baby
Lilypie First Birthday tickers

Saturday, January 31, 2009

Soveel verjaarsdae en geen fotos :-(

Sjoe! Januarie was omtrent 'n besige maand vir ons wat verjaarsdae aanbetref. Dit was nog altyd 'n baie besige maand in die vriendekring, maar die jaar het daar 'n hele paar kleingoed ook bygekom!

Ek sukkel al 3 dae lank om te probeer fotos oplaai, maar lyk my my Blogger is vir eers gejinx. :-( Het iemand 'n idee hoe om dit te fix?

'n Paar onlangse verjaardae:

* Baie, baie geluk aan Gerhard en Marlize met die geboorte van klein Andre die 21ste! Op die fotos lyk hy pragtig, en ons hoop hy bring vir julle net baie vreugde! Geniet julle gesinnetjie van 4 :-)

* Die 22ste het Hendrik ook verjaar. 'n Volle 27 jaartjies jonk. Hendrik jy is 'n broer duisend, en ek is so trots op jou wat so mooi groot geword het. Nie elke sussie kan spog met 'n Boeta wat soveel liefde en compassion het met ander mense nie (en dan het jy nog sulke sexy kuite ook :-) Mag die jaar vir jou 'n goeie een wees, en mag jy net nader en nader aan Jesus groei. Ons is lief vir jou!

* Klein Carl Joshua het ook die 22ste sy eerste verjaarsdag gevier en Saterdag 'n regte Bob-the-Builder partytjie gehad met die mooiste koek. Franco het die partytjie so geniet - veral die sandput. Carl en Suzette baie geluk met Callie-man se verjaarsdag! Hy is 'n klein bulletjie met die mooiste groot oe en julle maak hom so mooi vir die Koninkryk groot. Dis 'n voorreg om so saam met julle ouers van 'n seuntjie te wees!

* Die 26ste was Frans/Hannes se beurt. (Gert se broer is Hannes vir die familie, en Frans vir die res van die wereld)Baie geluk met jou verjaarsdag Ouboet! Dankie dat ons soveel pret saam kan he, en so baie by jou kan leer. Jy spits jou daarop toe om elke jaar net meer en meer die man te word wat God beplan het jy moet wees, en dit wys! Jou passie waarmee jy God se plan vir jou lewe soek en dan daarvolgens lewe is so spesiaal. Hoop die nuwe jaar van net nog meer induik in God se liefde en genade.

* Sondag was ons op die plaas vir Hendrik se verjaarsdag en Franco het te heerlik met die honde gespeel. (Kyk op Ouma Miekie se blog vir fototjies)

* Vandag is dit Hannes se verjaarsdag-braai - ons hoop net die weer hou! Dit reen nou al 'n paar dae aaneen, en dis wonderlik. Ek is mal daaroor as die aarde so skoon en nuut gewas word.

Die fototjies sou die inskrywing ouliker gemaak het, maar nou is ons darem weer op datum met die belangrikste gebeure.

Here, die tyd vlieg so vinnig verby, en as ons ons oe knip is daar nog 'n verjaarsdag voor die deur. Ons kan skaars glo dat dit oor minder as 3 maande Franco se eerste verjaarsdag gaan wees! Dankie vir almal wat verjaar het, en vir die invloed wat hulle op ons lewens het. Gee vir ons die wysheid om die tyd uit te koop, en dat ons ons tyd sal spandeer op die dinge wat Ewigheidswaarde het. En dankie Here dat U ALTYD tyd het vir elkeen vir ons! Ons is lief vir U

9 maande

5 comments:

Mariette. said...

Wow, ja die tyd vlieg regtig verby, mens kan nie anders as om te wonder is dit nou verseker die tekens van die tye nie. Mens se gees weet dit eintlik of hoe?
Ek het net so gesukkel met my fotos ek moes dit op die ou end een vir een laai.-mensig dit het nou vir jou tyd gevat. ek sukkel nou weer om comments te los, maar nou ja ons kom daar....
My ou goggatjie verjaar oor 'n week dan is hy al 3jrtjies mens kan nie dink hulle word so gou groot nie.Maar hy is te oulik nou mens wil hom net opvreet.

geniet jou week
groete

Muriel said...

Baie geluk aan almal!

Ek het gedink dis net my lewe wat verby vlieg ek kry nie alles in my dae ingepas nie...

Die dat ek Saterdag oggend sit en blogs lees!!

Lekker naweek!

Ek het ook so gesukkel met blogger!

Sandra said...

Soos Mariette gese het probeer hulle maar een vir een, maar kyk ook by hulle "nuusbrief" en as daar nie iets gese word oor 'n foto probleem nie, kontak hulle. Die probleem word gewoonlik gou opgelos .... as dit nie die stelsels is nie.

Lekker naweek

Jan and Miekie said...

Dis al manier hoe ek fotos kan oplaai - een vir een - wens ek kon 'n paar op 'n slag oplaai. Dit sou baie tyd gespaar het! Ek hoop jy kry die foto ding gou uitgesorteer Dorette, maar dankie vir die nuus solank.

Dorette said...

Sandvlooi - die rekenaars kan mens soms maar lekker furstreer ne! Geluk met die amper 3de verjaarsdag!

Muriel - stem saam met jou. Dis verbasend hoe vinnig die tyd vlieg as mens so met die blogs besig is. Ek wonder hoekom? :-)

Sandra en Ma Miekie - dankie vir die raad! Lyk my die kombinasie van almal se raad en almal se goeie wense het toe tog die probleem laat verdwyn.