Nota: Ek het gister begin om te skryf oor Franco se eerste Kersfees, en agtergekom dit vat lank. :-) Het toe maar intussen die familie-fototjies opgesit. Toe ek vandag die Kersfees inskrywing klaarmaak, toe publiseer Blogger dit onder die inskrywing!

Dis bietjie laat, maar:
Geseende Kersfees! Hoop die Christus fees was 'n wonderlike spesiale dag deurdrenk met vrede en liefde.
Kers-oggend na kerk het ons gou aangetree vir die fotosessie
Ons gesinnetjie van 3. Mamma vertel ek was 'n wikkelkous wat geweier het om te sit, en eintlik net my bottel wou he :-) Nou vir wat neem hulle fotos as hulle weet ek is honger?
Wat kyk jy so? Het jy nog nooit 'n baba sien bottel drink nie?
'n Bottie maak sommer baie dinge reg in die lewe! Saam met Oupa Lappies en Ouma Elna
Ons manne was almal (onbepland) in blou. Het jy al 4 sulke mooi paar blou kykers bymekaar gesien? Mamma hoop my ogies bly blou nes my Pappa s'nne. (Maar ek is seker sy sal vir my lief bly maak nie saak watter kleur my ogies opeindig nie)
Ons 3 FJ's. Oom Frans Johannes, Oupa Frans Johan en ekke (Franco Jean). Ekke kon nie ook 'n Frans wees nie - netnou het Oom Hannes eendag 'n seuntjie wat hy Frans wil noem! En moenie vergeet van my ander oom Frans wat met tannie Thelwyn getroud is nie. Dalk het hulle ook eendag 'n seuntjie wat lyk soos 'n Frans!
8 maande en dae oud