baby
Lilypie First Birthday tickers
Showing posts with label Glimlaggies. Show all posts
Showing posts with label Glimlaggies. Show all posts

Tuesday, January 20, 2009

Skeerroom!

Franco se pappa is sy held! (Soos dit mos hoort!) Elke oggend is Boeta vroeg-vroeg wakker, en ons bring hom dan na ons kamer toe. Ekke probeer dan so ekstra cuddle met die prinsie inkry, terwyl Gert solank opstaan en klaarmaak. Deesdae is die cuddle nie meer die grootste bederf nie - eerste prys is as Bieliebam in verwondering kan sit en kyk hoe Gert skeer.
Gistermiddag het ek gekyk wat maak die klein Prins as hy sy eie beurt met die magic white fluffy stuff kry :-)
Aanvanklik was Franco skepties, en het eers net die saak met een handjie ondersoek.
Franco het so hard probeer om die wit goed met die een handjie van die ander handjie af te haal, dat sy neus ook in die slag gebly het

Toe word daar boedel oorgegee, en word die spulletjie met groot entoesiasme doodgeslaan.


Die finale "kunswerk" - tot die een voetjie was in die slagveld


Hande afvee was skielik net so interessant (al doen ons die na elke ete!)


Vroeg vanaand: Groot pret om te staan en kyk hoe die badwater intap


Always smile.....Ons Blou-oog modelleer sy nuutste tandjies
Ai Gogga-patata! Daar is soveel kosbare oomblikke met jou saam - elke dag is daar nuwe dinge! Jy maak jou mamma se hart sommer week - of sy jou jammer kry as jy soos gisteraand skrik vir die donderweer of saam met jou kraai van die lag as ons peek-a-boo speel en jy jouself in die spieel ontdek. Saam met elke nuwe mylpaal en nuwe ontdekking staan ek net verstom en besef hoe GROOT die Here is - dat Hy uit 2 klein selletjies die mensie kon skep wat Franco is. 'n Mensie met jou eie gedagtes, jou eie voorkeure en jou eie unieke dingetjies. Woorde is daar nie om die GROOTSHEID en die GOEDHEID van die Here te besing nie! Mamma wens dat jy dit self eendag sal ervaar..
3 slapies voor 9 maande
(Ps - vanaand is Amerika se eerste swart president ingelyf. Al sal jy dit nie kan onthou nie, sal jy darem kan se jy was daar toe die geskiedenisboeke herskryf is, en het saam met Pappa en Mamma gebid dat Jesus vir Barack Obama sal lei)

Thursday, July 10, 2008

Wie is die oulike seuntjie in die spieel?

Ons begin oor die verkoue te kom - prys die Heer! Het 'n neussproei ontdek wat blyk redelik effektief is, so ons gebruik dit 'n paar maal per dag. Arme Franco pes die neussproei en protesteer luidkeels daarteen. Ek begin verstaan wat my ouers al die jare bedoel het" "Dit maak my seerder as vir jou my kind. En dis vir jou eie beswil" ;-)

'n Sure fire aandag aftrekker van neussproei ontsteltenis, is om Franco voor die spieel te jou. Seuna is baie ingenome met die oulike seuntjie wat terugweerkaats, en kan nogals 'n rukkie lank lag en gesels met die nuwe maatjie. Dis te cute! Franco se eerste glimlaggies was op 3 weke, maar dit raak al meer op gepaste oomblikke. Die laaste week of wat het hy ook defnitief meer begin "gesels" met ons. My hart raak sommer week as hy daai tandlose glimlag uitpak as jy "Hallo Franco" se. Sy ogies (of is dit myne) begin sommer skitterliggies inkry.

Dankie Here vir die voorreg om te kan mamma wees vir so spesiale seuna! En dankie vir glimlaggies om al die verkoue-swaarkry oomblikke te laat verdof!