baby
Lilypie First Birthday tickers

Tuesday, August 26, 2008

Funny bunny Franco!

Tannie Thelwyn en kleine Martelize het Vrydag-oggend vir ons kom kuier (yeah vir die een ou maandjie wat ons kraamverlof oorvleuel!)

Ek en sy (en die kiddos) het ietsie gaan nuttig by 'n kwekery se teetuin. Die oomblik was vir my bittersoet, want die enigste ander keer wat ek al daar was, was saam met Gert so +- 'n jaar gelede. Daai Saterdag-more was ons amper die enigste kinderlose paartjie daar (die teetuin kyk uit oor 'n speelparkie, en dus is daar heelwat ouers wat ietsie nuttig terwyl hulle kyk hoe die kleingoed speel). Daardie dag het ons ons voorgeneem dat ons eers weer sou gaan as ons ons eie kleinding het, en nou is ons al daar!

Energeval, na die teedrinkery was beide Franco & Martelize uitgeknikker en kon ons nie vir hulle die klein perdjies, eende ens. gaan wys nie. Ook maar goed so, want ons moes huis toe wikkel voor voedingstyd!

By die huis het ons altwee gevoed, en ek is op boontoe om die prins se doek te ruil. Toe ons afkom, was Martelize besig om al hikkende die windjies uit te stoei. Daar moes iets besonders aan die fyne newbron ie-ie hikkies gewees het, want toe ek en Boeta langs hulle plaasneem, het Franco een kyk na sy niggietjie gegee en uitgebars van die lag! Dit was die heel eerste keer dat ek hom hoor lag het, en die uit-die-maag uit laggies was super-spesiaal!

(Hoop maar Martelize is te klein om te onthou van haar ongeskikte nefie wat die heel eerste keer wat hy haar behoorlik raakgesien het, in haar gesig vir haar gelag het!)

Dankie Here dat U ons bless met laggies wat die dag sommer ophelder! Dankie dat U ons geskape het met 'n humorsin, en dat ek en my seuntjie dit sommer vroeg-vroeg al kan deel. En Here, as dit vir U so lekker is om my te hoor lag as wat dit vir my is om Franco te hoor, sal ek regtig probeer om meer gereeld uit my maag uit te lag. :-)

(1 dag voor 4 maande)

2 comments:

Tamerin Mare said...

Thank you that you came to my tea party. Franco is very nice!

Dorette said...

Hi Tamerin!

We enjoyed the tea party so much! Just sorry the pool was that little bit to big! :-)

Thanks again for having us over