baby
Lilypie First Birthday tickers

Friday, August 29, 2008

Eerste skooldag!

Met die dat ek Maandag weer moet terug werk toe, het Franco gister en vandag vir so paar uurtjies by die skooltjie gaan kuier.
Voor die tyd: so koel soos 'n komkommer in een van sy Ouma Elna truitjies
(Sy borslap se - Thank heaven for little boys - ons hart se punt van die hemel af gebid!)

Dit was baie swaar om hom daar te los! En nee - ek het nie gehuil nie, maar dit was maar hard sluk aan die knop in my keel. (Franco het sommer dadelik begin koer vir die juffrouens, en min gespin gewees met Ma wat skoon tranerig is) Die skooltjie se personeel het voorgestel ek moet erens 'n koffietjie of so inwerk, en 'n bederf-dingetjie vir myself koop. Kon my egter nie keer nie, en het die heel oggend in die winkels se baba-afdelings gebrowse, en op die ou end speelgoed en klere vir Boeta gekoop...

Na die tyd: Wat is nou so erg aan skool Ma? Ek is so gelukkig as wat kan kom!

Franco was erg besig om homself te verwonder aan die ander babas (3) toe ek daar aankom, en het nie eers besonders bly gelyk om my te sien nie. Nie goed vir my ego en verlangende hart nie, maar hopelik is dit eerder 'n teken dat hy die aanpassing gaan maklik vind.

Boeta was vol geselsies oor sy eerste skooldag!

Ag Here! Maandag is 'n groot dag vir ons gesinnetjie, en ek is maar benoud oor hoe dinge gaan uitwerk. Maar U ken my hart, en U ken my en Gert se drome. Dankie dat ons altyd ons harte by U voete kan kom uitstort, en weet dat U luister. Maak seblief die pad voor ons gelyk, en dat die aanpassing vir ons al 3 glad sal verloop. Dankie dat U ons gehelp het om plek te kry in 'n oulike skooltjie, met personeel wat ons venote wil wees om 'n gelukkige, self-standige seuntjie groot te maak. Maar bowenal Here, is ons grootste gebed dat ons 'n seuntjie sal grootmaak wat U ken en vir U Koninkryk lewe.

18 1/2 weke

1 comment:

Mariette. said...

Shoe Dorette. ek weet nie of ek moet lag of huil vir jou part nie. Ek moet se jy is baie sterker as ek. Hier waar ons bly moet die kinders op 3jr begin skool gaan en dit le soos 'n berg voor my. Ek weet dit gaan goed wees vir my klein Christiaan maar ekt regtig gehoop om hom hier by my te kon het tot tenminste 5jr, Maar vir nou moet ek hom maar by my geniet want ons het nog net 'n paar maande voor die groot dag.
...Sterkte vir maandag, en ons Bid saam julle!
Franco geniet jou nuwe maatjies hoor!

Groetetjies
Maiette