baby
Lilypie First Birthday tickers

Thursday, April 2, 2009

My hart wil smelt...

Daar is baie nuus om te vertelle, maar dis 'n onverwagse dol en hartseer week...

Gelukkig is daar 'n sekere kleinman in my lewe - hy en sy pa laat my hart sommer tjoklits klop!

Meneertjie is 'n klein klitsie en sy nuuskierigheid maak dat Mamma besig bly! As ons nie ons speelgoed die wereld vol ronddra nie, dan pak ons die tupperkas uit of verwoes 'n rol toiletpapier, smyt die arme plant om en of pak ons eie doeksak uit. Die doeksak-storie moet ons deesdae hoog wegbere en nogsteeds mooi kyk anders kom jy eers agter iets is soek as jy dit ver van die huis nodig het (hoog genoeg verander elke dag - om bloot die sak op die bank te tel werk nie meer nie!).

Hoe gaan die Flake advertensie? "One smile (bite), and all resistance crumbles"


Elke dag is ons meer seunskind, en minder babatjie..

Die assistente by die skool se bynaam vir Franco is "The King". Toe die skoolhoof vra hoekom, is die antwoord: "Want hy is die gelukkigste, gemoedlikste, happy-ste babatjie wat hierdie skool selde nog gesien het!"

Is dit moontlik dat jou hart terselfdertyd kan smelt van liefde en bars van trots?

11 maande, 1 week en 3 dae

4 comments:

Jan and Miekie said...

Ag Ouma se hart ook. So bly hy is nou so gelukkig en gesond. Dierbaarste seunskind!

Sandra said...

Ek sien hier kom moeilikheid vir julle Dorette, mens gaan moeilik nee se :-)

Charmaine said...

Dis die mooiste klein seuns gesiggie die Dorette. Jou hart kan maar smelt. Hulle word so vinning groot ne?

Dorette said...

Ma - ons dink ook hy is dierbaar!

Sandra - aan die moeilikheid wil ek eerder nie dink nie. Hy het my klaar pens en pootjies in die sakkie :-)

Charmaine - dis amper hartseer so vinnig hulle groot word. Ek kan skaars glo 'n JAAR!? is al amper verby. Maar Franco word net al ouliker hoe ouer hy word...