baby
Lilypie First Birthday tickers

Sunday, September 21, 2008

Ons nuwe wiele!

Sjoe! So baie nuwe dinge gebeur deesdae - dis moeilik om by te hou met al die stories. :-) (En ons is VREESLIK besig by die werk. Amper 5 maande weg, met geen plaasvervanger aangestel terwyl ek weg was nie = 'n lessenaar vol opgehoopte papierwerk!)


Laasnaweek was ons so geseend gewees om ons nuwe karretjie te kon kry! Dis al lank wat ons wik en weeg oor ene, en toe ons uiteindelik besluit het toe gebeur dinge sommer vinnig. My ou studentekarretjie het nie 3-punt veiligheidsgordels vir karstoeltjies op die agterste sitplek nie, so Franco moes maar voor langs Mamma ry (in sy karstoeltjie). Lekker vir dummies in die mond druk terwyl Mamma bestuur, maar nie so veilig nie.


Laas Vrydag het Gert (na heelwat admin furstrasies) huis toe gekom in ons nuwe gesinsmotor. Ons duurste baba-aankoop nog! :-)


My ouers het die Tazz by ons gekoop vir Hendrik (sy bakkie is 'n ruk terug gesteel). Ek was hartseer om vir Domminique te sien gaan - vir so lank was dit my en Gert se "groot kar!" en hy het ons veilig by so baie plekke gekry - dit was dan selfs ons honeymoon vervoer. Maar die nuwe silwer wa se kragstuur, ABS remme en aircon maak baie op vir die gemis!


Die naweek het Gert en Franco saam met Oom Hannes gebraai (Ma het 'n funksie aangehad) en 'n ander nut vir die groot bagasieruim ontdek:

As die wind waai maak die nuwe kar die perfekte windskuiling vir 'n prinsie wat wil doe-doe

2 comments:

Jan and Miekie said...

Ons bid dat julle altyd veilig sal wees in julle nuwe wa!

Charmaine said...

Baie geluk met die nuwe wiele julle. Dis waar... as mens 'n kleinding in die huis het ontdek mens baie gebruike vir dinge wat nie in boeke staan nie