baby
Lilypie First Birthday tickers

Sunday, October 12, 2008

Die inval van die geel...

Na so baie van siek wees, het die plaas se mense darem vreeslik verlang na die klein prinsie! Ons het vanmiddag daar gaan kuier, en dit was 'n full house met al 3 ons kinders, 2 skoonseuns en 2 kleinkinders almal daar!

Franco in sy safari uitrusting. Kyk, die leeus op my foppie pas by die op my pakkie!

Ouma Miekie, Franco en Martelize het almal toevallig geel klere aangehad vir die dag. Ons moes 'n fototjie neem (al lyk juffrou se fraaie rokkie witterig op die foto)

Oupas is soveel pret!



Franco reken hy het die jackpot gewen om langs so 'n mooi dametjie te kan posseer. Martelize oefen solank haar royal wave.

O wee! Dit gaan seker ook nog baie gebeur! Martelize besluit twee foppies is beter as een...

Franco weer wil ook sulke mooi haartjies he!

Ons kan darem maatjies ook wees!

Dankie Here dat ons almal al soveel beter is dat ons weer kon gaan kuier. Dankie vir familie wat almal ook lief is vir ons Seuna! En dankie dat Franco 'n grootword niggietjie kan he. Ek bid dat hulle nog sommer groot maats sal word, wat vir mekaar tot seen sal wees. Jesus, U is so goed vir ons! Ek loof U naam!

Franco 5 1/2 maande, Martelize 10 1/2 weke

4 comments:

Jan and Miekie said...

Dankie vir 'n baie lekker dag!

Dorette said...

Dit was baie lekker! Dit is so groot vreugde om Franco en Martelize saam te sien speel!

Charmaine said...

Ek is ook saam met julle bly almal is weer gesond. Die twee kleingoed is pragtig!!

Dorette said...

Charmaine

Ons is net so bly almal is weer gesond! Toe Franco se eerste glimlaggies weer begin deurbreek toe wou my hart sommer smelt...