baby
Lilypie First Birthday tickers

Monday, March 23, 2009

Franco se naweek

Franco se naweek was nie als super-lekker nie. As ons die doeke moet beoordeel, is daar nog 'n tand wat naby is om te sny (nie dat ons weet watter ene van die drie kanidate nie!), sy neusie was alweer toe (gaan maar altyd saam met die tandekry) - so algemeen het ons bietjie oes gevoel. Boetman se mond was te seer om behoorlik te kou, en die toe neus maak dat hy nie lekker sy bottel kon drink nie - 'n furstrerende situasie vir 'n honger seuntjie!

Gelukkig was dit darem nie als net sleg nie, en het ons oomblikke van groot pret ook gehad!

Raai wie het die skinkbordkassie in die kombuis ontdek?Uitgevang!

Deesdae is trappe klim (onder toesig!) 'n groot bederf!

Hier kom ek Mamma! Franco klim verbasend vinnig!

Sondag-middag het Danie en Adelle (ons vorige buurman) bietjie kom koffie drink. Met die dat Seuna se eetlus so af was die hele naweek, het ons gedag ons bederf hom met 'n bietjie sjokolade-koek - dalk kon ons hom so weer aan die eet kry...

Blykbaar is ek nie so 'n goeie bakster nie... :-)

Franco is vandag 11 maande oud! Wanneer het dit gebeur?

6 comments:

Charmaine said...

Ag siestog Dorette, mens wens die tande wil kom en klaarkry dat die man se mondjie kan beter voel. Maar hy is 'n pragtige ding...

Mariette. said...

Shampies! die tande kry is darm 'n goor ding maar een van die dae is dit verby. - Daardie trappe klim is darm maar die lekkerste leker vir kindertjies, ek onthou net voordat ons Abu-dhabi toe gekom het, het ons ook in 'n huis gebly met trappe en dit was vir ons klien man ook die lekkerste plek om uit tehang.

Sandra said...

Ai en sodra die tande almal uit is, is dit die kiestande. Lyk darem nie asof dit die grootman onderkry nie.

Dorette said...

Charmaine - ons kry die Rakker netso jammer! Mens voel so hulpeloos om hulle te help! Gelukkig is daar darem baie laggies ook :-)

Sandvlooi - die trappe is 'n GROOT treffer! Die oumas (en die ma) bly maar benoud - maar dis te skattig om te sien hoe vinnig klim hy

Sandra - ek sidder as ek dink aan die kiestande. Franco kry baie swaar met die tandjies, en almal in die huis ly daaronder. Gelukkig onthou ons nie die pyn nie ne!

Jan and Miekie said...

Baie laat met my kommentaar, maar darem. Hy is Ouma se dierbaarste ou bulletjie - klim en klouter nes sy ma.

Dorette said...

Hi Ma - ons dink ook hy is dierbaar! Maar hy hou nooit op om ons te verstom met die voorwerpe wat hy probeer bemeester nie! Praat van grys hare :-)