baby
Lilypie First Birthday tickers

Wednesday, July 23, 2008

3 Maande oud vandag!

Kan beswaarlik glo dis maar net 3 maande gelede wat die klein prinsie sy intrek in ons huis geneem het (in ons harte was hy al vir 'n hele ruk ingeburger - al het ons toe nie geweet Franco is 'n boetie-kind nie!)

Ek staan verstom oor al die mylpale wat hy alreeds bereik het, en verwonder my elke dag aan die volmaaktheid waarmeed God hom geskape het. Van sy fuzzy haartjies op sy kop, tot sy kleine tien toontjies - Franco is een bondel perfekte baba propvol persoonlikheid! Ons geniet hom SO SO baie!

My liefste kind, jou ouers het jou so oneindig lief en ons bid net vir jou die mooiste Hemelse seeninge toe wat daar vir ons in Jesus Christus beskore is.

1 comment:

Miekie said...

Jou Ouma Miekie en Oupa Jan bid baie vir jou Franco. Jy het diep in ons harte ingekruip!