baby
Lilypie First Birthday tickers

Sunday, January 18, 2009

Michael James se partytjie

Sjoe! Januarie is omtrent partytjie maand - en heelwat is van Franco se maatjies! Laasnaweek was Marli se 2de verjaarsdagpartytjie en Saterdag het klein Michael 'n jaar oud geword! (En Saterdag is die Carl se beurt om een te word) Ek en Gert is geseend dat ons heelwat vriende het wat se kinders min of meer so oud soos Franco is - saam kan ons baie lag en bid oor die roller coaster avontuur van ouerskap!


Baie geluk Michael! En baie geluk Mariska en Andrew dat julle die eerste jaar van ouerskap oorleef het! :-) Ons weet hoe hard het julle gewens vir hierdie outjie, en is saam met julle bly vir hom!
Ons gesinnetjie by Michael se partytjie. (Die partytjie het 'n army tema gehad dus die weermagtent en Franco se "army" pakkie)

Wat is in jou sakkie Franco? Kreatiwe Mariska was so fluks om vir elke maatjie sy eie persoonlike "rat pack" sakkie te maak.

Die eregas van die dag en sy pa Andrew maak persente oop.


Daar was soveel om van te kies! Jonathan was 'n baie flukse en ywerige helpertjie



Die was groot pret om die balonne te probeer vang as Pappa my in die lug opstoot!

'n Paar ander dinge:

Ons is in die huismark! Sal graag 'n plekkie bietjie nader aan die werkke wil kry, en ene met 'n groter tuin vir rondhardloop. Dis 'n groot besluit en 'n groot gebedsaak - bid seblief saam met ons! (En dis ook hoekom die blogging bietjie minder is - die eiendomwebsites kry nou voorkeur)

Raai wie se seuntjie is ek? Pa en seun hop op die immergewilde bal

Franco het Vrydag tand nommer 4 gesny! Seuna het nou 2 tandjies bo en 2 onder! :-)

Franco is nie 'n somermens nie, en kry baie swaar as dit kwik styg. Ons het laas die nat splash swembadjie op die plaas gelos, en die groot swembad by die huis is tans onder ph behandeling. Maar 'n Pappa maak 'n plan, en as dit nie anders kan nie, dan swem ons maar in die speelgoedhouer - sommer so twee keer op 'n dag. Franco deel nie sy Ma se geite nie, en gee glad nie om vir 'n gespattery nie. Hoe meer druppels vlieg, hoe groter die pret!

Mid-swem het Franco se boudjies geglip en sy kop vir 'n kwartsekond onder die water beland. Hier vertel hy sy Pappa hoe lekker dit was - bietjie geskrik, maar niks eers gehuil nie. Kyk net die tande!

Vol geselsies oor sy groot avontuur!


Ons tweede swem van die dag


Swem maak 'n man vaak en reg vir sy middagslapie


Kyk hoe mooi drink ek deesdae uit my sippy bekertjie!

Boetman sit deesdae in die hoe stoeltjie en eet! Maar dis gaan morsig, want Seuna se handjies word soos 'n magneet na die lepeltjie aangetrek. (Die borslap is met rede agterstevoor - die plastiekkant vee sommer met 'n lappie skoon, en mens sukkel dan nie met pampoenvlekke wat die mooi prentjies bederf nie)


Ons het soveel pret en elke dag is ons harte tot barstens toe vol van dankbaarheid oor ons kleine wonderwerkie wat sommer so in 'n oogknip grootword. Kan skaars glo die tyd glip so gou verby! Franco is al 8 maande en 3 weke oud

4 comments:

Jan and Miekie said...

Dankie vir die fotos! Nou weet ons ook hoe dit by die partytjie gelyk het! Franco se haartjies groei te mooi. Ons bid saam met julle oor die huiskopery. God sal julle na die regte huis stuur.

Muriel said...

Ag Dorette hy is darem regtig so cute, en word nou groot! Ek is mal oor die video's hy het die swemmery baie geniet!

Dit is die eerste keer dat ek die weermag tema sien, dis nou oulik en oorspronklik!

Geniet julle pragtige seuntjie!!! en sterkte met die huiskopery! Ek sal julle in my gebede opdra!
x x

Tamerin Mare said...

I like the picture of Franco and the balloons.

Dorette said...

Ma - sy haartjies het die laaste maand of wat woes baie gegroei. Die langer haartjies en tandjies bring al hoe meer die seuntjie in hom na vore - my babatjie word groot!

Muriel - dankie vir die saambid! Dis vir ons maar 'n groot ding. Ons dink ook hy word elke dag al hoe cuter!

Tamerin - thanks for visiting! Balloons facinate Franco and he can't get enough of them. :-)