baby
Lilypie First Birthday tickers

Tuesday, February 3, 2009

Nie my beste 24 uur ooit nie

Sjoe! Wat 'n deurmekaar 24 uur - hoop nie daar le nog baie sulkes vorentoe op die lewenspad nie. Sal maar by die begin begin...



Ek is in die Kaap vir werksdinge die week. Was Sondag-aand so 20min reeds in die lug, toe die mikrofoon kraak "Ladies and gentelman, this is your Captain speaking....". Blyk toe dat een van die deure nie mooi seel nie, ons pressure verloor!?, en dat ons maar eerder gaan omdraai. Net na die aankondiging is ons deur woeste turbulensie - is seker die turbulensie het geen verband gehad met die deur wat nie seel nie, maar dit is maar erg skrikkerig om so te wip-wip deur die lug as jy nou net gehoor het daar is fout. Ek het maar baie gebid!



Die vroutjie langs my was heeltemal uitgefreak deur die storie en het vir die res van die rit met haar gesig in haar hande gesit en bid/huil/prewel. Die geleentheid om met haar te praat wou homself nie voordoen nie, maar ek sal aanhou om vir haar bid. Is ons Koningskinders nie bevoorreg nie? Al wil ek nie vreeslik graag nou doodgaan nie, weet ek dat ek weet dat ek weet - my lewe is Christus, en selfs die dood is 'n wins.



Ons was so 40min op die grond, toe kon ons darem weer opstyg sonder probleme. Die rede hoekom ons laterig Sondae-aande vlieg is om maksimum tyd saam met ons families te he, maar nogsteeds so te vlieg dat ons 'n volle nag se slaap inkry sodat ons kan skerp wees tydens al die vergaderings Maandag. Noddeloos om te se - die "land net voor 21h en is voor 22h by die hotel en in die bed" raak toe meer 'n "land net na 23h en is so 24h by die hotel". Fun times. En nie te bevordelik vir op en wakker wees nie. My gewone slaaptyd is nader aan 21h :-)



Maandag-more was ons skaars aan die gang, of Franco se skooltjie bel. Boeta het opgegooi, het koors en is vreeslik huilerig. Crack goes my heart. Nie die ding wat jy wil hoor as jy ver van die huis af is en jouself alreeds doodverlang nie.



Gert was gister self besig met belangrike vergaderings, maar het als gekanselleer en opsy geskuif en toe vir Bieliebam dokter toe gevat. Dis weereens mangelontsteking, en die keer is die oortjies ook erg rooi. Dejavu met antibiotika, koorsmedisyne en baie liefie en troos. My arme arme babatjie! En my arme man!



Gert was (soos altyd) 'n ster van 'n pa wat maar als in sy stride vat, maar toe ek gisteraand met hom gesels was hy maar flou. Dis woes om solo te vlieg met 'n siek seuntjie as jy self ook koorsig voel. (Gert het 'n geneigdheid om by sy seuntjie aan te steek - ek hoop nie dis weer die geval nie!) Sterkte my Engel! Jy weet ek is vreeslik lief vir jou en waardeer jou ne!



Laat gisteraand kom die sms deur: "Boeta het nou sy tweede asem teruggekry. Ons le nou en speel in die bed. Tot 'n bietjie gelag en gekruip. Ek dink die medisyne begin nou werk!" Prys die Here! Ek was lanklaas so bly oor 'n sms in die middel van die nag.



9 maande, 1 week

5 comments:

Jan and Miekie said...

Dank Vader elke dag is nie so nie! So dankbaar die vliegtuig het darem veilig geland! So sleg dat ons nie lekker kon praat nie. Die landlyn werk weer, maar hy kraak blykbaar so baie aan die ander kant, dat gesprekke maar moeilik gaan. (Het met Tannie Anelia gepraat en hulle het groot nuus.)

Charmaine said...

Ai Dorette, ek is ook net baie dankbaar dat alles goed afgeloop het. Na die ongeluk verede week is ek so sensitief vir hoe dun die lyn tussen lewe en dood is en hoe ons Pa ons beskerm en spaar vir mekaar. Sterkte vir die werk en dinge.

Muriel said...

Ek is ook bly julle is veilig!
Sterkte met alles!

Mariette. said...

Shoe dit klink na 'n nare ondervinding! Gelukkig was die Vader se Hand oor jou en jou manne by die huis.
Hoop Franco voel al beter.
Ek kan raad gee vir mangels behalwe gebed - My klien seuna het in sy eerste jaar elke 8-12 weke mangel ontsteeking gekry, en op 18 mnde wou die pediater dit laat uit haal omdat hy te veel antb. moes gebruik vir dit, en ek wou nie so vroeg dit laat doen nie, toe gee my ouma vir my die raad van tonselite- en van dat ek dit gebruik het hy dit nog nooit weer gehad nie. en die mangels het al duidelik sienbaar gekrimp in die keeltjie.
So jy kan dit ook dalk probeer, dis by alle apteeke beskikbaar. en ek gee dit vir hom sodra hy begin hoesserig raak of as ek hoor dat hy 'n drip in die keel het dan kry hy dit vir 'n dag lank.....

lekker week en mag dit 'n voorspoedige een wees.

Dorette said...

Hallo almal!

Ek is ook bly ek is veilig, en die manne by die huis so soortevan weer gesond. :-)

Sandvlooitjie - dankie vir die raad! Ek sal dit verseker moet uitprobeer vir Franco en vir Gert. :-)