baby
Lilypie First Birthday tickers

Tuesday, July 15, 2008

Inspuitings, die einde van die pasgebore huil en ‘n kuierjie met Oupa en Ouma


Sjoe! ‘n Dag vol ongewone dinge dis verseker. Eerstens was ons gisteraand verstom toe Franco nie net die 22h voeding ‘n skip gee nie, maar ook die hele res van die aand in sy eie bedjie in sy eie kamer slaap! ‘n Eerste vir hom, en ene wat sy ouers baie bly maak! (Ma sal maar stilbly oor die wakkerword-sessies van 00h30, 2h30, 4h30 en 5h15. Rome is darem nie heeltemal in een dag gebou nie)

Na ons mylpaal nag, het Ma haarself en Franco douvoordag uit die vere gehad sodat Franco vroegoggend sy derde sarsie inspuitings kan kry. Die klein prins het hom soos ‘n champ gedra en skaars gehuil! Ekke was nader aan trane as hy! Suster Carien het ook bevestig dat hy 160g vir die week opgetel het – darem heelwat beter as laasweek se skamele 60g!

Die kleine bietjie gehuil by die kliniek het my skielik laat besef dat Franco se sagte pasgebore baba-huiltjie verdwyn het! :-( Tot onlangs nog het mense opgemerk hoe saggies hy huil, maar vanoggend (hoewel kort) was ‘n regte luide groot baba-huil!

Daarna is ons bederf met ‘n kuiertjie van my ouers. Oupa Jan moes hospital toe kom vir toetse, en hulle het daarna gou kom inloer. Franco en sy Oupa het alte lekker gespeel. Ek dink Oupa en Kleinseun slaap altwee die middag om na hulle onderskeie mediese prosedures!

Dankie Here dat U vir ons almal groot en klein sorg. Dankie dat ons U kan vertrou met als – van Franco se gewigstoename tot Oupa Jan se toetsuitslae. Ons loof U naam!

12 weke 6 dae

1 comment:

Miekie said...

Ag dis so lekker om jou blog te lees, al het ons oor die telefoon al die meeste van die nuus gekry...nou kan ons later weer al die begin goed onthou. Franco sal dit eendag so geniet. Hou so aan. Hy is wonderlik en ons is baie lief vir julle!