baby
Lilypie First Birthday tickers
Showing posts with label partytjies. Show all posts
Showing posts with label partytjies. Show all posts

Sunday, February 1, 2009

Foto-probleem gefix!

Die oplossing? Gits - ek weet nie. Het nou al soveel keer gewissel tussen Internet Explorer en Mozilla Firefox en ook die rekenaar se "cache" skoongemaak (soos aanbeveel deur Blogger se help funksie) maar niks wou werk nie. Vanoggend het ek weer probeer en ta-da : als is reg :-) Lyk my die aanhou, aanhou probeer het dus die ding gedoen.

Hier is so paar fototjies van klein Carl se Bob the Builder partytjie

Kyk net die mooi koek!


Carl en Suzette met hul Callie-man

Daar was 'n swembadjie vol balle, maar dis net soveel pret om te probeer uitklim!

Groot pret om in die sandput te speel Hoe meer sand hoe beter!

Kyk Mamma! Die sand is orals - my hande, mond, ore, doek en wat nog alles! Na soveel partytjies weet ek al hierdie blaas-ding moet in die mond kom. Ek kry nog nie self geblaas nie, maar ek kan al pose :-) Franco amuseer homself terwyl Mamma bietjie huis skoonmaak

Hannes se verjaarsdagpartytjie in die natuurresevaat. Ons het die kamera tuis vergeet, en die selfoon moes toe maar diens doen. Kyk net die modderhande! Na 'n week se reen was die aarde heerlik klam, en 'n woelwater wat WIL kruip en nie vasgehou WIL wees nie, het te heerlik in die modder gespeel en homself van kop tot tone besmeer. Dankie tog vir Omo :-)

9 maande 1 week

Saturday, January 31, 2009

Soveel verjaarsdae en geen fotos :-(

Sjoe! Januarie was omtrent 'n besige maand vir ons wat verjaarsdae aanbetref. Dit was nog altyd 'n baie besige maand in die vriendekring, maar die jaar het daar 'n hele paar kleingoed ook bygekom!

Ek sukkel al 3 dae lank om te probeer fotos oplaai, maar lyk my my Blogger is vir eers gejinx. :-( Het iemand 'n idee hoe om dit te fix?

'n Paar onlangse verjaardae:

* Baie, baie geluk aan Gerhard en Marlize met die geboorte van klein Andre die 21ste! Op die fotos lyk hy pragtig, en ons hoop hy bring vir julle net baie vreugde! Geniet julle gesinnetjie van 4 :-)

* Die 22ste het Hendrik ook verjaar. 'n Volle 27 jaartjies jonk. Hendrik jy is 'n broer duisend, en ek is so trots op jou wat so mooi groot geword het. Nie elke sussie kan spog met 'n Boeta wat soveel liefde en compassion het met ander mense nie (en dan het jy nog sulke sexy kuite ook :-) Mag die jaar vir jou 'n goeie een wees, en mag jy net nader en nader aan Jesus groei. Ons is lief vir jou!

* Klein Carl Joshua het ook die 22ste sy eerste verjaarsdag gevier en Saterdag 'n regte Bob-the-Builder partytjie gehad met die mooiste koek. Franco het die partytjie so geniet - veral die sandput. Carl en Suzette baie geluk met Callie-man se verjaarsdag! Hy is 'n klein bulletjie met die mooiste groot oe en julle maak hom so mooi vir die Koninkryk groot. Dis 'n voorreg om so saam met julle ouers van 'n seuntjie te wees!

* Die 26ste was Frans/Hannes se beurt. (Gert se broer is Hannes vir die familie, en Frans vir die res van die wereld)Baie geluk met jou verjaarsdag Ouboet! Dankie dat ons soveel pret saam kan he, en so baie by jou kan leer. Jy spits jou daarop toe om elke jaar net meer en meer die man te word wat God beplan het jy moet wees, en dit wys! Jou passie waarmee jy God se plan vir jou lewe soek en dan daarvolgens lewe is so spesiaal. Hoop die nuwe jaar van net nog meer induik in God se liefde en genade.

* Sondag was ons op die plaas vir Hendrik se verjaarsdag en Franco het te heerlik met die honde gespeel. (Kyk op Ouma Miekie se blog vir fototjies)

* Vandag is dit Hannes se verjaarsdag-braai - ons hoop net die weer hou! Dit reen nou al 'n paar dae aaneen, en dis wonderlik. Ek is mal daaroor as die aarde so skoon en nuut gewas word.

Die fototjies sou die inskrywing ouliker gemaak het, maar nou is ons darem weer op datum met die belangrikste gebeure.

Here, die tyd vlieg so vinnig verby, en as ons ons oe knip is daar nog 'n verjaarsdag voor die deur. Ons kan skaars glo dat dit oor minder as 3 maande Franco se eerste verjaarsdag gaan wees! Dankie vir almal wat verjaar het, en vir die invloed wat hulle op ons lewens het. Gee vir ons die wysheid om die tyd uit te koop, en dat ons ons tyd sal spandeer op die dinge wat Ewigheidswaarde het. En dankie Here dat U ALTYD tyd het vir elkeen vir ons! Ons is lief vir U

9 maande