Het julle al gedink hoe baie bewegings ons tonge maak? Franco leer nog: as mens borsvoed moet jou tong voor in die mond wees. Amper dieselfde vir botteldrink, maar tog bietjie anders. Vir spoegborrels moet jou tong so tuit maak, en as mens eet moet jou tong weer agter in die mond wees!
'n Nuwe trick wat ons Prinsie so in die laaste week of wat geleer het is om sy tong te klap! Dink dit moet van die skooltjie af kom, want sover ons bewus is, is dit nie iets wat ek of Gert eintlik doen nie. So dikwels net voor kostyd, begin Seuna al klap-klap met die tongetjie - is eintlik te cute!
"Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons mense wat as die beeld van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie" Jak 3:9,10
Dankie Here vir tonge waarmee ons kan eet en waarmee ons kan praat! Help ons as ouers seblief om ook altyd ons tonge reg te gebruik en voorbeeld vir Boeta te wees.Franco, ons bid dat jy soos jy meer en meer gebruike vir jou tongetjie sal ontdek, dat jy meer mense sal opbou en inspireer eerder as afbreek en verkleineer. En dat jy so lief vir Jesus sal word, dat Hy jou help om meer Sy naam te loof as wat jy sal wil vloek.
Showing posts with label gesels. Show all posts
Showing posts with label gesels. Show all posts
Sunday, September 21, 2008
Subscribe to:
Posts (Atom)


