baby
Lilypie First Birthday tickers

Tuesday, January 20, 2009

Skeerroom!

Franco se pappa is sy held! (Soos dit mos hoort!) Elke oggend is Boeta vroeg-vroeg wakker, en ons bring hom dan na ons kamer toe. Ekke probeer dan so ekstra cuddle met die prinsie inkry, terwyl Gert solank opstaan en klaarmaak. Deesdae is die cuddle nie meer die grootste bederf nie - eerste prys is as Bieliebam in verwondering kan sit en kyk hoe Gert skeer.
Gistermiddag het ek gekyk wat maak die klein Prins as hy sy eie beurt met die magic white fluffy stuff kry :-)
Aanvanklik was Franco skepties, en het eers net die saak met een handjie ondersoek.
Franco het so hard probeer om die wit goed met die een handjie van die ander handjie af te haal, dat sy neus ook in die slag gebly het

Toe word daar boedel oorgegee, en word die spulletjie met groot entoesiasme doodgeslaan.


Die finale "kunswerk" - tot die een voetjie was in die slagveld


Hande afvee was skielik net so interessant (al doen ons die na elke ete!)


Vroeg vanaand: Groot pret om te staan en kyk hoe die badwater intap


Always smile.....Ons Blou-oog modelleer sy nuutste tandjies
Ai Gogga-patata! Daar is soveel kosbare oomblikke met jou saam - elke dag is daar nuwe dinge! Jy maak jou mamma se hart sommer week - of sy jou jammer kry as jy soos gisteraand skrik vir die donderweer of saam met jou kraai van die lag as ons peek-a-boo speel en jy jouself in die spieel ontdek. Saam met elke nuwe mylpaal en nuwe ontdekking staan ek net verstom en besef hoe GROOT die Here is - dat Hy uit 2 klein selletjies die mensie kon skep wat Franco is. 'n Mensie met jou eie gedagtes, jou eie voorkeure en jou eie unieke dingetjies. Woorde is daar nie om die GROOTSHEID en die GOEDHEID van die Here te besing nie! Mamma wens dat jy dit self eendag sal ervaar..
3 slapies voor 9 maande
(Ps - vanaand is Amerika se eerste swart president ingelyf. Al sal jy dit nie kan onthou nie, sal jy darem kan se jy was daar toe die geskiedenisboeke herskryf is, en het saam met Pappa en Mamma gebid dat Jesus vir Barack Obama sal lei)

8 comments:

Jan and Miekie said...

Ek weet nie wat Gert kleintyd van vingerverf en so-aan gedink het nie, maar jy was gek na enige iets wat kon mors - by speelgroep altyd die eerste een om die nuwe pikswart riviermodderklei, glibberige vingerverf ens. uit te probeer. Dit lyk my Franco aard na jou. Wonder wat hy sal maak as hy sy Fissan pasta in die hande sou kry. Jou foto-album wys wat jy daarmee gemaak het....!

(NS. Die "word verification" is anticks)

Muriel said...

Whahaha nou dis 'n nuwe manier om die mannetjie besig te hou! Ons almal wat hier kuier is besig om vreeslik lief te word vir Franco!!
Ek bid ook vir Obama en het baie van sy inhuldigings toespraak gehou! Hy het 'n groot taak wat voorlĂȘ!

Charmaine said...

Ai Dorette, julle kleinman is te pragtig. So vrolike gelukkige klein mannetjie... met 'n hele klomp tande ook. ;-) Die skeerseepspelery lyk so lekker mens wil sommer saamspeel

Sandra said...

Ek sien hy kom mooi reg met die skeerroom-verf. Kan jy dink wat hy daarmee in die huis sal kan doen -- alles mooi wit en skoon :-)

Dorette said...

Hi Ma! Mors - wie ekke? Nooit gesien nie! ;-) (Maar ek tog Hendrik was in 'n klas van sy eie as dit by mors kom..)

Muriel - ons is net so lief vir ons Kleinman! Hy word net ouliker by die dag. Die wereld verander vinnig jong, en partykeer voel ek of ek skaars byhou. Gelukkig ken ek die Een wat altyd in beheer is!

Charmaine - hy het die skeerroom vreeslik geniet! Ons probeer maar kort-kort iets nuuts uitdink om hom besig te hom, want die mannetjie is omtrent besig! Net jammer die aandagspan is nog so kort..

Sandra - wit en skoon klink nie te sleg nie, maar die taai wat daarmee saamgaan kan dalk 'n probleem wees. Dink hy moet maar liewers in sy stoeltjie vasgemaak word!

Tamerin Mare said...

Franco is a very nice boy.

Dorette said...

Hi Tammy!

We also think Franco is such a handsome little boy!

Keep well :-)

Mariette. said...

Ag dit lyk na lekker speel.
dit is te wonderlik om te sien hoe hulle dinge geniet wanneer hulle vir die eerste keer ondek.

lekker week en geniet jou klien man