandvleis! Seuna het skoon 'n rash op sy ken van al die dribble :-(

Voor iemand vra - nee daar is (helaas) nog geen kleine wit pereltjies in die Prinsie se mond wat al gesny het nie. (Dis nou ten spyte van Ouma Elna se voorspellings op 3 maande, Juffrou Sylvia se mening op 4 1/2 maande toe Franco skool begin het ens. ens) Maar daai ongesnyde tandjies is erg lastig! Daar is 2 geswelde mieliepitjies bo, en 2 twee pereltjies onder waarvan die wit al vir 'n week lank deurskyn. Arme Franco! Jy moet maar Thomas Edison se houding inneem, elke dag (mislukte eksperiment) is een dag (eksperiment) nader aan 'n glinsterende glimlag (gloeilamp)!

Teething toys van die afgelope maand:


Franco se plekmatjie by die huis

Ouma Elna (en enige ander beskikbare iemand) se vingers!




'n Yskoue tandering bring verligting


Die speelmat het omtrent deurgeloop, maak nie saak of ek op my


ruggie le,

op my magie rondkruip



en of ek staan nie!


As niks ander beskikbaar is nie, moet my eie handjies maar diens doen.

Ai ai! Die klein karnallie trek maar swaar in die nagte, al is hy gedurende die dag 'n troopertjie! Dankie tog vir dinge soos koue tanderinge, Teejel en die apteek se wonderlike tandemengsel!

8 maande oud

Thursday, December 4, 2008

Wat 'n week!

Die week het behoorlik verby gevlieg - ek is skoon agter met die stories! :-)
Saterdag was ons bietjie na tannie Duifie se 90ste verjaarsdag op Goodland (die F's se wildsplaas, so 10 min se ry van my ma-hulle af). Baie van my perdry herrinderinge is verweef met Goodland en dit was ook my en Gert se trou venue! Dus is dit altyd lekker om soontoe te gaan, en baie "onthou jy?'s" te beleef. Die keer was geen uitsondering nie, met Franco wat vir die eerste keer uit 'n glas gedrink het! Ouma Miekie het selfs 'n videotjie daarvan op haar blog van 29 Nov '08.
Sondag het Franco weer begin met verkoue en siek wees. :-( Ek het saam met Seuna erg verkoue gekry, terwyl Gert die verkoue vrygespring het net om Vrydag met mangelontsteking gediagnoseer te word! Dis goed die vakansie is om die draai - ons al 3 kan doen met bietjie rus en imuniteit opbou.

Franco kry een van vele stoombehandelings.

Dieselfde seuntjie na die behandeling, besig om die pyp te kou. Prys die Here vir behandelings wat so goed werk!

Maandag-nag was ons krag vir 'n lang ruk af. Groot furstrasie all round - Franco kon nie gestoom word nie, en saam met koue bottels het dit gesorg vir 'n omgekrapte seuntjie. (Die pikdonker het darem gemaak dat ons die maan en twee planete ekstra mooi kon sien! Ons Skepper het darem maar gesorg vir 'n wondermooie skouspel)

Dinsdag was ek vir die dag Botswana toe om probleme by een van ons takke uit te sorteer. Maandag-nag se omgekrapte seuntjie + vroeg opstaan om 5h00 by die lughawe te wees + heeldag in vrek warm Gaborone rond-mission (sonder lugversorging helfte van die tyd) en die vlug terug = 'n stokflou ekke wat 21h15 by die deur instrompel.

Gert was 'n ster van 'n pa wat die hele oggend- en aandroetine vir die eerste keer op sy eie aangepak het. Ek het dit al genoeg kere in die verlede gedoen om te weet dis moontlik, maar nie maklik nie - die Here het geweet wat Hy doen toe hy gesinnetjies met 'n pa EN 'n ma ontwerp het!

Kaalbaskruip na badtyd is die beste ding ooit!

Woensdag-aand het ons ons afdeling se jaareindfunksie gehad en almal saam Steve Hofmeyer gaan kyk. (Ek het my eie opinie oor die man, maar sal dit maar eerder los vir 'n ander dag) Nietemin was die kos en geselskap heerlik en gee die duiwel wat hom toekom - die man is 'n goeie kunstenaar. Franco het heerlik by Oom Gerhard en Tannie Marlize gebly en met Marli gespeel - dankie julle!

