baby
Lilypie First Birthday tickers

Tuesday, August 19, 2008

My nuwe speelding!

Franco raak nou AL meer geintreseerd in speelgoedjies. Hy verskaf ure van "cheap entertainment" vir my en Gert - dis te kostelik om hom op sy speelmat (of baby gym) te sien soos wat hy na die speelgoed skop en slaan. Dis al 'n rukkie wat hy 'n rateltjie vashou, maar die laaste week of wat het die tye wat hy sy rateltjie vashou AL langer begin word. Ons het egter die idee gekry dat hy nog langer sou speel met die rateltjie, as die ding nie so swaar was nie.
Na ons eendag vir hom 'n strooitjie in 'n restuarant gegee het om vas te hou en dit 'n groot treffer was, het ek al meer begin wonder oor wat ons vir hom kon gee wat tegelyk lig en veilig was (Strooitjies, pypskoonmakers ens. het als skerp punte en ek was bang hy maak homself daarmee seer).
Vrydag-middag het ek tydens 'n opruim sessie op 'n ou tandeborsel afgekom. Eureka! 'n Liggewig item met 'n dun steeltjie en geen skerp punte nie!
Vrydag-aand het ons op die plaas vir Ouma Miekie en Oupa Jan gaan kuier - nuwe speelding natuurlik ingepak. Ouma Miekie het toe voorstelle gehad om die tandeborsel bietjie interessanter te maak, en ons het toe vir die tandeborsel 'n strik gesny uit 'n geel plastieksak. Franco was in sewende hemel!

Kyk my nuwe speelding!

Nee! Jy kan nie ook met my tandeborsel speel nie - kry jou eie!

In vandag se tye moet jy selfs in jou slaap jou kosbaarhede bewaak


NS - ons het Saterdag 'n winkeltjie opgespoor wat wel liggewig rateltjies verkoop, en 2 tot Franco se versameling gevoeg, maar die tandeborsel met die strik bly 'n gunsteling!


16 1/2 weke

2 comments:

Tamerin Mare said...

Franco you look nice!
Can we visit again?

Dorette said...

Tamerin

You are most welcome to visit! We enjoy the company1