baby
Lilypie First Birthday tickers

Wednesday, April 8, 2009

Fotos van die naweek

Al was die rede vir die kuier 'n hartseer ene (sien inskrywing net voor die ene), was dit nogtans lekker om die familie te sien :-) Ons het so lekker gekuier, dat ek op die end baie minder fotos geneem het as wat ek gedink het ek het!
By die begrafnis-tee. Ons klein drool-machine :-)


Jaag my Lee-Anne! Besig met 'n kruipkompetisie


Die tee was in die dorpsaal gehou met die pragtigste verhoog. Franco en sy kleinnefie en -niggie het alte gou die gordyn ontdek en hope pret gehad! Die helder kinderlaggies was salwend op 'n seer gemoed. Die kleertjies was maar goed stowwerig, maar gelukkig maak Omo weer alles silwerskoon.

Soms was Meneertjie so haastig, hy het skoon geski op die verhoog


Waar's hy? Daar's hy! Graeme is Lee-Anne se ouboet en was wonderlik met die kleintjies



'n Poging tot 'n groepsfoto van die kleinnefies en -niggie. Van links na regs:

is 'n onwillige Lee-Anne (3 in Oktober), Graeme (9 jaar), Hannelize met Fouche (8 maande - tannie Sandy se skoondogter en enigste kleinkind) en Gert met Franco

Fouche verwonder hom aan Graeme wat as kwaai Ouboet vir Lee-Anne tot orde probeer bring en Franco oefen sy waai-tegniek. (Hy het agter gekom dit lok groot reaksie uit, en vir 'n paar dae was dit die nuutste thing om oor-en-oor te doen)

Probeerslag nommer twee. Lee-Anne is erens 'n pienk spikkel agter die gordyn
Fouche is 'n klein bulletjie, en is langer en swaarder as ons klein Aspatatie al is daar 3 maande verskil tussen die twee. Franco is duidelik my en Gert se kind! Reuse is ons nie :-)

Saam met Ouma en Oupa

Baie vroeg Sondag-oggend toe ons wou ry, besef ek skielik ons het so lekker gekuier dat ons nooit 'n foto van Franco saam met Ouma Elna en Oupa Lappies geneem nie! Skuus ons vang julle so in jul nagklere - maar 'n foto moes ons darem he!
Die afry deur die middag/aand was nie so sleg nie, en Franco was droomsoet (en groot dele in droomland!) - maar toe ons so kort na Donderdag weer die langpad aandurf was Boeta minder ingenome. Ons het maar kort-kort gestop en allerhande interessante plekke ontdek. Dink hierdie was by Kroonvaal.

Oom Hannes hou piekniek, en Franco toets die swaaie uit

Die piekniekmandjie het kersietamaties opgelewer, en ons wou kyk wat Franco daarmee maak. Soos verwag, gaan die nuwe fonds glad nie mond toe nie maar die handjies het als ywerig ondersoek.

Hmmm - wat is die? Kom ons slaan/druk dit dood! .

Na die eerste tamatietjie oopgebars is (en Gert lekker nat gesquirt is!), het Franco gedink dis 'n lekker speletjie en wou net nog en nog tamaties he. :-)


'n Nabyskoot van die gemors. Dankie tog vir afveedoekies!




Nog 'n tamatie seblief Mamma? Maar Pappa se NEE ;-)


Dis lekker besig by die werk - ons is altyd besig die tyd van die jaar, en April se baie vakansiedae is lekker, maar die deadlines skuif nie aan nie. :-)


Verder beplan ons lekker aan Franco se verjaarsdag-partytjie. Dis al Maandag! Gits! En behalwe vir almal uitnooi, het ek nog niks eintlik voorberei nie. Sal maar die naweek rondhardloop - en baie dankbaar wees vir Ouma Miekie wat wil help! Die verjaarsdag is eintlik eers die 23ste, maar ons hou dan bietjie vakansie (yeah!) en omdat Franco se ander Ouma en Oupa nou by ons sou kom kuier het, het ons die partytjie bietjie vroeer gemaak sodat hulle ook kon by wees. Maar nou ja, die Here het ander planne gehad en hulle help nou eers dinge in Middelburg uitsorteer.


Op 'n ander punt - is die Here se skeppingswerk nie ongelooflik nie? Minder as 'n jaar terug was Franco nog 'n pap babatjie wat nie eers kon glimlag nie (maar nogtans diep in ons harte gekruip het!). Deesdae is pure klein seuntjie wat al saam met maatjies kan saamspeel en saamlag! Noudat ek 'n mamma is, dink ek, ek verstaan effens beter van hoe lekker dit vir die Here moet wees as Hy sien hoe ons groei en ontwikkel (en hoe gefurstreerd Hy moet raak as ons deur ongehoorsaamheid daai ontwikkeling verlangsaam). En tog gee Hy nooit moed op met Sy kinders nie. Dankie Here! Vir U liefde, sorg en geduld. Dankie vir die blessing wat Franco is, en dat ek deur hom soveel lesse van U kan leer. Maak my hart sag en ontvanklik vir U stem, sodat daai lesse nooit verniet sal wees nie..

4 comments:

Jan and Miekie said...

Ouma se seunshart se punt! Hy's te dierbaar! Ek sien baie uit na die naweek. Sou ons Franco kon oorgee aan die "owerste"? Dink net hoe God gevoel het toe Hy sy seun oorgegee het!

Sandra said...

Hy's pragtig en daai glimlag gaan nog baie harte weekmaak.

Charmaine said...

Ek kan sien die kleinman is lekker besig. Dis so oulik dat hy so eksperimenteer en ontdek. Kosbare klein mensie en ons sien uit na die verjaardag fotos. Om een te word is darem baie belangrik

Dorette said...

Hi julle!

Die tyd vlieg so vinnig - ek hou skaars by! Dankie vir die inloer :-)