Donderdag-aand het ons slaap ingehaal, en vanaand pas ons vir Martelize op. (Eintlik ekke - Gert is koorsig en ons hou hom maar weg van die babas. Tans sit ek en blog terwyl die ander sieletjies in die huis almal slaap. Ons verbeter met die oppas - dis al baie rustiger as die eerste keer!

Het sy nie die mooiste haartjies nie? Kleine juffrou soet in droomland

Franco en een van die maatjies by die skool het geleer om so oor en weer vir mekaar tong uit te steek. Sederdien is dit sy nuutste party trick en sal hy sy tongetjie uitsteek vir enige iemand van die dokter tot winkelassistent. Huidiglik is hy so opvreetbaar oulik as hy dit doen, maar ons is net so effe bekommerd oor die lang termyn gevolge as ons dit te veel aanmoedig. Hopelik steek hy nie tong uit op sy gradeplegtigheid nie! :-)
Sjjt - ek weet ek is supercute, maar Mamma se jy mag dit nie hardop se nie!

Ek is more-oggend gasvrou vir 'n ooievaarstee. My klein blou-oog skat het hom omtrent verwonder aan die heliumballon wat ek by die huis aangebring het.

7 maande, 1 1/2 weke, Martelize 4 maande

Monday, November 24, 2008

Kruipgogga

Franco kan nog nie kruip nie - but it is not due to a lack of trying! Elke dag is dit net oefen, oefen, oefen vir ons klein prinsie.

Vasbyt Seuna! Ons weet dat jy sommer een van hierdie mooi dae sal uitfigure hoe om die armpies en bene saam te koordineer - en actually vorentoe in plaas van agter toe beweeg! :-)

Hier demostreer Franco sy eie oefenprogram ter voorbereiding van kruip - dis nou vir ingeval daar ander babatjies in blogland is wat ook graag wil kruip. (Sy ouers reken Franco-kyk is meer pret as TV-kyk!)
'n Lekker sterk push-up. Herhaal die op-en-af beweging so 30-40 keer na mekaar. Bonuspunte as jy so sterk kan opstoot dat jy sommer so agteruit skuiwe...en dan jou ouers laat lag omdat jy so gefurstreerd is met die agteruit boerdery.
As die armpies mooi opgewarm is, dan is dit tyd vir die rugspiere. Le op jou magie, en lig gelyktydig die voete en hande in die lug. Swem in die lug terwyl jy vorentoe en agtertoe wieg.
Kniee op, trek onder die boudjies in. Stoei stoei met jou gesig in die matras gedruk. (Goed vir nekspiere). Die word ook die wurmkruip genoem.


Nog 'n voorbeeld van wurmkruip. Wikkel die kniee ver genoeg vorentoe sonder om die armpies te beweeg. As jy dit lank genoeg doen, dan plof jou gesig in die kombers/bank/matras in, en die momentum van die plof is goed genoeg om die bolyf vorentoe te propel. Herhaal soveel keer as wat nodig is om by speelding uit te kom. Slim ne?


Die maak-Mamma-opgewonde-beweging. Trek die kniee op, stoot op met die armpies en vorder so halwe beweging vorentoe. (Onthou om vir die opgewonde Mamma te glimlag - mens wil mooi lyk op die blog!)
Die afwen-beweging. Net na afloop van die maak-Mamma-opgewonde-beweging, gee 'n groot sug en val kaplaks op jou sy. Stoot die beentjie uit, en rol dan eenvoudig waar jy wil wees - soveel makliker!
Franco - jy verskaf jou ouers SOVEEL plesier! Ons geniet dit so om al die mylpale saam met jou te beleef, en staan verstom oor hoe perfek Jesus jou geskape het. Die Vader se vingerafdrukke is orals oor jou! Sterkte vir die kruip-slag - Mamma is seker jy sal dit binnekort regkry! (Jy is klaar so woelig - Mamma hou maar haar hart vas as sy dink hoe jy haar op haar tone gaan hou as jy eers regtig mobiel is). Elke dag kan ons nie vir die Here genoeg dankie se vir die kosbare persent wat JY is nie.
7 maande