baby
Lilypie First Birthday tickers

Wednesday, March 18, 2009

Herfs is aan die kom!

Die oggende begin so bietjies-bietjies koeler raak, en laasweek het ons skielik agtergekom Seuna se langmoukleertjies pas al hoe meer na kortmoukleertjies :-) Na 'n uitstappie winkels toe, is ons nou (beter) voorbereid vir die koue fronte. Vanoggend vroeg het Meneertjie vir ons sy een pakkie gemodelleer. Kyk net hoe pose ons vir die kamera!


Wel hallo daar!

Cute? Wie ek?

'n Aartappeldrukprentjie vir mamma
Lekker week vir julle! 10 maande 3 weke

5 comments:

Jan and Miekie said...

Ag Ouma en Oupa se ou bulletjie! Dis die oulikste fotos - deps een vir volgende jaar se kalender!

Mariette. said...

Hierdie ou pragtige seuntjie van julle word nou so oulik en ek sien die hare kom mooi aan.

lekker naweek.

Sandra said...

Hy's sommer baie oulik en met so 'n groot glimlag!

Dorette said...

Ma - sal probeer onthou vir die kalender. Daar is net so baie cute fotos om van te kies!

Sandvlooi - is so bly iemand anders sien die hare ook raak! :-) Ons kyk terug na sy jonger fotos en staan verstom - 'n paar tandjies en haartjies en skielik lyk Franco soos 'n seuntjie!

Sandra - ons dink natuurlik ook hy is oulik :-)

Charmaine said...

Ag die kaalkoppie was net so pragtig.. maar hy het die haartjies nodig vir die kloue wat oppad is. :-)