baby
Lilypie First Birthday tickers

Monday, January 19, 2009

Nog fotos van die partytjie!

Mariska het nog so paar oulike fotos van die partytjie gemail - moes net met julle deel!

Kyk net almal se army klere!

Een kersie op die koek!

My hart se punt oppad na die ewig ontwykende kamera
8 maande 3 weke

4 comments:

Muriel said...

Te oulik uitgevat in hulle "army" klere :)

Sandra said...

My oudste het so 19 jaar terug toe hy 5 geword het ook 'n weermag partytjie gehad en toe het die manne die pa's se ou weermag browns gedra en daar is oorlog gemaak. Die dogtertjies was medics en aangetrek soos verpleegsters ens. Daai tyd was 'n gekamofleerde skoenboks die ratpack! Lekker terug gedink nou. Hierdie ouens het te oulik gelyk en miskien as hulle ouer is weer so 'n partytjie hou om te kan "oorlog" speel en hindernis doen ook :-)

Miekie said...

Dankie Mariska! En baie geluk met die kleinding se verjaarsdag! Te oulik. Sandra, Hendrik het ook 'n "recce" partytjie gehad toe hy 6 geword het. Hulle het omtrent oorlog gemaak. Daar was tot klappers in die sandput (Jan se toesig). Die soldate het geleopard crawl en geklouter oor die kommandonet tussen die klimrame. Voel nie eers so lank gelede nie, maar Hendrik word Donderdag 27!

Dorette said...

Muriel - die een dogtertjie se pakkie het verklaar: MISSION ADORABLE - te cute!

Sandra - dit klink te oulik! Ek sal maar al julle oulike idees bere vir wanneer Franco bietjie ouer is. Lyk my elke seuntjie verdien 'n weermagpartytjie erens in sy lewe!

Ma - ek onthou Hendrik se partytjie baie goed! Ek het nog my blou overall van die revue aangetrek, en net so hard saam gespeel. :-)