baby
Lilypie First Birthday tickers

Sunday, February 1, 2009

Foto-probleem gefix!

Die oplossing? Gits - ek weet nie. Het nou al soveel keer gewissel tussen Internet Explorer en Mozilla Firefox en ook die rekenaar se "cache" skoongemaak (soos aanbeveel deur Blogger se help funksie) maar niks wou werk nie. Vanoggend het ek weer probeer en ta-da : als is reg :-) Lyk my die aanhou, aanhou probeer het dus die ding gedoen.

Hier is so paar fototjies van klein Carl se Bob the Builder partytjie

Kyk net die mooi koek!


Carl en Suzette met hul Callie-man

Daar was 'n swembadjie vol balle, maar dis net soveel pret om te probeer uitklim!

Groot pret om in die sandput te speel Hoe meer sand hoe beter!

Kyk Mamma! Die sand is orals - my hande, mond, ore, doek en wat nog alles! Na soveel partytjies weet ek al hierdie blaas-ding moet in die mond kom. Ek kry nog nie self geblaas nie, maar ek kan al pose :-) Franco amuseer homself terwyl Mamma bietjie huis skoonmaak

Hannes se verjaarsdagpartytjie in die natuurresevaat. Ons het die kamera tuis vergeet, en die selfoon moes toe maar diens doen. Kyk net die modderhande! Na 'n week se reen was die aarde heerlik klam, en 'n woelwater wat WIL kruip en nie vasgehou WIL wees nie, het te heerlik in die modder gespeel en homself van kop tot tone besmeer. Dankie tog vir Omo :-)

9 maande 1 week

5 comments:

Jan and Miekie said...

Yeah! vir die fotos! Bly alles is weer reg - oulike fotos!

Mariette. said...

Dit is mooi fotos.
Dit lyk asof meneertjie homself baie geniet het!!

ek like daai bob koek!

lekker week

Dorette said...

Ma - is net bly ek kon die fotos uitgesorteer kry. Dit sou darem 'n boring foto-album wees as daar geen fotos in is nie!

Sandvlooitjie - Franco het homself gate uit geniet! Enige iets wat vuil smeer is groot bederf!

Sandra said...

Die kleinman word nou groot en 'n regte seuntjie

Muriel said...

Pragtige foto's