baby
Lilypie First Birthday tickers

Saturday, March 28, 2009

Raai wie het gisteraand lekker geslaap?

Ekke! :-) Soveel so dat ek nie eers eintlik weet of Franco ook lekker geslaap het nie - as hy nie het nie, dan was dit omdat Gert 'n engel was en opgestaan het; ek was so moeg dat ek niks eers agtergekom het nie.Ons het Donderdag en Vrydag 'n groot afdeling Bosberaad tipe werkswinkel gehad. Ek was grotendeels die koordineerder en moes ook 'n klompie van die lesings aanbied. Dit was 'n eerste vir my, en ek was baie dankbaar vir ons IT-dametjie (al die training rekenaars moet die toepaslike programme gelaai kry, geskuif word, kragpunte uitsorteer, netwerkkabels optoor ens ens) en raakvat sekretaresses wat weet van kos en verblyf reel - so 'n storie het meer werk agter die skerms as wat mens besef!

Die twee dae was produktief gewees, en dit was lekker om almal weer te sien en verhoudings te bou - maar glo vir my, ek was gistermiddag na almal weg was lekker flou gewees!
In ander slegte nuus - Hendrik (my broer) se kar is Donderdag-aand voor die kerk gesteel! Ek was sommer baie onsteld toe ek die nuus verneem - Domminique was vir 8 jaar lank my wiele gewees en ek het gehoop Hendrik sou dieselfde vreugde uit die Blou Tazz kry. Toe ek en Gert net getroud was, was Domminique ons "grand" kar waarmee ons op wittebrood gegaan het. Ek onthou nog die vreugde toe Pa Jan die laaste bietjie wat ek op die kar geskuld het, afgeskryf het as troupersent - dit was bloedsweet om midde-in klerkskap soveel terug te betaal het as wat ek het. Weereens dankie Pa!
Domminique beteken "die Here s'n" so dalk kry die dief meer as waarvoor hy gebargain het! Wie weet wat is ons Pa se planne as dit by sulke goed kom :-) Maar dit bly maar 'n woeste slegte situasie, en ek kry vir Hendrik jammer wat nou sonder wiele sit...

5 comments:

Jan and Miekie said...

Sjoe Dorette, ek het nie besef dit was so 'n woesste affere nie! En gisteraand het jy nog so op en wakker gelyk! Ek is baie trots op jou: jy is 'n baie goeie ma en 'n agtermekaar bestuurder. Ek dink jou maatskappy kan bly wees hulle het jou gekry!

Dorette said...

Hi Ma! Dink ek was gisteraand nog op 'n high - verligting dat als goed afgeloop het EN om weer met Franco in daglig te kon speel!

Oor die werk? Ek probeer maar! Voel net soms ek het nog so baie om te leer. Maar my mpy is goed vir my - ek werk lekker, en is baie dankbaar daarvoor!

Charmaine said...

Hi Dorette, dit klink alles baie interessant en nou is ek baie nuuskierig oor die inhoud van al die aanbiedinge..:-) Ai die kardiefstalle so voor die kerk.. is dit nie absoluut soos 'n spitefull uitdaging nie. Ons het vriende in die Kaap wie se kar, met die besoekende predikant se tasse in, ook so voor die kerk gesteel is.

Sandra said...

Mens besef nie altyd hoeveel energie in beplanning en voorbereiding en aanbieding ingaan nie en die ou liggaam voel dit eers na die tyd.

Dorette said...

Charmaine - ek sal myself nie juis uitgegee as 'n "trainer" nie. Dit was maar boring goed, soos "Fraud - our strategy and prevention plan"; "New developments - Costing System" en so aan...Het darem so paar ysbrekers ingewerk om almal net wakker te hou :-)

Sandra - dis baie waar! As die adrenalien eers uitgewerk het, wil mens net zzzz