baby
Lilypie First Birthday tickers

Sunday, February 15, 2009

Dag van Liefde

"Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het" 1 Joh 4:19
Ek en Gert is nie groot meedoeners aan Valentynsdag nie (bietjie te gekomersialiseerd en fake na ons smaak). Tog hou ons daarvan om mekaar met kwaliteittyd te bederf, en ietsie kleins te doen (al is dit dan nou glad nie hou die media Valentynsdag-vieringe probeer voorskryf nie!)
Die jaar was ons vir die eerste keer op die rooi dag 'n gesinnetjie van 3! Gert wou my bederf met 'n lekker ontbyt, en ons het gekies om die ontbyt te gaan geniet by 'n kwekery naby ons. Die eetplek is onder sulke groot akkerbome, en mens kan uitkyk oor die kinderspeelplek. Die vorige keer was Franco nog bietjie klein, maar die keer kon hy (net-net!) op van die swaaie ens. speel! Meneertjie het ons vroeg-vroeg Saterdag wakker gehad, en dit was netsowel want 8h15 was ons amper die enigste mense daar en kon ons lekker met Franco speel. :-)

Vroeg-vroeg begin die bederf al. Om saam met Pappa te bad is groot groot pret!
Franco was nie so seker van die (vuil!) springkasteel nie Die groot trampolien was meer na Boeta se smaak

Hallo blogland! Ek raak nog gewoond aan die glyplank ding!


Die eendjies op die dam was nie vir lank interessant nieFranco was maar eers lugtig vir die boerbokke

Vinnig is daar maatjie gemaak, en die klein Prins vertel laaaang stories aan sy nuwe vriend.


Seuna se benadering tot die boerbokke was vir ons skreeusnaaks. Aanvanklik het die hele lyfie skoon geruk van spanning. Toe ons hom wou wegvat (om hom 'n skrik op die lyf te jaag is die laaste ding wat ons wou he!), toe protesteer Meneertjie luidkleels. Skrikkerig of te nie, Franco het met alle mag vorentoe gebeur - aan die bokkie wil hy vat! Dit het so paar probeerslae gekos, maar hy het dit ten einde laaste reggekry - en toe is hy vreeslik trots op homself. Ek was skoon aangedaan - my babatjie raak by die dag meer 'n dapper seunskind, en wil al klaar die wereld begin verower!

Op die zebra skoppelmaai - Franco was bietjie deurmekaar, en het heeltyd brrr-brrr geluidjies gemaak. Spesiaal vir Oupa Jan - Oupa se bulletjie op 'n Blou Bul motorfietsie. (Natuurlik toe is die broem-broem geluidjies skoonveld, en Boeta vreeslik geamuseerd met sy Pa wat so staan en broem-broem..)

Saterdag-aand was ons plaas toe vir Oupa Jan se verjaarsdag-vieringe. Wat 'n dag! Eers was daar 'n dief wat in die bosse kom wegkruip het, en al die mans in die omgewing cowboys-en-crooks (Pa Jan se woorde) gespeel het om hom te probeer vang. Toe net voor ete, sien Thelwyn 'n slang in die spaarkamer - die kamer waar die babas moet slaap! Toe moes al die mans weer probeer om die slang te vang. Ek was baie bly dat ek nie 'n man is nie - sal baie eerder slaai maak in die kombuis! Gelukkig was almal darem ongedeerd - al was groot furstrasie toe die dief wegkom, en die slang nie opgespoor kon word nie.


Terwyl daar slaai gemaak is, het Franco en Martelize onder Gert se wakende oog met die honde gespeel (Martelize haal haar nefie in - hulle tweetjies is nou al amper ewe groot!)


Ma Miekie het baie moeite gedoen met die ete - en na al die drama van die dag was die Hartjie-my-liefie hoenderpastei 'n groot bederf! Dankie Pa dat jy verjaar het, en dankie Ma vir al die lekker kos! Dit was lekker om julle op die dag van liefde ook te kon liefhe!

Al die girls was in rooi opgetof vir die spesiale ete! Is Juffroutjie nie te skattig nie? Martelize en haar nefie was albei die laaste week of wat woes verkoue, en het te heerlik hulle mammas aangesteek - verskoon tog maar die waterige ogies!

My liefie-liefie kind, ek hoop jy het jou eerste Valentynsdag sommer baie geniet! Ek hoop jy sal sommer op elke Valentynsdag omring wees met mense vir wie jy lief is, en wat jou liefhet. Maar mag jy vroeg-vroeg reeds besef dat liefde soveel meer is as die goedkoop ding wat die wereld daarvan maak: "God is liefde; wie in die liefde bly in God en God bly in hom. Hierin het die liefde sy doel volkome met ons bereik: ons het niks te vrees vir die oordeelsdag nie, want in hierdie wereld lewe ons reeds deur die liefde net soos Jesus.. "1 Joh 4:16,17

9 maande 3 weke

7 comments:

Charmaine said...

So lekker gelees aan die inskrywing en saam bewoe gevoel omdat Franco sy vrese so oorkom... is dit nie amazing nie... en daat julle hom toelaat om dit te doen en te sien hoe hy innerlik sterker word. Dis amazing Dorette

Dorette said...

Charmaine - my eerste instink was om hom te gryp en teen my hart vas te druk toe hy so skrikkerig was! Maar ek weet, as ek nie (binne perke!) my kind toelaat om die grense te verskuif nie, gaan geen groei plaasvind nie. En toe hy dit regkry!!! My hart wou bars van trots - Franco se hoogtepunte is my hoogtepunte. :-)

Muriel said...

Ek het die video baie geniet! Franco word nou so oulik en julle het baie mooi gelyk in die rooi klere!!!

Lekker week

Dorette said...

Muriel Hie-hie oor die rooi klere! Ek het grootgeword in 'n huis waarin daar gereeld opgedress is - hetsy vir impromtu konserte, verjaarsdae, Kersspel watookal. Fun times. Die twee skoonseuns vind dit nog so effens vreemd, maar is darem nogsteeds lief vir ons!

Sandra said...

Ek kan sien dit was 'n baie spesiale dag vir julle. Elke blog is klein Franco bietjie groter!

Mariette. said...

Julle het waarlik 'n opwindende dag gehad, ek't lekker gekuier.
lekker week vir julle 3!

Dorette said...

Sandra & Sandvlooitjie - Franco groei by die minuut! Elke dag is daar nuwe dingetjies wat nie gister daar was nie. :-)

Hoop julle het ook 'n lekker week gehad