baby
Lilypie First Birthday tickers

Wednesday, August 27, 2008

4 Maande en raai wat!

Nie die beste foto nie - maar kyk hoe sit ons!

'n Paar weke gelede het Ouma Miekie agtergekom hoe sterk Franco eintlik sit as jy hom vashou. Sy stel toe voor ons gaan haal die halfmaan-kussing en kyk wat maak hy. Franco het heel oulik vir 'n paar sekondes in die kussing gesit, en toe omgedons. My mond het oopgehang - my kleine babatjie is vinnig oppad om 'n grote seunskind te word! En 31/2 maande was darem vrek vroeg om al te sit (al is dit net ampertjies, en nog nie sit-SIT nie!)


Natuurlik toe ek vir sy Pa wou wys hoe oulik dit is, wou Woeliekous Franco glad niks weet van stilsit nie. Veel eerder rondwikkel en skop-skop. Ek dag dis die einde van die ampertjie sittery vir eers...


Gister en vandag wou Franco egter meer geredelik stil sit - en kyk nou net! Hy is nog maar baie onvas, en die half-platgevoude pannekoek posisie is nou nie juis elegant nie - maar ons kom daar! Die bietjies-bietjies wat hy op sy eie sit raak al hoe langer (dis nou solank Ma 'n vreeslike song & dance doen om sy aandag af te trek; die oomblik wat hy agterkom jy het sy lyfie gelos dop hy om!) :-)
Dalk werk dit beter met die kussing

Nee wat Mamma! Genoeg is genoeg vir een dag! Kyk eerder vir my somerklere in die Augustus hittegolf :-)

4 maande, 1 week oftewel 18 weke

2 comments:

Mariette. said...

Ek het jou blog geniet Dorette, ek gaan beslis weer kom inloer en kyk hoe voder Franco.Ek geniet die feit dat jy hom so geniet. Dit is presies hoe ek oor my woelwater voel. en glo my hy weet dit.
Hoe geseend is ons nie om so groot geskenk van ons Vader te kon kry nie?
Geniet hom hulle word te gou groot.

Dorette said...

Hulle is voorwaar kosbare geskenkies, en word gans te vinnig groot! :-)