baby
Lilypie First Birthday tickers

Monday, December 29, 2008

Familie Kersfees-fotos

Nota: Ek het gister begin om te skryf oor Franco se eerste Kersfees, en agtergekom dit vat lank. :-) Het toe maar intussen die familie-fototjies opgesit. Toe ek vandag die Kersfees inskrywing klaarmaak, toe publiseer Blogger dit onder die inskrywing!
Dis bietjie laat, maar: Geseende Kersfees! Hoop die Christus fees was 'n wonderlike spesiale dag deurdrenk met vrede en liefde.

Kers-oggend na kerk het ons gou aangetree vir die fotosessie
Ons gesinnetjie van 3. Mamma vertel ek was 'n wikkelkous wat geweier het om te sit, en eintlik net my bottel wou he :-) Nou vir wat neem hulle fotos as hulle weet ek is honger?
Wat kyk jy so? Het jy nog nooit 'n baba sien bottel drink nie?
'n Bottie maak sommer baie dinge reg in die lewe! Saam met Oupa Lappies en Ouma Elna

Ons manne was almal (onbepland) in blou. Het jy al 4 sulke mooi paar blou kykers bymekaar gesien? Mamma hoop my ogies bly blou nes my Pappa s'nne. (Maar ek is seker sy sal vir my lief bly maak nie saak watter kleur my ogies opeindig nie)

Ons 3 FJ's. Oom Frans Johannes, Oupa Frans Johan en ekke (Franco Jean).

Ekke kon nie ook 'n Frans wees nie - netnou het Oom Hannes eendag 'n seuntjie wat hy Frans wil noem! En moenie vergeet van my ander oom Frans wat met tannie Thelwyn getroud is nie. Dalk het hulle ook eendag 'n seuntjie wat lyk soos 'n Frans!

8 maande en dae oud

5 comments:

Jan and Miekie said...

Tannie Rina dink Franco lyk nes Ouma Elna, maar op hierdie Kersfees fotos lyk hy nes jy gelyk het.

Dorette said...

Darem iemand wat reken hy lyk soos ekke! In ons vriendekring reken meeste mense hy is 'n regte mini-Gert.

(Maar kyk mooi - hy het sy Oupa Lappies se kabouter-oortjies geerf!)

Charmaine said...

Dorette, ek het nou so lekker gekuier op jou blog en gelees oor die spesiale kersfees saam en sommer knop in my keel gehad oor jou kosbare briefie aan Franco. Mag 2009 vir julle vol vreugde wees en ek hoop kleinman sny sy tandjies sommer gou en maklik na al die swaarkry

Muriel said...

Pragtige foto's vir die familie album. Ek is veral mal oor die eerste een. Mag 2009 'n fantastiese jaar wees.

Mooi bly

Dorette said...

Charmaine & Muriel

Dankie vir die inloer en die goeie wense! Hoop 2009 is ook vir julle 'n wonderlike jaar