baby
Lilypie First Birthday tickers

Sunday, September 21, 2008

Boeta se tong

Het julle al gedink hoe baie bewegings ons tonge maak? Franco leer nog: as mens borsvoed moet jou tong voor in die mond wees. Amper dieselfde vir botteldrink, maar tog bietjie anders. Vir spoegborrels moet jou tong so tuit maak, en as mens eet moet jou tong weer agter in die mond wees!

'n Nuwe trick wat ons Prinsie so in die laaste week of wat geleer het is om sy tong te klap! Dink dit moet van die skooltjie af kom, want sover ons bewus is, is dit nie iets wat ek of Gert eintlik doen nie. So dikwels net voor kostyd, begin Seuna al klap-klap met die tongetjie - is eintlik te cute!

"Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons mense wat as die beeld van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie" Jak 3:9,10

Dankie Here vir tonge waarmee ons kan eet en waarmee ons kan praat! Help ons as ouers seblief om ook altyd ons tonge reg te gebruik en voorbeeld vir Boeta te wees.Franco, ons bid dat jy soos jy meer en meer gebruike vir jou tongetjie sal ontdek, dat jy meer mense sal opbou en inspireer eerder as afbreek en verkleineer. En dat jy so lief vir Jesus sal word, dat Hy jou help om meer Sy naam te loof as wat jy sal wil vloek.

4 comments:

Jan and Miekie said...

Amen! Maar waar is die foto?

Muriel said...

Ag dis te cute!

Baie mooi boodskap!

Charmaine said...

Die kleingoed kan nogal hulle tongetjhies besig hou ja... dis dierbaar Dorette. En dis 'n baie kragtige bede.

Dorette said...

Ouma Miekie - die foto kom! (Eintlik probeer ons dit op die videokamera vasle, maar sover is ons tydsberekening uit!)

Muriel - welkom hierso! Hoop jy kuier lekker

Charmaine - dis te oulik as hy so gesels! Ons geniet hom so - al het hy Sondag in die kerk kliphard begin saam "preek" :-)