baby
Lilypie First Birthday tickers
Showing posts with label medies. Show all posts
Showing posts with label medies. Show all posts

Sunday, October 5, 2008

In die huis deel ons allles! :-)

Tot heellaas ook die kieme! Laasnaweek het ons te vroeg optimisties begin raak - duidelik was ons novices met die siekwees ding, en min het ons geweet wat wag....

Franco se maagkiem het Sondag die wyk geneem, en hy was Sondag-aand so vrolik ons dag ons is home safely! Sondag-nag het die toe-neus van alle toe-neuse vir Boeta getref, en Maandag-oggend toe word ek die ene koue koors wakker.

Ek het probeer dapper speel en werk toe gegaan (ons is vreeslik besig by die werk, en baie van die projekte staan al maande en wag vir my terugkeer van kraamverlof af, die eksterne konsultante kan nie aangaan sonder my insette nie ens ens). Elke geval, het Maandag so 2 uurtjies gehou en toe maar huis te gekom. Dinsdag-oggend het ek net 'n vergadering gaan bywoon en toe maar weer in die bed kom klim...

Gelukkig is dit nou skoolvakansie, en was Ouma Miekie 'n groot hulp! Sy het Maandag, Dinsdag EN Woensdag haar vakansie opgeoffer om na die prinsie te kyk sodat ek net kon slaap. Ook het sy vir my en Boeta Dinsdag dokter toe gevat (Franco se nuus was goed, maar ek was sommer die heelweek afgeboek en moes antibiotika kry). Dankie Ouma!

Franco is Donderdag terug skooltjie toe - net sodat hy van voor af kon begin opgooi. :-( Dus was ons Vrydag en Saterdag toe maar fisio toe om bietjie die slyme uit te stoom en uit te klop. Dit lyk darem of dit help - dis weereens Sondag-middag en dit lyk of dit beter gaan!

Ek hoes en proes nog soos 'n tweedehandse trekker, maar sal darem more kan gaan werk. Net jammer Gert het gister-oggend die ene koue koors wakker geword...

(As mens die koste van die dokter, fisio en medisyne ignoreer, kan so siekte nogals ekonomies raak. Dis nou al die tweede naweek in 'n ry wat ons uit die winkels wegbly en niks spandeer nie!)

Saturday, September 27, 2008

O wee! Ons eerste siekwees :-(

O toggie! Wat 'n nag! Dit was Boeta (en sy ouers) se eerste ervaring van siek wees, en dis niks lekker nie.

Van gistermiddag so 17h se kant, het ons kleine prinsie al sy melkies vir ons teruggestuur. Deur die nag het dit net erger begin word (ek en Franco is elkeen deur 3 stelle pajamas, en tussen-in het die sitkamerbank, sitkamermat, Boeta se beddegoed en ons beddegoed als ook deurgeloop. Dis net Gert wat dit reggekry het om ongeskonde daarvan af te kom!)
Vanoggend het ek douvoordag Ouma Miekie wakker gebel vir bietjie raad en ondersteuning, en die pediater net na haar. Die diagnose? 'n Aaklige maagkiem wat glo die rondte doen - volgens die dokter behoort die kieme so tussen 24-48 uur hulself uit te woed.
Gert is gou apteek toe met die dok se lysie, en vandat Seuna sy medisyne in het gaan dit al heelwat beter. Ons ruil nogsteeds doeke asof dit uit die mode gaan, maar dit borrel darem nie meer bo uit nie, en die koors lyk of dit gebreek het. Dis omtrent 'n gedoente met probiotikas en elektroliete elke 2 uur, maar dit lyk darem of dit help! Gert het gewys watse oulike pappa hy is, en self Boeta se eerste set-pil ingesit. Franco doe-does omtrent al heeldag, en ek werk my pad oop deur die bondels wasgoed.

Het gisteraand na die eerste bad-sessie vir Boeta probeer opbeur met borrels

Konsentrasie


Maar die klein prinsie het maar oes gevoel

Dankie Here dat U die groot geneesheer is. Dankie dat ons as ouers net ons bekommernisse, en vrese by ons Pa se voete kan kom sit en uitpraat. Dankie dat ons weet Boeta se gesondheid is in U hande, en dankie vir Oumas en Dokters wat kan moed inpraat. Dankie Jesus dat dit al soveel beter gaan! Dankie vir glimlaggies en geselsies wat terugkom, en sommer net vir al die liefde. Ons loof U naam!

Tuesday, July 15, 2008

Inspuitings, die einde van die pasgebore huil en ‘n kuierjie met Oupa en Ouma


Sjoe! ‘n Dag vol ongewone dinge dis verseker. Eerstens was ons gisteraand verstom toe Franco nie net die 22h voeding ‘n skip gee nie, maar ook die hele res van die aand in sy eie bedjie in sy eie kamer slaap! ‘n Eerste vir hom, en ene wat sy ouers baie bly maak! (Ma sal maar stilbly oor die wakkerword-sessies van 00h30, 2h30, 4h30 en 5h15. Rome is darem nie heeltemal in een dag gebou nie)

Na ons mylpaal nag, het Ma haarself en Franco douvoordag uit die vere gehad sodat Franco vroegoggend sy derde sarsie inspuitings kan kry. Die klein prins het hom soos ‘n champ gedra en skaars gehuil! Ekke was nader aan trane as hy! Suster Carien het ook bevestig dat hy 160g vir die week opgetel het – darem heelwat beter as laasweek se skamele 60g!

Die kleine bietjie gehuil by die kliniek het my skielik laat besef dat Franco se sagte pasgebore baba-huiltjie verdwyn het! :-( Tot onlangs nog het mense opgemerk hoe saggies hy huil, maar vanoggend (hoewel kort) was ‘n regte luide groot baba-huil!

Daarna is ons bederf met ‘n kuiertjie van my ouers. Oupa Jan moes hospital toe kom vir toetse, en hulle het daarna gou kom inloer. Franco en sy Oupa het alte lekker gespeel. Ek dink Oupa en Kleinseun slaap altwee die middag om na hulle onderskeie mediese prosedures!

Dankie Here dat U vir ons almal groot en klein sorg. Dankie dat ons U kan vertrou met als – van Franco se gewigstoename tot Oupa Jan se toetsuitslae. Ons loof U naam!

12 weke 6 dae