Franco se naweek was nie als super-lekker nie. As ons die doeke moet beoordeel, is daar nog 'n tand wat naby is om te sny (nie dat ons weet watter ene van die drie kanidate nie!), sy neusie was alweer toe (gaan maar altyd saam met die tandekry) - so algemeen het ons bietjie oes gevoel. Boetman se mond was te seer om behoorlik te kou, en die toe neus maak dat hy nie lekker sy bottel kon drink nie - 'n furstrerende situasie vir 'n honger seuntjie!
Gelukkig was dit darem nie als net sleg nie, en het ons oomblikke van groot pret ook gehad!
Raai wie het die skinkbordkassie in die kombuis ontdek?
Uitgevang!
Deesdae is trappe klim (onder toesig!) 'n groot bederf!
Hier kom ek Mamma! Franco klim verbasend vinnig!
Sondag-middag het Danie en Adelle (ons vorige buurman) bietjie kom koffie drink. Met die dat Seuna se eetlus so af was die hele naweek, het ons gedag ons bederf hom met 'n bietjie sjokolade-koek - dalk kon ons hom so weer aan die eet kry...Franco is vandag 11 maande oud! Wanneer het dit gebeur?


