baby
Lilypie First Birthday tickers

Thursday, December 4, 2008

Giggelgogga

Ek het so baie stories om te vertelle, maar die week is ongelooflik besig. Om te keer dat Ouma Miekie onttrekkingsimptome kry, is hier 'n kort video'tjie van Franco. Die klein prinsie dink die Mamma wat sy magie soen na badtyd is vreeslik snaaks...


7 maande, 1 1/2 week

5 comments:

Jan and Miekie said...

Dankie Dorette - dis kosbaar! Hy is so 'n ou vrolikie.

Mariette. said...

AAG JONG DAAR IS NIKS SO AANSTEEKLIK SOOS DIE GELAG VAN 'N KLIEN MENSIE NIE!!
TE PRAGTIG!!

Dorette said...

Ma Miekie - hy is 'n happy baby! Dis hoekom dit my so ontstel as hy siek is, dan verdwyn daai laggie sommer heeltemal.

Sandvlooi - sy laggie is aansteeklik! Soms weet ons nie eers hoekom hy lag nie, maar ons kan nie help om saam te lag nie.:-)

Sandra said...

Hy's baie oulik Dorette julle moet hom geniet!

Dorette said...

Sandra ons geniet hom so! Dit voel soos gister wat ons uitgevind het daar is 'n wonderwerkie oppad, en tog voel dit ook asof hy maar altyd deel van ons gesinnetjie was..