baby
Lilypie First Birthday tickers

Sunday, August 31, 2008

More is D-dag

More is my kraamverlof amptelik verby :-( Ek kan skaars glo dis 4 1/2 maande wat ek weg was van die werk - dit voel soos 'n oomblik!

Ai Boeta! Waar kan Mamma begin om dankie te se vir die laaste paar maande? Ek geniet jou so-so baie, en staan verstom oor hoeveel jy al gegroei en ontwikkel het. Die dag toe ek jou (uiteindelik!) in lewende lywe ontmoet het, was jy 'n brose, kleine pasgebore seuntjie; nou is jy al 'n yslike bondel baba-energie vol persoontlikheid! In die begin het jy net gevoed en geslaap, nou is jy AL hoe meer wakker en spelerig. Ek en Pappa dink gereeld jy kan nie nog ouliker word as wat jy reeds is nie, en net die volgende dag verras jy ons met ietsie nuuts wat maak dat jy net nog dieper in ons harte inkruip.

Soms dink ek, ek sien 'n glimps van Pappa of myself in jou, ander kere verras jy my met ietsie heel onverwags - 'n handgebaartjie, uitdrukking of laggie wat net aan jou behoord! Hierdie unieke Franco dinge (soos dat jy amper nooit stilsit nie en heeltyd wil perdjie ry, of hoe jy sug van lekkerkry as ons jou in die bad tel of die kyk in jou ogies as jy hard konsentreer of vreeslik opgewonde is) maak jou super-spesiaal! Dis die Skepper se vingerafdruk op jou - bewyse van hoe kunstig en kreatief Hy jou aanmekaar geweef het toe jy nog in Mamma se magie was.

Dalk is dit gepas dat dit more lente-dag is. Die eerste dag van 'n nuwe seisoen in ons albei se lewens - Mamma as 'n werkende mamma, en jy as 'n oulike lid van die Vissieklas. My hart is maar hartseer, want ek weet nuwe seisoene kom nie sonder groeipyne nie en elke nuwe ding bring noodwendig 'n afskeid van sekere ou dinge saam. Maar as ons nie los dit wat agter is nie, dan mis ons uit op die blessings van die nuwe seisoen. Mamma gaan baie verlang, maar hoop jy speel so lekker met die maatjies dat die daggie sommer vinnig verbyvlieg! Ek is lief vir jou my kind...

3 comments:

Jan and Miekie said...

Ag Gert En Dorette
Baie sterkte vir more! Ons bid vir julle!! Ek gaan dit mis om jou nie meer heelmiddag by die huis te he nie. Die tye wat ek kon inloer vir koffie en speel met Franco en gesels met jou was baie kosbaar. Maar wat, ons sal 'n plan maak. Een ding is seker: ons wil Franco nob baie gereeld sien. Ek is nog koorsig en voel oes,so sal vir eers wegbly tot ek heel beter is - gou hoop ek! Sy ou fototjies is kosbaar - veral die van die sittery. Ek is so trots op hom!

Barbara said...

Hello!
I found your blog on billmissandbrood - I do not know how to convert your blog to English so I am unable to read it but you obviously know how to read & write it! Your baby is beautiful.
How fun to see your post from another part of the world.

Dorette said...

Hi Barbara!

Sorry my blog is in the heavenly language of Afrikaans! :-)

Can you imagine how beuatiful it must sound in heaven hearing praises from all the beutiful languages?

Thanks for visiting!